Boek 40 - Aanmanings en waarskuwings
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

AANSPORING OM WEERSTAND TE BIED IN DIE EINDTYD
B.D.8136 - 26 Maart 1962
U sal seker kan wees daarvan, dat Ek by u aanwesig is, sodra u My stem verneem. U kan glo dat My Gees in u werk, sodra u uself innig met My verbind en begeer om My te hoor.
Maar die voorwaarde moet vervul wees, dat u uself tot `n opnamehouer vir die stroom van My Gees sal vorm, dat u u hart gereed gemaak het vir My teenwoordigheid. En dit kan slegs die liefde tot stand bring, wat dan ook die lewende geloof voortbring aan My werksaamheid in u, waar u andersins nie binne-in u sou kon luister na My stem nie.
Maar as u My aanspreking hoor, dan moet die deemoed ook u hart vervul, want slegs aan die deemoedige skenk Ek My barmhartigheid, en My aanspreking is `n barmhartigheidsgeskenk van ongelooflike betekenis. Maar dan sal u ook daarvan oortuig kan wees, dat u in die waarheid wandel, want wat Ek u nou sê in `n regstreekse aanspreek, is waarheid, omdat dit van die Gewer van die waarheid, van die ewige Waarheid Self, uitgaan. En so, beskou u steeds as My dienaars, wat steeds maar net sal wil, dink en handel, net soos dit met My Wil ooreenstem. Want u sal geen opnamehouer van My goddelike Gees wees, wanneer u uself nie in vrye wil u dienste sou aangebied het nie en dus My welbewus u wil skenk, wat uself dus op My rig en u met gevolg die wilsproef op aarde afgelê het en u uself op die terugweg bevind en al kort voor u doel aangekom het. Hoe anders moet Ek nou dan u missie vir u bevestig, waarvan u die uitvoering daarvan vrywillig vir My aangebied het?
Ek kon u vir hierdie missie uitgekies het, omdat alle voorwaardes aanwesig was en Ek wil dat u ook u missie uitvoer en u op geen enkele wyse laat weerhou nie, want dit is belangrik en soek Ek My knegte met `n sterk wil nie willekeurig uit nie, wat sal standhou teen al die aanstorming van die kant van My teenstander. Hy deins waarlik vir geen middel terug nie, wanneer hy hoop om daardeur die lig te kan doof wat helder van bo na die aarde toe straal.
Word daarom nie wankelmoedig in die geloof om vir My goeie dienaars te wees nie, inteendeel hou u net vas aan My en die verleier sal wyk, wanneer hy sien dat sy planne en voornemens tevergeefs is. Maar Ek laat ook aan hom die volste vryheid toe, want dit is die laaste tyd. Spoedig sal sy aktiwiteite ten einde loop en vir solank sal Ek ook weet om u, wat My bewustelik wil dien, te beskerm, as u maar van My is en bly. En gebruik alle krag om in My wingerd te arbei.
Laat u nie bang maak nie, glo en vertrou veel eerder op My, Wie u waarlik sal beskerm en u nie sal prysgee aan die dwaling nie, omdat u ernstig na waarheid verlang.
Hou u hart steeds geopen vir die stroom van My Liefde en ontvang onafgebroke die brood des hemels, die lewende water.
Laat u deur My voed en lawe en u sal toeneem in krag en My met vreugde dien. Maar luister nie na wat mense vir u sê nie, wanneer dit nie ooreenstem met My woorde nie. Weliswaar laat Ek aan elkeen die vryheid, want die wil van die mens dwing Ek nie, maar elkeen moet homself ernstig afvra in welke betrekking hy tot My staan om ook korrek te dink en te handel voor My oë.
En hierdie korrekte verhouding moet u steeds tot stand bring en u sal dan ook kan seker wees daarvan, dat u onder My beskerming staan en My teenstander nie hoef te vrees nie. Maar hy sal u in die noute bring tot aan die einde, omdat hy weet dat hy nie meer veel tyd het nie.
En dit moet vir u ook die verklaring wees vir die eienaardige gebeurtenisse wat nog sal plaasvind, maar wat u steeds sal kan afweer met My hulp en My krag, want Ek verlaat hulle nie wat van My wil is en bly nie. Ek gee hulle die krag om te weerstaan - Ek verleen hulle steeds My beskerming sodat hulle hulle taak op aarde kan vervul binne My Wil.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205