Boek 39 - Antwoord op vrae -Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21.

VIR DIENAARS VAN GOD IS ELKE WEG UITGESTIPPEL
B.D. 4739 - 15 September 1949
Die weg wat u sal moet gaan, is van ewigheid af vir u uitgestippel, waar Ek u aangestel het om werksaam te wees vir My en My ryk. Sodra u My Wil binnegegaan het, is u denke, wil en handelinge ook in ooreenstemming met My Wil en so is elke weg wat u deur My gaan, ook vasgestel, hoe u uself aanpas in die arbeid vir My ryk, dit wil sê, hierdie arbeid van u is deurslaggewend vir die verloop van u aardse lewe. Steeds word u geleentheid gebied om u taak uit te voer en steeds sal Ek u daarheen lei waar u nodig is, waar u met sukses werksaam sal kan wees vir My ryk, as die wil van die mens u nie afwys en hy die seëninge kwytraak wat u hom wil tuisbring nie.
Niks wat u meemaak, is toevallig en niks is willekeurig nie, net soos wat alles gebeur, so is dit My Wil en daarom sal u nooit `n verkeerde weg kan gaan vanuit eie skuld nie, maar waar hy heen lei, is ook u werksaamheid nodig, selfs wanneer die resultaat minimaal is. Ek Self waak oor u weg as u as My knegte in My opdrag sal wil werk. Ek wys u die arbeid toe wat Ek vir u nodig ag en wat u in staat is om te verrig.
Daarom sal u elke dag sonder sorg kan begin en beëindig - u sal niks anders kan doen, as wat My Wil u dit voorbeskik het nie, omdat u self afgesien het van u wil, omdat u u dienste in vrye wil vir My aangebied het en Ek nou hierdie wil kan stuur, wat homself aan My ondergeskik gemaak het. Ek neem u nie die vrye wil af nie, maar as u hom self aan My onderwerp, sal u nou vanself, dus vanuit u wil, dit doen, wat Ek voorsien het sedert ewigheid. En hierdie sekerheid moet elke aardse sorg van u afneem, want as Ek u lot bestuur, sal u uself ook onder My hoede kan voel en seker wees van die trouste sorg van u VADER, net soos u egter ook alles wat u doen, nie as willekeurig mag beskou nie, veel eerder uitvoer soos deur My in u hart gelê en dus steeds in ooreenstemming met u taak waarvoor Ek u in diens geneem het, omdat u uself vir My aangebied het.
So sal elke dag verloop net soos Ek dit wil en u sal uit vrye wil steeds so handel net soos My Wysheid dit van ewigheid as nuttig ingesien het. Dan is dit ook My Wil, en My Gees spoor u daartoe aan dat u My Wil uitvoer.
Die weg waaroor Ek u lei is dikwels wonderlik, maar laat u sonder sorg meevoer. Ek gaan voortdurend naas u en sou u nooit meer `n weg laat gaan wat tersyde voer nie. Maar op een ding sal u moet let, dat u steeds dit uitvoer waartoe u hart u dring, dat u nie teen die gevoelens van u hart in handel nie, want My Wil gee Ek aan u te kenne deur die hart. Slaan daarom ag op dit wat u sal wil doen en wat goed sal wees en wat sukses vir u sal oplewer en die arbeid vir My en My ryk sal geseënd wees.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205