Boek 40 - Aanmanings en waarskuwings
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

VERMOË OM TE OORDEEL. WAARSKUWING TEEN DIE WERKSAAMHEID VAN DIE TEENSTANDER
B.D.8432 - 7 Maart 1963
Steeds sal u die krag toegestuur word om vir My te werk, wanneer dit u wil is. U sal daarvan seker kan wees dat Ek u denke korrek sal lei en u daarom korrek en regverdig sal oordeel wanneer dit ook u wil is. Want Ek ken u hart, Ek is op hoogte van u gedagtes en wanneer Ek dit Self wil dat u die waarheid van My in ontvangs moet neem en versprei, dan moet Ek in u ook die sekerheid lê, om in die waarheid te wandel en Ek moet u die vermoë gee om korrek te oordeel aangesien u andersins nie geskik sou wees om die waarheid te versprei nie.
Daar is baie geestelike leringe wat as waar beskou word, as uitgaande van My, en wat tog nie hulle oorsprong by My het nie, maar by My teenstander. Bedink dat die lig van bo, wat alles stralend helder verlig en deur die duisternis heen breek, My teenstander baie van sy aanhang afhandig maak en dat hy daarom alles doen om dit te verhinder, om die lig te vertroebel, omdat hy nie meer in staat is om dit te doof nie.
En so sal hy homself vertoon met `n masker op, hy sal dieselfde wil doen as Ek. Hy vind genoeg opnamehouers wat hom nie kan deursien nie en daarom gewillige dienaars vir hom is. En deur hulle sal hy homself ook te kenne gee, egter nie deur die werksaamheid van My Gees nie, Wie hy nooit aanleiding kan gee om Homself te uiter nie.
Maar die eie denke van `n mens met die verstand, probeer hy op so 'n manier te beïnvloed, dat die resultate van die denke opgemerk word as "oorgebringde geestelike lering" deur mense wat op die voorgrond wil tree, maar die ware deemoedige ingesteldheid tot My nog ontbeer en wat ook nie hulle praktyke wil opgee nie, omdat die verlange na die waarheid hulle nie so vervul, dat Ek hulle sou kan beskerm van verkeerd denke nie.
Netso is die werksaamheid vanuit die geesteswêreld in die laaste tyd besonder duidelik, want My teenstander beïnvloed ook die siele wat hulleself in duisternis bevind, om die mense, deur middel van gedagtes, dwaallere te laat toekom, en omdat geestelike kontakte met hierdie wêreld, wat nog deel uitmaak van die teenstander, dikwels deur die mense nagestreef word, is ook die voorwaarde vir onderrigting van geestelike aard gegee wat geen aanspraak kan laat geld op waarheid nie.
Maar dit alles is slegs die gevolg van die verkeerde lewenswandel van die mense wat nie lewe ooreenkomstig My Wil nie en daarom in die besonder in die eindtyd aan sulke misleiding blootgestel is. En Ek kan maar net steeds daarteen waarsku om nie alles te glo wat u aan geestelike leringe aangebied word nie, maar Ek kan u nie dwing nie, nog om die verkeerde af te wys, nóg om die ware aan te neem. Ek moet dit aan u oorlaat, maar gee in elke mensehart `n fyngevoelige speursin, sodra die maar na die suiwer waarheid verlang.
Dat die mense in die eindtyd egter uitermate in die noute gedryf sal word deur My teenstander, is voortdurend aan u bekend gemaak en dit is begryplik, dat hy alles sal probeer om teen My en die suiwer waarheid in te gaan. En sy truuk is om skynbaar dieselfde te gee en tog die mense totaal verkeerd te onderrig, omdat hy weet, dat deur dwaling, die doel nie bereik word wat die mens op aarde moet bereik nie en waartoe Ek hom deur die toestuur van My woord wil help nie. Sy voortdurende strewe is om verwarring aan te rig, waar slegs die liefde in die mens `n helder lig ontsteek, wat ook die dwaling blootlê; maar waar die mense weinig liefde het, sal ook die dwaling angs aanjaend om hulleself heen gryp.
Maar u wat u in vrye wil vir My aangebied het om My en die suiwere waarheid te dien, moet op hoogte wees daarvan. U moet nie deur hom mislei word nie en daarom lê Ek u die wil om weerstand te bied in die hart en Ek sal My ook aan u bekend maak daar, waar Ek Self aan die werk is en die suiwer waarheid na die aarde lei. Want Ek giet My Gees uit oor alle vlees, wat egter ook inhou, dat die denke van die mense korrek gelei word en wat daarom die uiting van My Gees ook sal verneem en in gesprekke onder woorde kan bring.
U sal die ooreenstemming kan vasstel en dan ook weet dat My Gees werk in diegene wat u weg kruis en ook dadelik die waarde insien van dit wat Ek u Self van bo laat toekom. En glo dat Ek die denke van elke mens verlig wat ernstig na die waarheid streef en die weg na My gaan, Wie hom die suiwere waarheid alleen kan skenk.
En wat u mense vertel word, ondersoek dit steeds met ernstige verlange om net vir My en die suiwer waarheid te dien en u sal dan verseker herken waarvan die geestelike lering uitgegaan het, want op die einde sal daar baie valse Christusse en baie valse profete optree, teen wie Ek u voortdurend gewaarsku het.
Maar ook ware profete sal u moet herken, deur wie Ek Self, Wie die ewige Waarheid is, My aan die mense bekend maak.
Amen

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205