Boek 38 - Antwoorde op vrae Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

HET JESUS CHRISTUS ALLE MENSE VERLOS OF IS ALLE MENSE VERLOS?
B.D.3277 - 2 Oktober 1944
Die mense lees die woord, maar die sin verstaan hulle nie en so ontstaan foutiewe leerstellinge deur foutiewe uitleg van die kant van hulle wat My wil dien, sodra hulle hulleself nie vooraf met elke vraag nie heel innig met My verbind het en daaroor uitsluitsel begeer nie, en as hulle dit kry, sonder weerstand aanneem.
Die mense hou star aan My woord vas dat Ek die mense verlos het van die sonde deur My kruisdood. Maar hulle dring nie deur in die wese van die woord nie, hulle dring nie deur na die betekenis van die verlossingswerk nie. Dus begryp hulle ook nie in hoeverre die mens self werksaam moet wees om by die skare te behoort wat deur my Bloed van die sondeskuld verlos is nie. Vir alle mense het Ek gesterf, sodra hulle My verlossingswerk wil aanneem. Ek het geen beperking gestel nie, maar die mense stel grense waar My verlossingswerk nie erken word nie.
En hulle sluit hulleself buite die kring van diegene vir wie Ek aan die kruis gesterf het. En dus kan die sonde slegs vir hulle vergewe wees, wat hulleself laat verlos deur hulle geloof in My en My dood aan die kruis, terwyl die ander, wat My en My verlossingswerk afwys, se sonde nie vergewe word nie, omdat hulle hulleself nie deur My Bloed skoon laat was nie en omdat hulle nie tot diegene wil behoort vir wie Ek gesterwe het nie.
Wederom is die vrye wil van die mens deurslaggewend en hierdie vrye wil eerbiedig Ek. Sou die mense, wie se sondeskuld vergewe is, ook sonder die geloof aan My en My werk van Liefde wees, dan word die mens teen sy wil in verplaas in `n vrye toestand. Maar dit is teen My ordening, want dan word sowel My regverdigheid as My Liefde uitgeskakel, want dan gebruik die mens hierdie toestand nóg om homself met My te verenig, nòg het hy ooit berou oor sy sonde nie. My woord is waarheid en nooit is een onwaarheid daarin te vind nie, dat Ek vir alle mense gesterwe het, dat Ek alle mense verlos het van hulle sonde.
Maar hulle vrye wil moet self beslis of hulle hulleself wil laat verlos, of hulle My werk van Liefde wil aanneem, want die wil bepaal Ek nie. Daarom kan die hele mensdom vry wees van sondeskuld, sodra hulle maar in My verlossingswerk glo, soos wat hulle egter ook in diepste duisternis en in die ban van hulle sondes is en bly, as hulle My afwys as Verlosser van die mensdom.
En daarom gaan die grootste deel van die mensdom nou voort in die sonde, hulle is sonder vergewing, omdat hulle My nie meer erken nie en daarom is My verlossingswerk sonder uitwerking vir hulle. Die "vergewing van die sonde" mag daarom nie verkeerd begryp word nie, sy mag nie toegepas word op diegene wat hulleself volledig van My afsydig hou nie, dog is dit nie Ek wat hulle van My weg dwing nie, inteendeel, hulle verwyder hulleself van My, hulle ontvlug My, wie Myself vir hulle aanbied en steeds weer hulle siele probeer wen. Ek stel hulle `n barmhartigheidsgeskenk ter beskikking wat hulle vry maak van die sonde en hulle skuld, maar as hulle dit afwys, bly dit vir hulle sonder effek en hulle skuld word hulle nie vergewe nie, want hulle behoort by diegene wat teen My vir My teenstander stry en wat daarom nog deur hom gebonde is, totdat hulle hulleself deur My laat verlos.
En daarom is dit foutief om My verlossingswerk so voor te stel, as sou alle mense voordeel trek van dit wat hulle vrye wil wel kan verwerf, maar wat hierdie vrye wil netso kan verspeel deur afwysing of totale ongeloof. Slegs hy wat My barmhartigheidsgeskenk aanneem, sal bevry word van sy sonde, want vir hom het Ek die skuld gedra, vir hom het Ek gely en die kruisdood op My geneem.
Ek het wel vir almal gesterf, maar almal neem My nie aan nie. Ek neem die skuld van almal op My skouers, maar nie almal voel hulleself skuldig nie en lê daarom nie hulle las op My nie. En dus sal Ek ook nie aan hulle skuld kan voldoen nie, want dit is te groot vir hulle om alleen daarmee klaar te kom, omdat hulle nou ook nog die skuld daaraan toevoeg om My Liefde af te wys.
Maar hoe kan hulle die vergewing van hulle skuld verwag? Hoe kan die mense glo dat hulle sonder eie toedoen, sonder om self te wil, vry kan word van alle skuld?
Onbegryplik groot is die barmhartigheid vir u mense, dat My Liefde Haarself vir u geoffer het, dat My Bloed u skoongewas het van alle sonde. Maar u moet hierdie Liefde van My ook in ontvangs wil neem, u sal Haar nie mag afwys nie, waar Sy andersins nie by u werksaam kan word nie, waar u andersins verder met u sonde belas bly, totdat u uself wil verander en My as die Goddelike Verlosser erken, wat vir u aan die kruis gesterf het, om u te verlos.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205