Boek 40 - Aanmanings en waarskuwings
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

WAG U VIR DIE TEENSTANDER? DIE STRYD TEEN HOM
B.D.6706 - 5 Desember 1956
Ongewoon hewig laat die optrede van My teenstander homself voel, want hy saai tweedrag waar hy maar kan. Daardeur dryf hy die mense geestelik en aards in die noute, hy verlei hulle om liefdeloos te handel, hy veroorsaak vyandskap waaruit iets goeds nooit kan voortkom nie en glimlaggend, vol hoon, kyk hy toe, hoe die mense wat deur hom aangehits is, mekaar bestry, hoe hulle probeer om mekaar skade toe te bring en daardeur heeltemal in sy mag kom.
U mense sal oplettend moet wees en elke kwaai woord, elke slegte daad leer beskou as sy werk en u sal u daarteen moet verweer. Want hoe meer u hom toegee, des te vaster sluit uself die boeie wat hy vir u aanlê.
Waar Ek kan werk, word vrede en eendrag wedersyds begryp asook die skenk van vergifnis, omdat die liefde daar is, wat My werksaamheid moontlik maak.
En net so maklik is die gebied te herken waar My teenstander homself ophou, want in sy domein heers liefdeloosheid, haat en vyandskap, verraad en onvrede. En die gebied moet u vermy, wanneer u self nie soveel krag besit dat u die teenstander tegemoet sal kan tree nie, sodat u op grond van u liefde orde kan skep, die situasie in ewewig bring en die teenstander verdring.
Maar in die eindtyd het hy groot mag, wat deur die mense self aan hom verleen word, want meestal staan hulle geïsoleerd in die wêreld: Geïsoleerd van hulle Skepper en Behoeder, geïsoleerd van die goeie geestelike wêreld en daarom is hulle `n goeie doelwit om aan te val vir My teenstander wat, sonder om weerstand te ondervind, hulle kan nader en wat hulle ook in sy gebied trek. Want daar is nie meer veel geloof en liefde nie, wat alleen My aanwesigheid moontlik kan maak en `n kragtige beskerming is teen hom, te vinde onder die mensdom nie.
Die mense het geen bedenkinge meer nie, sodat liefdelose handelinge en spraak so duidelik sigbaar is. Hulle noem dit veelmeer `n geregverdigde stryd om die daaglikse lewe baas te word, en dus: Om oog vir oog, tand vir tand te vergeld wat hulle aangedoen word, hetsy in die samelewing met die medemens, of ook in materiële opsig. Hulle sien nie die werksaamheid van My teenstander daarin nie, maar elkeen probeer slegs om homself te handhaaf en elke middel is vir hulle goed. Maar hulle bevind hulleself al in sy mag wanneer hulle maar `n liefdelose gedagte in hulleself laat opkom, wanneer hulle harde woorde gebruik of dade doen waaraan liefde ontbreek.
En hulle sou hulleself moet laat waarsku en diegene ontvlug wat hulle aan hulleself wil bind, hulle sal rus en vrede moet soek in My, hulle sal elke onedele gedagte moet afweer, hulle sal moet probeer om met liefde goed te maak wat liefdeloosheid aangerig het, dan sal hulle met My teenstander `n passende stryd voer, wat ook My ondersteuning sal ondervind, omdat Ek helpend kan ingryp, waar Ek so 'n ingesteldheid sien, wat volgens My Wil is.
Probeer u aan elke onreine sfeer te onttrek, en as u dit nie kan nie, omdat u leef in `n gemeenskap met mense wat My teenstander die toegang nie ontsê nie, sluit u des te inniger by My aan en u sal rus en vrede vind in My en die bode van My Liefde sal `n kring om u sluit wat die duistere wêreld nie sal kan deurbreek nie. Maar wees oplettend en kyk om u heen hoe My teenstander aanhoudend besig is.
Herken hom en wend u van hom af. Daartoe sal elkeen die krag hê wat dit maar ernstig wil. Hy is koorsagtig werksaam in die laaste tyd. Maar `n oorvloed van barmhartigheid maak dit vir u moontlik om stand te hou en hom nie ten prooi te val nie. Gebruik hierdie barmhartigheid, roep My aan om krag en beskerming teen hom en u roepe sal waarlik nie tevergeefs wees nie.
Ame

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205