Boek 38 - Antwoorde op vrae Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

WANNEER HET DIE WOORD VAN GOD GEEN EFFEK NIE?
B.D.1534 - 23 Julie 1940
Onuitspreeklik verkeerd is dit, om aan die toesendinge van bo, slegs in soverre aandag te skenk, dat alleen maar die buitengewone van hulle ontstaan in aanmerking geneem word, dat daar egter van `n innerlike verdieping geen sprake is nie. Dan is die woord van God sonder effek, daar word weer net aardse probleme aangeroer en slegs hieroor uitsluitsel verlang, maar die eintlike betekenis van die goddelike sending word nie begryp nie.
Sekerlik weinig mense is bereid om vir God te kies en die aardse prys te gee en daarom sal daar ook maar weinige wees wat die krag van die goddelike woord by hulleself bespeur, want hulle kan alleen maar iets oorgebring word wat hulle self innig begeer. En eers dan kan hulle wederom die krag uit God begeer, wanneer die Liefde van God vir hulle deur die woord van God begryplik word en hulle dan begeer om met hierdie Liefde verbind te wees.
Maar solank die toesendinge van bo die mense hierdie goddelike Liefde nie aanskoulik maak nie, sal hulle ook nie die verlange na God opwek nie, dus die krag uit God nie bewustelik vra nie. Maar die mense wat steeds maar net die aardse gebeure beskou, probeer ook in die buitengewone bewyse van goddelike Liefde maar net `n oplossing van aardse probleme vind, maar geestelike probleme roer hulle nie aan nie en so kan daar ook geen krag die gees toestroom nie, wat egter die eintlike doel van die bekendmakinge van bo moet wees
Dit bly daarom steeds net `n suiwer wêreldlike aangeleentheid vir sulke mense en die buitengewone is vir hulle spoedig niks buitengewoon meer nie, hulle neem kennis daarvan, maar trek geen besondere gevolgtrekkings daaruit nie. En so het ook die barmhartigheidsgeskenk geen besondere uitwerking op hulle denke gehad nie, omdat die verlange na God nie in hulle ontwaak is nie en die aardse lewe nog al te veel op die voorgrond van hulle denke staan.
Sulke mense staan nou `n buitengewone kragbron ter beskikking, wat tog onbenut gelaat word. God Self bied hulle Sy hele Liefde aan, deurdat Hy tot hulle kom en Homself sigbaar bekend maak, dog met digte oë en ore gaan die mense daar verby en laat die kosbaarste wat hulle gebied word, onaangeroer.
En so kan God die mense steeds weer bewys gee van Sy Liefde, Mag en Wysheid, daar word egter geen aandag daaraan geskenk of sy word alleen maar suiwer aards gesien en beoordeel, die goddelike krag word egter nie begeer nie, dus ook nie ontvang nie. En so beroof die mense hulleself van `n middel wat hulle moet help by die positiewe ontwikkeling van die siel, omdat hulle nie aan hulle siele dink nie, inteendeel het hulle steeds net liggaamlike welsyn voor oë en slaan daarom geen ag op dit wat alleen vir die siel voordeel oplewer nie.
Hulle gaan `n barmhartigheidsgawe verby en gaan in onwetendheid verder op hulle aardse weg, terwyl hulle met `n goeie wil die oorvloedigste kennis sou ontvang, wat hulle nou nie, sonder om dit self te verlang, gegee kan word nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205