Boek 39 - Antwoord op vrae -Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

WAAROM IS DIT NOODSAAKLIK OM JESUS TE ERKEN?
B.D. 8453 - 30 Maart 1963
Steeds dringender sal u mense gewys moet word op die goddelike Verlosser Jesus Christus, omdat die tyd ten einde loop wat aan u siel toegeken is om vry te word uit die gedaante. U sal egter nie die volledige vryheid kan verwerf, alvorens die delging van u oerskuld nie eers geskied het nie, wat alleen deur die erkenning van Jesus as Verlosser van die wêreld verkry kan word.
Om vry te kom van skuld, moet sy ingesien word as skuld en die vergewing daarvan moet bewustelik afgebid word. En dit sal u mense alleen bereik, wanneer u in Jesus as God se Seun en aan Sy verlossingswerk glo. Wanneer u self weet dat u die aanleiding van Sy bittere lyding en sterwe was, omdat u eens skuldig was en eers van u skuld bevry sal moet word, alvorens u weer in die ryk van lig en geluksaligheid sal kan binnegaan.
Dat Jesus Sy weg oor die aarde, wat geëindig het met die dood aan die kruis, waarlik gegaan het, word ook nog deur baie mense bestry, maar – terwille van die vrye geloof – geen bewyse vir hulleself daarvoor laat lewer nie. Maar steeds weer sal die mense in kennis gestel word, dat God Self Sy Seun na die aarde gestuur het, dat `n deur Hom in die lewe geroepe ligwese homself aangebied het, om die weg oor die aarde as mens te gaan, om vir die groot skuld van die afval van weleer van baie wesens, boete te doen.
Dit word ook aan die mense, waarin die afval bestaan, met rede omklee en waarom die beloning gegee moes word. Die mense word helder en duidelik in kennis gestel van wat self in die allereerste begin afgespeel het in die ryk van die geeste, om dit vir die mense maklik te maak om te glo aan die verlossingswerk van Jesus.
En alle mense sou ook die geloof kan verkry wanneer hulle hulleself maar deur `n lewe in liefde sou gereedmaak, sodat die Gees uit God in hulle sou kan werk. Tog, juis daaraan ontbreek dit die mense en so wys hulle alles af wat ook aan hulle vertel word, op weinig mense na, wat nou weer van hulle kant af hulle beste doen, om die medemense te wys op Jesus Christus, sodat hulle verlos kan word uit hulle toestand waarin hulle geraak het, deur juis die oerskuld op hulle te druk wat nog nie tot niet gemaak is nie.
En die einde kom nader. `n Eindeloos lange tyd van positiewe ontwikkeling moes gedurende die lewe as mens op aarde tot `n einde kom, maar die aardse lewe word nie meer op so `n manier benut, dat die mens homself bewustelik tot die Een wend, Wie Hom kan vry maak vir alle ewigheid nie. `n Baie belangrike geleentheid laat hy verbygaan, wanneer hy sy bestaan op aarde leef sonder Jesus Christus, wanneer hy homself nie in gedagtes verbind met Hom in Wie God Homself aan alle mense en alle wesens voorstelbaar gemaak het nie.
En sy berou sal eendag baie smartlik wees, wanneer hy in die ryk hierna sal besef wat hy op aarde versuim het. Want hy sal ook daar die weg na Hom moet vind, alvorens dit lig om hom sal word, en die sondeskuld sal so lank op hom druk, totdat hy na Jesus sal bid om vergewing. Dog dan het hy nie meer die moontlikheid om te ontwikkel tot `n "kind" van God nie, wat wel op aarde vir hom moontlik was.
Dit is `n volledige nuwe geestelike periode waarin die siel gaan, wanneer sy verlos word deur Hom, Wie haar oerskuld reg gemaak het aan die kruis; dan het die duisternis, waarin die siel was sedert haar afval van God, van haar afgeval en die lig wat haar nou bestraal, maak haar buitengewoon gelukkig en sy herken haarself nou ook as `n goddelike wese, omdat elke onvolmaaktheid van haar gewyk het, sodra sy vry geword het van sonde en die gevolge daarvan.
