Boek 40 - Aanmanings en waarskuwings
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

'N ERNSTIGE WAARSKUWING OM DIE WÊRELD NIE AAN TE HANG NIE
B.D.6761 - 14 Februarie 1957
Daar sal altyd aan My woord getwyfel word deur diegene wat nog `n te sterk band het met die wêreld, wat nie weet om `n korrekte maat te hou in soverre dit net vir die wêreld waardering voortbring nie en hulle nie dink aan hulle taak op aarde nie. My woord vra een op sigself terugtrek van die wêreld, dit vra die oorwin van die verlokkinge en bekoringe wat van die wêreld uitgaan. En hiervan is daar eindeloos baie. En hou hulle hulleself nou by My woord, dan bly daar slegs onskuldige vreugde vir hulle oor, wat hulle siel nie meer in gevaar kan bring nie en hulle verlange na genietinge van geestelike aard neem toe. Dus kom hulle geensins te kort nie; slegs aan dit wat hulle nou eenmaal deur My word bedink, en nie deur My teenstander nie.
Maar hulle het nog baie mag oor die meeste van die mense en wat hy hulle dus aanbied, word liewer aangegryp, dit vervul die sinne van die mense en word daarom ook voortdurend deur hulle nagestreef. En dan sal My woord geen indruk maak nie, veel meer wrewelig afgewys word, omdat dit teen hulle verlange gerig is.
En so is dit ook te verklaar, dat elke band met My losser word, wanneer daar liggaamlike begeertes hulleself voordoen en nie teruggedring word nie, wanneer die oog van die mens homself te goed doen aan dinge wat slegs die liggaam behaag, - of wanneer aardse voordele die mens verlok tot werke wat weer net die liggaam en nie die siel van nut is nie.
Dan kom My teenstander tussen My en die mense en dan sal ook My woord geen uitwerking meer op hulle hê nie, omdat My stem nie daarin verneem word nie. En u sal dit steeds kan vasstel dat mense wat hulleself al van die wêreld afgewend het, u `n ope oor skenk vir My woord, terwyl nog wêrelds gebonde mense dit totaal sonder begrip aanhoor en dit hulle eerder onaangenaam tref, omdat dit van hulle iets vra wat hulle nie wil gee nie, naamlik, afstand doen van aardse vreugde en genietinge. En hulle het die Satan nog heeltemal in sy mag.
U mense sal daarom nie genoeg gewaarsku kan word teen die wêreld, wanneer u die ewige lewe in geluksaligheid wil verkry nie. Wie nie aan `n lewe na die dood glo nie, sal maar net oor sulke waarskuwings lag en probeer om die wêreld te verower wat aan hulle maar net vreugde kan bied.
Maar Ek spreek die mense aan wat daarin glo en spoor hulle aan om hulle lewe op aarde te benut vir die lewe na die dood. Slegs `n kort tyd gee hulle dit prys wat bekoorlik lyk om dan egter alles te kan besit: Geluk en saligheid, lig en krag en vryheid. En hoe meer hulle aan My aanmaninge en waarskuwinge gehoor skenk, des te dieper sal My woord ook indruk op hulle maak, want hulle verneem die stem van hulle VADER, wat in die aardse gewoel egter nie aangeneem word deur diegene wat hulleself nog te erg aan die wêreld oorgegee het nie.
Die is dus ook nie verwonderlik wanneer My woord betwyfel word deur diegene wat dit sou moet herken nie, omdat hulle hulleself as My "verteenwoordigers" op aarde beskou. Ook hulle is meestal nog in die "ban van die wêreld". Ook hulle kon hulleself nog nie daarvan losmaak nie en is daarom ook nog aan My teenstander gebonde, wat hulle gedagtes in die war bring, sodat ook die vermoë om te oordeel, hulle ontbreek, wanneer My suiwer woord aan hulle gebring word. En dit geld nie net vir die offisiële verteenwoordigers van My Naam nie, maar ook vir diegene wat geestelike dinge nog te erg met wêreldse dinge verbind, wat hulle blik nog te erg op die wêreld rig in plaas van om hulleself daarvan af te keer.
Steeds weer moet Ek dit sê, dat die wêreld nie My ryk is nie, inteendeel die ryk van My teenstander, wat u sal moet agterlaat, dit wil sê, sal moet oorwin om My ryk in besit te kan neem. Maar dan sal ook My woord u ten seerste tref en dan eers sal dit vir u verlig wees soos `n lig uit die hemel. Maar nooit sal u uself vanself in sy skynsel begeef nie, wanneer u nog te veel aandag aan die verblinde skynligte van die wêreld skenk nie.
En My woord is die lig wat suiwer en helder straal in die hart van diegene wat die wêreld oorwin het, wat met al hulle sinne strewe na die ryk wat nie van hierdie wêreld is nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205