Boek 38 - Antwoorde op vrae Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

"DAG EN UUR WEET NIEMAND NIE..." VALSE PROFETE VAN DIE EINDTYD
B.D. 4675 - 24Junie 1949
Wat die tyd betref, sal `n siener en profeet nooit `n oordeel wat ophande is, kan vasstel nie, want waar dit nie vir die mense bevorderlik is nie, word dit nie van God af toegelaat nie. En daarom sal geen mens die dag met sekerheid kan voorspel wat daar `n oordeel oor die mense losbreek nie. Maar hulle moet opmerksaam gemaak word daarop en om die rede maak God, sodra `n oordeel in aantog is, dit deur mensemond, deur sieners en profete bekend.
Word daar dus slegs `n oordeel aangekondig, dan is aan so n bekendmaking geloof te skenk, word die oordeel egter, wat die tyd betref (dag en uur) vasgelê, dan kan hierdie profesie met reg as onjuis verwerp word. Dan tree daar valse profete op na wie nie geluister hoef te word nie, want meestal het sulke aankondiginge aardse voordele in die oog en dan word versigtigheid voorgestel.
As God Homself nou van `n mens bedien om deur Hom die mense in kennis te stel van Sy heilsplan van ewigheid, dan bring Hy hom nie alleen op hoogte van Sy voorneme oor die komende gerig nie, maar Hy gee hom `n omvattende kennis wat die dienaar van God die noodsaaklikheid van `n oordeel begryplik maak, sodat dit dan die profesie met oortuiging teenoor die medemense met rede kan omklee. Maar so oortuig as wat hy nou ook vir die waarheid van die bekendmakinge sal opkom, sal hy tog nooit die presiese tydstip kan aangee nie, want dit hou God vir Homself.
Tog kan elke sodanige bekendmaking as volste waarheid aangeneem word en steeds weer sal die bevestiging daarvan uit die boek van die vaders blyk wat slegs dit aangekondig word wat volledig daarmee ooreenstem.
En daar kan daarom ook met sekerheid gereken word op die vervulling van die aankondiginge en die komende oordeel kan as vasstaande feit aangeneem word, dog die mensdom sal in die duister bly watter tyd God Self sal manifesteer, maar te alle tye moet hulle voorbereid wees, anders sal die aankondiginge wat God se Liefde die mense laat toekom, hulle doel mis en die oordeel sal dan skielik en onverwags oor die mense sl losbreek.
Amen

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205