Dat God regverdig moet handel en dus genoegdoening eis, vind Sy oorsaak in Sy volmaaktheid en die goddelike ordeningswet, en so moet ook die mens in die aardse lewe vir alles boet, wat hom as sonde, as oortreding teen die goddelike ordening belas, of dit in die ryk hierna doen.
Dog om die groot oersonde uit te boet, is nóg op aarde, nóg in die ryk hierna vir hom moontlik nie, omdat hierdie skuld te groot was en `n versoening vereis het wat `n mens nooit in staat sou gewees het om te volbring nie. Daarom het Jesus hierdie skuld vir die mense op Homself geneem en haar deur Sy dood aan die kruis tot niet gemaak. Maar Hy eis dat die mens ook self vry sal wil word van sy skuld en homself dus bewustelik onder die kruis plaas, Hom die skuld bewustelik oordra en vergewing vra.
En as hierdie vergewing hom ten deel geval het, sodat hy verlos is van hierdie groot oerskuld, dan het hy daarby ook vergewing van alle ander sonde (verkry), wat hy in die lewe op aarde begaan het, want die mens Jesus het gesterf vir alle sonde, wat begaan was, in die verlede, die hede en die toekoms. Hy het alle sondeskuld uitgewis, tog moet die wat daarvan verlos wil word, bewustelik vra, aangesien al die gevalle geestelike andersins dadelik weer in hulle oertoestand teruggeplaas sou gewees het, maar dat daar dan geen voltooiing, waarvoor die vrye wil `n vereiste is, van die wesens tot sogenaamde gode (elohim) moontlik sou gewees het nie.
Wanneer `n mens egter die goddelike Verlosser Jesus Christus bewustelik erken as God se Seun, in Wie ELOHIM Homself beliggaam het, dan vertrou hy homself ook in alle deemoed aan Hom toe en vra Hom om hulp, waar hy slegs uit eie krag, geen weerstand kan bied teen die teenstander van God nie en Jesus nodig het, Wie hierdie vyand oorwin het, Wie aan Sy teenstander die koopprys betaal het vir alle siele wat hulleself wil laat verlos.
Dit is en bly `n aangeleentheid van die vrye wil, om vry te word van die groot skuld, van alle sonde wat die mens in die vlees begaan het. Maar hy kan volledige vergewing vind, hy kan vry word van elke skuld, omdat Een die skuld op Homself geneem het uit liefde en barmhartigheid, omdat Hy onuitspreeklik gely het en die smartlikste dood gesterf het om die mense hierdie ontsettende lyding te bespaar wat hulle op hulleself sou moes geneem het om `n geregverdigde versoening tot stand te bring.
U sal van elke skuld kan vryword, maar dit lê by uself of u die onmeetlike barmhartigheid wil aanneem, of u uself wil laat verlos, want daartoe word u nie gedwing nie en die verlossingswerk kan ook, teen u wil, geen uitwerking op u hê nie en u nie die volledige vryheid skenk wat u begeer nie.
Daarom sal u daar ook steeds maar net daarop gewys kan word, om u tot die goddelike Verlosser Jesus Christus te wend. U sal steeds maar net aangespoor kan word, om Hom nie verby te gaan nie. Daarom sal daar slegs volgens waarheid opheldering aan u verskaf kan word oor Jesus en Sy verlossingswerk. Dog die weg na die kruis sal u self in vrye wil moet gaan. En u sal waarlik geen spyt daaroor hê nie, wanneer u diegene aanhoor wat u op u weg ophou om u as bode van God opheldering te verskaf nie. Dan is u gang oor die aarde geen nuttelose gang nie, want dan sal u heel seker ook die doel bereik, om vry van sonde binne te gaan in die ryk van lig en geluksaligheid.
Amen

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205