Boek 39 - Antwoord op vrae -Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

AARDSE PLANNE - GOD SE (GOD) HEILSPLAN
B.D.7159 - 4 Junie 1958
Nog verkeer die breë laan van die mensdom in `n waan, want hulle strewe veelomvattende wêreldlike verbeteringe na, hulle glo dat hulle kragte kan benut wat tot nou toe nog nie ontsluit was nie, hulle maak vir lang tye planne vooruit en wil die mensdom sogenaamd meer lasverligting of verbeteringe besorg, wat egter alles slegs daarop gerig is om vir hulleself `n aangename aardse lewe te ontwikkel, wat dus in die geheel geen geestelike suksesse sou wees nie.
Die mense laat hulleself ook nie van sulke gedagtes en planne afbring nie, hulle is daarvan oortuig dat elke nuwe mensegeslag wat na hulle sal kom, hierdie inspanninge vir hulleself sal benut as hulle self nie daarvan mag geniet nie. Hulle reken op die toekoms soos op iets wat vasstaan en vermoed nie hoe snel alles eendag ten einde sal loop nie.
Wel duik daar oral gerugte op oor `n nabye einde, want oral is mense wat `n geestelike vooruitsiende blik besit, wat op hoogte is van komende gebeurtenisse wat hulleself op die aarde en onder die mense sal afspeel, dog op waarskuwinge, of om hulle daarop te wys, word nie gelet nie. Omdat hulle gladnie in die plan pas wat die grootste deel van die mense al met alle ywer nastreef nie: Aardse omwentelinge van die soort waarvan die mensdom dink om te geniet.
Dog vanweë die wilsvryheid van die mense kan hulle denke ook nie anders onder dwang gelei word nie. En so kom daar natuurlikerwyse tweërlei opvattinge onder die mensdom voor: Die een bewus van die hede en die ander optimisties gestem oor die toekoms. Die mens wie se gees gewek is, maak geen planne lank vooraf nie, want hy het besluit dat die tyd gekom het, waarin alles toegespits word en die einde elke dag te verwag is. Maar geestelike blinde mense is daar veel meer en hulle is onophoudelik daarop bedag om alle aardse voordele te benut en vir hulleself, of hulle nakomelinge, `n versekerde toekoms te verskaf. En elkeen volg sy weg, maar slegs die eersgenoemde sal die doel bereik, terwyl die laasgenoemde lang dwaalweë sal gaan en ten slotte `n slagoffer sal wees van sy verblinde denke, want al die gebeure is voorsien in die heilsplan van ewigheid af. En so sal `n aardse tydperk dus ook ten einde loop en dan begin daar `n nuwe. En alle planne wat deur die mense ontwerp word, sal tot niet gaan, omdat dit wat die mense nastreef, nie meer vir die nuwe aarde toegestaan is nie, omdat dit veelmeer die laaste aanleiding is wat hierdie aarde sal laat uiteenval en laat omvorm word, wanneer die tyd vervul is, wat aan u mense gestel word om vry te kom uit hierdie gedaante.
Geeneen van u mense kan homself verseker van dit waarna hy vol begeerte streef nie, solank dit gaan oor aardse resultate of besit nie. Maar die bereik van die geestelike voltooiing hoef nie vir hom onseker voor te kom nie, want as hy maar net die strewe in homself het, dan sal hy ook van die kant van God op elke manier ondersteun word. En hy hoef nóg `n einde van hierdie aarde, nóg sy eie dood te vrees, sy toekoms lê helder stralend voor hom, maar anders as wat die wêreldlinge vir hulleself wens.
Maar elkeen ontvang wat hy begeer, alleen kan en sal die aardse materiële, wat die gedagtes van die meeste mense besighou, hulle weer in die boeie slaan, hulle sal weer ewighede lank in hulle kettings moet ly, maar hulle het die lot ook aan hulleself besorg, want ook die verkryging van vryheid was vir hulle moontlik gewees, solank as wat hulle nog op die aarde vertoef het. En aan alle mense word aanwysinge en waarskuwings gestuur wat hulle tot besinning sou kan bring. Maar net soos die wil van die mens is, so is ook sy lot, en die wil van ieder mens is vry.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205