Boek 40 - Aanmanings en waarskuwings
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

WAG U VIR VALSE PROFETE?
B.D.5987 - 28 Junie 1954
Ek sorg vir Myne en elke geestelike en aardse versoek vind vervulling, want Myne sal ook slegs aardse vrae tot My rig, soos wat die Gees uit My dit vir hulle ingee. En geestelik bedink Ek hulle steeds ooreenkomstig hulle wil, geestelike word hulle deur My gelei en versorg, omdat vir hulle die verwerwing van My ryk - die geestelike welsyn van hulle siel - die eerste is wat hulle nastrewe en daarom kan My Gees ook in hulle werk. En daarom kan hulle hulle weg onbesorg gaan, wat die korrekte is, omdat Ek hulle Self lei.
Pasop vir valse profete, maar weet dat daar ook egtes is, anders sou Ek nie teen die valse gewaarsku het nie. Maar egte profete sal u kan herken aan die wese van hulle persoon en hulle werke. Hulle span hulleself onselfsugtig in om maar net die medemens van die onheil te behoed, teen die invloed van Satan, teen hulle geestelike ondergang. Daarom verkondig hulle Jesus Christus, Wie alleen die mense kan ontruk aan Satan se invloed, Wie alleen hulle Redder en Verlosser is en hulle na die ewige lewe kan lei.
Hierdie profete verkondig heeltemal onbaatsugtig hulle Heer en wys tegelykertyd op die strafgerig van God wat die mense sal tref as daar geen geloof aan hulle woorde geskenk word nie. Hulle kondig vir die mense aan wat hulle te wagte staan wanneer hulle verder sal gaan op hulle verkeerde weg. Maar alleen die sorg om hulle sieleheil dryf hierdie dienaars aan, om hulle vermanende en waarskuwende stem te laat weerklink. Waar u so 'n profeet ontmoet, laat My woorde daar by u binnedring - luister aandagtig daarna, wanneer hulle tot u spreek en wys hulle nie af nie, want hulle liefde dryf hulle daartoe aan en daarom stuur Ek hulle ook onder die mense, dat hulle die naby synde einde vir hulle aankondig, sodat hulle (die mense) nie daaraan ten prooi val nie.
Daarom moet u nie elkeen afwys wat u die nabye synde einde verkondig nie, want hy wil u maar net red, maar nie slegs skrik aanjaag nie. Maar vele probeer om in so 'n funksie, ook `n bron van inkomste vir hulleself te verskaf. Hulle verbind `n aardse doel daarmee, en hierdie is geen dienaars van God nie, maar dienaars van die Satan. Want My teenstander wil verwarring stig onder die mense en dus sal hy self ook van My woorde bedien, ook hy sal praat oor die einde om die mense te laat glo dat hy in My opdrag spreek, om dan die gedagtes van die mense te rig op hulle aardse lewe, om hulle dan daartoe te bring om die wêreld meer as ooit aan te hang en hy sal die kuns verstaan om die wêreld in sulke skitterende kleure te skilder, dat die liefde van die mense steeds meer na die wêreld toegekeer word.
Daar sal voor die einde sekerlik baie valse profete optree wat almal misbruik maak van die predikaat van ware profete - wat ook van die komende gebeurtenisse getuienis aflê, maar nie met die oog op My ryk nie, inteendeel steeds alleen hulle aardse doel vooropstel, maar wat hulleself ook van My woorde bedien, maar nie onselfsugtig is nie, veel eerder probeer hulle om eie voordeel te behaal. En daarom sal hulle prediking nie beantwoord aan die waarheid nie, daarom sal die wêreldse nog te veel uit hulle spraak te voorskyn straal, want wie nog deel uitmaak van die wêreld, kan haar nie verloën nie.
Maar u mense sal dit kan voel, wie deur My na u gestuur is, as u van My wil is en in die waarheid vasstaan. Dan sal u duidelik insien wie tot u spreek en u sal die roep van die ware profete volg, want hulle wil u alleen na My voer, hulle wil niks vir hulleself hê nie en hulle verag die wêreld.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205