Boek 39 - Antwoord op vrae -Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

OPHELDERING OOR GEVOELENS VAN VERWANTSKAP - SIELEPARTIKELS
B.D.5207 - 9 September 1951
Tussen mense bestaan daar dikwels verborge betrekkinge waarvoor u self geen verklaring kan vind nie en waaraan die samestelling van die siel ten grondslag lê. Want die siele kan deur die aard van hulle samestelling totaal soortgelyke siele ontmoet, en hierdie gelyksoortigheid laat `n gevoel van verwantskap in die mens opkom, wat hy egter nie met sy verstand kan verklaar nie. En daarom kan sulke opwellinge van die gevoel ook nooit wetenskaplik nagevors word nie, maar is dit alleen geestelike gevoelens wat tot uitdrukking kom en waarvan die oorsaak ook maar net geestelik duidelik gemaak kan word.
Die hele skepping is wel in elke siel begrepe, maar net soos ook die skepping in haarself die mees verskillende werke laat sien, net soos ook die dierewêreld blyke gee van `n onvoorstelbare veelvormigheid, so is ook die mensesiele, elkeen op haar eie wyse, verskillend, omdat die samestelling van iedere siel anders is, wat ook die verskille tussen die mense begryplik maak, wat ondanks ongeveer dieselfde uiterlik vorm, volgens hulle karakter en gevoel van mekaar afwyk en juis ook aan hierdie verskille te herken is. Maar tydens hulle lewe op aarde kan sodanige siele mekaar ook teëkom wat `n duidelike ooreenkoms te siene sou kan gee, wanneer `n mens die geestelike sou kan waarneem, want die vorm en die aard van die siel is net waarneembaar met geestelike oë. Maar die siele self word van hulle verwantskap gewaar en voel hulleself daarom buitengewoon tot mekaar aangetrokke, wat egter nie verwissel mag word met suiwer liggaamlike aandrang na `n verbintenis nie.
Die psigiese samehorigheid is herkenbaar aan duidelike ooreenstemming in die denke en gevoelens van die mense, in harmonie op geestelike gebied en dieselfde strewe, in `n gevoel van verbondenheid met mekaar wat liggaamlik nie tot uitdrukking gebring hoef te word nie.
Hierdie siele is op mekaar afgestem, hulle bestry mekaar nie en is steeds bereid om mekaar te help, hulle bespeur hulle gelykheid en is geneig om te glo dat hulle `n gemeenskaplike vorige lewe gelei het, en tog is dit slegs sielepartikeltjies wat in dieselfde verhouding saamgevoeg is, wat tot hierdie harmonie lei en hoef beslis nie verbonde te wees nie.
Tog, eens het hulle tot dieselfde groep van gevalle engele behoort en het dieselfde weg van ontwikkeling gegaan, wat ook dieselfde tydsduur omvat het, om welke rede die strewe, om by mekaar te wees, te verklaar is. Want `n selfde ontwikkelingsgang vorm ook die siele dieselfde, en as sulke siele mekaar nou teëkom tydens hulle lewe op aarde, waarin ook die ek-bewussyn ontwikkel is, dan kom ook die eerste tekens van `n herinnering aan vroeër in hulle op, egter so swak dat hulle slegs vaagweg `n bepaalde verband vermoed wat hulle egter vir hulleself dikwels verkeerd verklaar.
In die aardse lewe word die siel die herinnering aan vroeër van haar vroeëre stadia afgeneem, tog het daar van haar gevoelens gebly. Dieselfde sielsubstansies herken mekaar, omdat hulle hulleself in dieselfde verhouding geïntegreer het in die geheel, en deur die herkenning kan die mense dan bewus word en nou die verwantskapsgevoel wek. Die siel van die mens is so wonderbaarlik kunstig saamgevoeg en daar kan in haar, net soos op `n kosbare instrument, ontelbare tone weerklink.
`n Harmoniese sameklank klink nou soos één toon en is al `n vroeëre genot van die golflengte van gelykgestemde siele in die hiernamaals, waar die voortdurende aaneensluiting met die gelyke geestelike tot die geluksaligheid in die geestelike ryk hoort, wat dus al op aarde kan begin, wat egter maar net `n ervaring van die siele is, maar nie van die liggaam nie.
Let egter goed daarop dat die bande tussen siele van `n geheel ander aard is as die liggaamlike betrekkinge, dat die harmonie van die siele `n totaal ander grondslag het en nie op `n samelewing as mens tydens `n vroeëre ontwikkeling terug te voer is nie, want selfs as hierdie aanname korrek sou wees, dat siele uit `n vroeëre beliggaming weer saamkom, het die gevoelens van `n harmonie van die siele `n totaal ander grond en bostaande uitleg sou steeds `n verkeerde gevolgtrekking wees.
Tog sal elke siel haar maat een of ander tyd vind, maar steeds dan as vervollediging van haar "ek", ofskoon iedere siel apart die individualiteit behou. Maar dan het die siel al `n ander trap van ontwikkeling bereik as op aarde en dan sal sy ook so ver in die kennis binnegegaan het, dat sy elke samehang kan herken en dat sy geestelik kan sien wat haar op aarde nie verstaanbaar gemaak sou kan word nie. En die vereniging van siele wat mekaar aanvul is onbeskryflik gelukkig stemmend en gee die siele ook meer krag om te arbei en dus om hulle taak te vervul in die geestelike ryk, en steeds meer en meer streef die siele na die aaneensluiting met God en vind nou in hierdie vereniging die hoogste geluksaligheid wat nooit sal eindig nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205