Boek 38 - Antwoorde op vrae Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE TWYFEL VAN DIE BESTAAN VAN GOD IN DIE EINDTYD. IS DAAR `N GOD?
B.D. 4069 - 25 Junie 1947
Daarvoor is `n buitengewone skerpsinnigheid nodig, om wetenskaplik bewys te lewer dat die bestaan van God te betwyfel of te ontken is. En hierdie poging sal onderneem word om die grootste probleem wetenskaplik op te los:
Dit is ook `n teken van die eindtyd, dat die mensdom haar standpunt inneem teenoor die vernaamste vraag, egter veel meer in `n negatiewe sin, want hulle is bereid om hulleself by hierdie strydvraag en haar bewysvoering aan te sluit, want hulle geloof is, wanneer tenminste nog aanwesig, net baie swak en die minste stamp is voldoende om dit aan die wankel te bring.
Bestaan daar `n God? Geen vraag is vernamer en as sy ernstig gestel word deur soekende mense, is Ek bereid om opheldering te gee en die soekende sal waarlik tevrede wees met die insig wat hom toegestuur word en wat hy nou ook oortuigend verdedig.As die vraag egter nie deur soekende, maar deur mense wat beter wil weet, geopper word, wat alleen die antwoord wil aanvaar wat vir hulle aangenaam is en wat die bewys nie wil lewer dat Ek bestaan nie, veel eerder dat Ek nie bestaan nie, sal hulle nooit `n resultaat behaal wat waarheidsgetrou is nie, ondanks vele skynbaar geldige bewyse. Hulle behoort by die vyandige mag, wat hulleself op die troon wil verhef en My verdring.
En dit is die begin van die einde, want volgens die wet van ewigheid ontruk Ek My teenstander die mag as hy die grense oorskry wat aan hom toegestaan is, wat dan die geval is, as hy My heeltemal uit die gedagtes van die mense probeer verdring.
Dit sal `n sware stryd wees wat oor My gelewer sal word, in heftige bewoordinge sal mense die wat myne is, probeer oortuig dat hulle `n spookbeeld najaag, alle religieuse geloofsartikels en leerstellings sal punt vir punt afgekraak word en die mense wat nie heeltemal vas staan nie, sal stuk vir stuk verlore gaan, want die teenstander weet om sy woorde so te kies, dat hulle nie sonder indruk bly nie en waar kennis die mense merendeels ontbreek, omdat hulle self in geestelike blindheid voortgaan, herken hulle nie die dwaling by die teenstander nie, netsoos hulle egter die waarheid ook nie in hulleself kan soek en vind nie. En hulle word onseker en val, as hulle hulleself op die laaste oomblik nie by My aansluit nie, as hulle My nie om verligting vra nie, wat Ek `n vraende uitermate graag verleen as hy maar opreg die juiste en die waarheid wil weet. Maar wie op homself vertrou, wie eweneens probeer om homself verstandelik opheldering te verskaf oor die grootste vraagstuk, sal hom vasloop in die duisternis, want hy jaag `n dwaallig na, hy glo die oortuigende woorde van die wyses van die wêreld en bewonder hulle skerpsinnigheid en hulle gevolgtrekkings, en hy gee My op en oordeel homself.
En omdat Ek van ewigheid af op die hoogte is van hierdie stryd, omdat Ek die swakke wil help, netso ook diegene wat My soek, maak Ek hulle al vertroud met die waarheid, en wie moeite doen vir hierdie waarheid, wie hulleself waardig maak om haar te ontvang en in vrye wil daarna strewe, sal alle skerpsinnigheid van die wyses van die wêreld oortref, hy sal wetend word, hy sal krag ontvang om te oordeel, sy gees sal verlig word en niks sal hom sy geloof en sy oortuiging kan afneem nie, want hy is deur My Self onderrig, en hy het die bewys dat Ek bestaan en dat Ek al My skepsels wil wen vir die ewigheid. En hy sal My trou bly tot die einde toe.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205