Boek 40 - Aanmanings en waarskuwings
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

AANSPORING AAN ALLE ARBEIDERS IN DIE WINGERD
B.D.7599 - 14 Mei 1960
Die golwe sal steeds hoër styg wat vir u, My dienaars op aarde, wil vasgryp en u sal in verskillende soorte benouenisse beland en tog sal u My trou moet bly in al u nood van liggaam en siel. U sal steeds daaraan moet dink dat dit die tyd van die einde is waarin u leef. En hierdie tyd van die einde sal u nog baie verrassings besorg, van welke aard dit ookal mag wees.
Maar dit is seker, dat u uself trou aan My openbaringe sal moet hou, aan My woord, wat uit die hoogte tot u klink. Want u sal ook dan moet weet, dat My teenstander baie verwarring tot stand probeer bring, deurdat hy groot dwalinge in die waarheid sal probeer strooi en hy ook sal slaag, omdat die mense dikwels geen onderskeidingsvermoë besit nie, omdat dit die mense dikwels daaraan ontbreek dat hulle gees gewek is.
Maar hulle kan vra vir die gawe van onderskeiding, omdat Ek waarlik die mens wat die waarheid ernstig begeer, nie in dwaling sal laat voortgaan nie. En Ek laat u ook waarlik die kennis toekom wat u nodig het, om in die komende tyd goeie werk in My wingerd vir My en My ryk te verrig - en u daarom ook nie genoodsaak sal wees om vreemde geestelike goed u eie te maak, wat u nie van My ontvang het nie.
Maar u moet oplettend wees op die gebeurtenisse om u heen, van die lewe en die verdrukking in hierdie wêreld en die handelinge van die mense, omdat u dan ook die doen en late van diegene herken wat woed in die laaste tyd, omdat hy weet dat hy nie veel tyd meer het nie. En so gee Ek u ook steeds weer te kenne, dat u aan My die stuur en leiding sal moet oorlaat, want Ek weet waar en hoe `n mens ook `n troue kneg kan wees vir My, wat van plan is om vir My te arbei. En vir hom wys Ek waarlik ook sy werksaamheid toe en hy sal nie nodig hê om self die arbeid te soek wat hy vir My moet uitvoer nie.
Maar dit is die werk van My teenstander, om steeds weer die denke van die mense in die war te bring, hulle aan te hits en van die pad te bring, hulle die innerlike rus te ontneem, die mense teen mekaar op te steek en alle vrede te verstoor. Die werksaamheid van My teenstander bestaan ook daaruit om die blik van die mense af te lei van suiwer geestelike gebeurtenisse en te rig op praktyke van onryp geeste, wat hulleself bedien van mense wat van hulle afhanklik is om onrus te stig.
U moet u weg vasberade gaan, bereid om My as troue knegte te dien en steeds net wag waar Ek u sal plaas vir u diens. En Ek sal u lei - maar onderneem niks eiesinnig nie, maar laat Ek alles reël, want Ek weet wat sukses oplewer of wat tevergeefs is. Ek ken ook die werksaamheid van My teenstander en kan u steeds maar dié raad gee: Om u tot My te wend, u aan My oor te gee en nie te handel uit oordrewe ywer nie, omdat elke onrus die werk van My teenstander is, maar u die innerlike vrede alleen by My kan vind.
En laat My u Leier en vaste Begeleier wees, dan sal alles vanself so verloop dat u slegs u innerlike aanmaninge hoef te volg en u korrek en goed handel vir My en My dus dien as My knegte in My wingerd. Maar laat u nie beïnvloed deur 'n vreemde mag nie. En steeds weer sal u `n vreemde mag te vrees hê, wanneer die innerlike rus u verlaat.
Alles moet sy tyd hê en ook die werksaamheid van die bose kragte word deur My toegelaat, sodat die mense hulleself kan beproef hoe ver hulle daaraan weerstand kan bied. Maar Ek stel hulle dan My Krag daarteenoor, wanneer dit tyd is, en dan sal ook u, My dienaars weet, dat u nou aktief sal moet wees en werk vir My. En daarom is slegs dit nodig: Dat u uself vol vertroue aan My oorgee en om My leiding vra en u sal dan ook geroep word tot die diens om, net soos die voor My, tot `n sukses te word.
U moet nie vanuit uself sake aanpak, sonder om die opdrag daarvoor, van My te ontvang het nie. Maar u moet te alle tye bereid wees om My te dien en dan word u ook so gelei, dat u vir My goeie arbeid in die wingerd sal kan verrig, dat u siele kan red voor die laaste verderf, dat u dus in waarheid vlytige knegte vir My sal wees in die laaste tyd voor die einde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205