Boek 39 - Antwoord op vrae -Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

HOE LANK KON LUCIFER SKEP?
B.D.5645 - 6 April 1953
My krag was vir so lank werksaam in die eersgeskape wese, tot die beslissing van die wil homself volkome laat blyk het, of ook wel: Lucifer, of ook "Ligdraer" kon nog so lank wesens laat ontstaan, as wat hy nog deur die krag van My Liefde vervul was, wat egter met sy hardkoppige val in die diepte, met sy verwydering van My, steeds swakker en uiteindelik heeltemal onwerksaam geword het. Dus het, nie Ek die krag van die eersgeskape wese onttrek nie, maar hy self het haar onwerksaam gemaak, toe hy homself eindeloos ver van My verwyder het.
Maar die daad van die wilsbesluit was geen saak van `n oomblik nie, ook dié besluit was `n proses wat homself oor eindelose tye uitgestrek het, want ook die wil in Lucifer, wat teen My gerig was, het haarself langsaam ontwikkel en daaraan beantwoordend was ook die wesens wat uit hom voortgekom het, geaard, wat meer of minder van die wil wat van My afgewend was, in hulleself gedra het.
Solank die eersgeskape wese die volledige breek met My dus nog nie voltrek het nie, was hy ook nog skeppend en vormend besig, maar hoe langer, hoe meer het die vermoë om te skep afgeneem, egter nie beperk vanuit My nie, maar volgens die oerwet verloor My krag aan werking sodra sy teenstand kry. Dus solank die eersgeskape wese homself opgehou het binne die bereik van die krag van My liefde, kon hy ook skep, maar steeds in ooreenstemming met sy wil om My krag aan te neem in die besef dat hy haar van My, as die Oerbron van krag, onttrek.
Hierdie tyd wat die wil nog besluiteloos was, was voldoende om ontelbare wesens met 'n eweneens besluitelose wil te skep, wat hulleself dan steeds meer van My afgewend het en ook die eersgeskape wese onmagtig laat word het om verder wesens in die lewe te roep. Die innige band met My, het die wese wat My Liefde eens geskape het, krag sonder belemmering laat toestroom. Die uiteindelike skeiding van My moes onvermydelik ook `n totale kragteloosheid tot gevolg hê. Die werking van krag het in dieselfde mate afgeneem soos wat die wil haarself van My afgewend het. Maar solank hy My krag gebruik het om te skep, het hy My ook erken as Bron van krag, maar het hierdie insig nie oorgedra na wat deur hom in die lewe geroep was nie. En toe hy willens en wetens geen krag meer van My wou trek nie, in die mening om haar self te besit, was die beslissing van sy wil gevel.
Hy het die krag afgewys en dit beteken eindelose verwydering van My, en dus kragteloosheid, sodat na sy val in die diepte ook sy vermoë gebreek was om nog verder wesens deur sy wil te laat ontstaan. Begryp dit goed: Daar lê `n onmeetlike lang tyd tussen die eerste moment van in opstand kom en die wat hulleself volledig van My afwend, en die in hierdie tyd geskape wesens wat daaraan beantwoordend ook gevorm was, om welke rede dit dus noodsaaklik was dat Ek alle wesens, van wie Ek die beslissing van hulle wil gevra het, ook met My lig van die insig moes deurstraal, maar dat hulle hulleself netso verskillend ten nutte gemaak het, net soos hulle self verskillend geaard was. Maar hulle kon `n regte beslissing neem, die aard van hulle skepping was nie bepalend nie, want die wil van elke wese was vry.
Daar kon al van `n val in die diepte gepraat word vanaf die oomblik van die eerste opsetlike afkeer van My, maar wat nog nie volkome voltrek was, solank as wat Ek Self nog gesien was as Bron van krag nie. En die eersgeskape wese kon ook die krag, wat hy onbeperk vanuit My toegestuur was, so lank gebruik volgens sy wil. Want so lank as wat hy My Self erken het, het hy in die stroomkring van My Liefde gebly.
Maar hy het uit hierdie stroomkring gestap toe hy My bewustelik weerstaan het, toe hy die krag self afgewys het, dat hy My nie hoef te erken nie, omdat hy homself sterk en kragtig genoeg gewaan het om eiemagtig te kan skep en vorm.
Nou het My krag werkloos gebly volgens die oerwet van ewigheid. En nou was die skep van wesens ook nie moontlik nie, want nou het Ek die hele krag van My Liefde toegepas om die gevalle geestelike terug te voer. Die geestelike skeppingswerk was voltooi, nou het die vergoddeliking van die geskapene begin, die opleiding van die skepsels tot My kinders vanuit `n vrye wil, `n werk waarvoor die totale krag van My Liefde geld en wat ook My teenstander nie sal kan verhinder nie, waaraan ten laaste ook hierdie teenstander homself vrywillig sal oorgee om weer in die toestand van onbegrensde krag te kom en dit nou te gebruik volgens My Wil.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205