Boek 38 - Antwoorde op vrae Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

STRYD OF DIEN - ARROGANSIE – DEEMOED.
B.D. 2923 - 13 Oktober 1943
Om ryp te word, moet die mens allerlei teenstand oorwin, omdat sy vordering omhoog alleen moontlik is as hy stry of dien. Die afval van God het plaasgevind in self aanmatiging, deur valslik aan te neem om so magtig te wees dat die wese met God sou kon breek, dat hy ook sonder Hom, in die volle besit van krag is. En dus wil die geestelike (wese) heers naas God om homself deur die vergroting van sy eie krag bo God te stel.
En nou moet hy die weg terug gaan; hy moet, om met God te kan heers in die eerste plek sy kragteloosheid insien en nou oor die krag wat hom ontbreek, worstel en vra en in diepste deemoed moet hy God en die wesenlike wat hom toegevoeg is, dien. Hy moet stry of diensbaar wees, homself dus oorwin, hy moet vanuit sy aanmatiging terug tot deemoed kom en nou die krag nastreef, wat hy eens besit het en bewys het om onwaardig te wees. Dus moet hy bewys lewer om waardig te wees en daarvan getuig deur worsteling en diensbaar wees. Dan ontwikkel die geestelike homself positief.
Maar as die gevoel om te heers, nou te sterk ontwikkel is in die mens, dan moet hy daarteen stry, hy moet dus `n stryd voer teen homself. En dit is beduidend swaarder. Ook moet hy die deemoed teenoor die naaste beoefen, hy moet die arrogansie wat hy teenoor God gehad het, aflos deurdat hy homself in dienende liefde tot sy medemense sal wend.
Hierdie is ook God se skepsele en vir God moet hulle soos mense behandel word en nie as onder hom staande nie, maar as gelykwaardig aangesien word. En as die mens `n heersersnatuur het, moet hy homself besonder oorwin as hy aan hierdie eis wil voldoen. Hy moet dien terwyl hy sou wil heers, hy moet worstel terwyl hy dit kan hê soos wat hy wil. Slegs so kan hy homself positief ontwikkel, want sy wese sal hom velerlei teenstand laat voel, as gevolg waarvan hy ryper kan word. En hy sal homself nie oorwin, alvorens hy sy arrogansie van weleer sal opgee nie, totdat hy klein en deemoedig teenoor God sal staan en begeer om met Hom verenig te wees.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205