Boek 39 - Antwoord op vrae -Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

WÊRELDSE VREUGDE?
B.D. 7819 - 7 Februarie 1961
`n Geringe mate van eieliefde is vir u deur My toegestaan en daarom sal u ook die vreugde van die lewe mag geniet, vir sover sy nie die heil van u siel benadeel nie. En om dit in te sien, vereis slegs `n wil wat na My toe gewend is, wat slegs die vaste voorneme om volgens My Wil te lewe, vereis en om u geestelike doel te bereik wat u vir u lewe op aarde gestel het.
Word u deur die wil beheer wat u weer na My wil terugkeer, dat u nie in stryd sou wil handel met My Wil nie, dan bevind u uself ook op die weg wat weer na My terug lei, dan het u al in 'n sekere mate u wilsproef afgelê, u het u innerlik vir My uitgespreek en u sal dan ook u doel bereik, omdat Ek u op elke manier ondersteun.
En dan sal ook die klein aardse vreugdes wat u soms vir uself berei, u geen nadeel berokken nie. Want dan weet u om die presiese maat te behou, omdat u die stem van die gewete gehoorsaam, wat u teen elke oordrywing waarsku. U sal met `n geruste hart bly kan wees met hulle wat vrolik is, u sal u kan verheug in u bestaan, wanneer u maar steeds aan u naaste dink, dat hy nie droewig is terwyl u vrolik is nie, want dan is hy in nood en dan sal u hom moet help.
Daarom het Ek u die gebod gegee om u naaste te bemin net soos uself. En neem u ook die gebod in ag, dan het u ook die reg om uself klein vreugdes te berei, En elkeen sal ook weet, welke vreugde hom toegestaan is, wanneer sy strewe geestelik gerig is, wanneer hy My nie uit sy gedagtes ter syde skuif nie, wanneer hy die heil van sy siel bo alles stel, want dan kan hy homself alleen verbly oor sake wat geen gevaar inhou vir Sy siel nie. Dan sal hy `n fynbesnaarde gevoel hê of en wanneer hy in stryd handel met My Wil, omdat hy nie wil dat hy homself besondig nie, net soos hy andersyds vanuit homself `n afkeer sal hê van wêreldse vreugde wat sy siel skade toebring.
Bemin u naaste soos uself. In die gebod lê dus ook `n sekere geregverdigheid tot `n mate van eieliefde, en steeds sal u daarop moet let dat u hierdie maat nie oorskry nie. Want dit lê u ook verpligtinge op teenoor u naaste, wat u dan dieselfde mate aan liefde ten deel moet laat val. Sou u dus nie die geringste eieliefde meer hê nie, dan sou ook die verpligting teenoor u naaste slegs gering wees.
Dog geseënd is hy wat die eieliefde ten gunste van die naaste verminder. Want hy vervul waarlik My gebod tot My vreugde. Maar die klein vreugdes wat u uself so nou en dan berei, mag nooit vir die naaste `n beknoping van u liefde wees nie en u sal ook te alle tye bereid moet wees om dit op te gee, wanneer u daardeur hulp vir die naaste kan bied.
En u sal ook steeds insien wat reg en wat verkeerd is, solank u vanuit `n suiwer hart die band met My sal wil bewaar, u sal nie teen My Wil in handel nie en u sal ook teen versoekinge van allerlei aard beskerm wees, solank u probeer om slegs My Wil te vervul.
Want u verweer u dan innerlik teen al dergelike versoekinge en ontvang ook van My die krag om weerstand te bied. Want Ek handel soos `n ware vader teenoor u wat My kinders wil wees en bly en `n vader beskerm Sy kind van elke gevaar.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205