Boek 39 - Antwoord op vrae -Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

GEBRUIKE EN GEWOONTES WAT MENSE VIR HULLESELF AANGELEER HET
B.D.7246 - 5 Januarie 1959
Nóg woorde, nóg uiterlike vorm, is genoeg om u wese te verander, wanneer die hart, nie die woorde lewe gee, of nie by u handelinge betrokke is nie. Aan u mense is baie voorskrifte gegee en u probeer steeds net hierdie voorskrifte en gestelde eise na te kom, heeltemal sonder om daaroor te dink of u met u hele hart daarby is, of dat dit net leë gewoontes is, wat u vervul deur handelinge, wat elke eie ingesteldheid mis.
Maar sulke "vervullings" van eise sal geen seën aan u oplewer nie, dit sal u geen stap verder omhoog bring nie, dit sal steeds maar net niksseggende handelinge of leë woorde bly wat net so goed nie uitgevoer of onuitgesproke kon gewees het. En daarom sal u meer rekenskap moet gee oor u denke, spraak en dade, u sal uself moet gadeslaan en selfkritiek uitoefen, sodat u hele wese nie tot `n vaste patroon word en u aardse lewe nutteloos bly nie.
Soek die waarheid voor alles. En wat dit ookal mag wees, dink daaroor na en stel u dan bewustelik daarop in. Of u nou praat of handel, dit sal dan altyd ooreenstem met u mees innerlike gevoelens, die hart sal daarby betrokke wees en daardeur sal alles eers lewe kry. En dan sal u ook sekerlik die valse uitken wat op u afkom, of wat aan u voorgelê word. En dan eers sal u uself bewustelik instel, die valse afwys, die korrekte aanneem en daarvolgens handel.
Maar wat se nut het woorde of handelinge vir u, wat u maar net praat of uitvoer, omdat ander dit verlang, sonder dat dit u duidelik is wat u eintlik spreek of doen. U sal tog wel vir uself kan dink dat God u nie volgens dit kan beoordeel, waaraan u hart nie deelneem nie, dat Hy u geen verdienste kan toereken vir iets wat u pligmatig uitvoer nie, sonder dat u bewus is van wat u doen.
U kan deur u opvoeding aan sulke handelinge gewoond wees, u kan opgevoed wees om woorde na te sê en hoef nie met 'n enkele gedagte daarby betrokke te wees nie. Hoe sou God u nou moet beoordeel volgens sulke woorde of dade? Eers wanneer u self `n standpunt daaroor ingeneem het, word u spraak en handelinge volgens sy waarde geskat en gewaardeer. Maar u sal ook vir sulke dade of woorde moet verantwoording doen, omdat u u lewenskrag misbruik het en ligweg die tyd deurgebring het, wat alleen vir u gegee is sodat u siel kan rypword.
En so sal dit dus vir u moet duidelik wees, dat u alles wat u van buite af vertel word, aan `n ondersoek sal moet onderwerp, dat u nie slegs clichématig sal vashou aan die gebruike uit vroeëre kindertyd nie en wat u dus saamgeneem het na u volwasse leeftyd, inteendeel dat u oor alles sal moet gaan nadink, sodra u verstandelik daartoe in staat is, wat egter alleen voldoende te beslis is.
Maar u sou net bedag moet wees op die waarde van dit wat as aanwensel in u vasgesit het en waaroor u nou eers self `n standpunt inneem. U moet geen genoegdoening neem met leë woorde of dooie handelinge nie, wat eers lewend kan word wanneer die hart daarby betrokke is.
Dan eers sal u u lewe bewustelik leef, dan eers sal nuwe vrae steeds uit een vraag voortkom, dan eers sal die kennis lewend word, wat u ook meganies tot u geneem het, en dan eers kan u van `n vooruitgang spreek, sodra u van goeie wil is. U sal u self die lewe moet besorg, die hart moet oral daaraan deel hê en elke vorm of alle dooie woorde sal u moet verafsku. Dan sal u lewe geen mislukking wees nie, dan sal u op die einde `n sukses te boek hê, u sal heeltemal ryp geword het en u siel sal wins behaal het vir die ewigheid. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205