Boek 40 - Aanmanings en waarskuwings
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

ERNSTIGE AANSPORING OM CHRISTELIKE NAASTELIEFDE TE BEOEFEN
B.D. 4096 - 3 Augustus 1947
Sien u swakhede in en probeer dit uit die weg ruim, word nie ongeduldig as dit daarom gaan om u in die toestand van `n ander te verplaas nie en wees vol begrip, krenk die ander nie en neem die gebod van die liefde ernstig, soos wat die naaste u nodig het, hetsy vir daadkragtige hulp of ook vir woorde wat hom sal ophelder. Gee geen aanleiding tot onenigheid nie, probeer veel eerder om tot ooreenstemming te kom, neem ook `n voorbeeld van My, Wie alle mense met `n liefdevolle hart tegemoet getree het om hulle vir My te wen.
En so sal u ook steeds u bes moet doen om die harte van die ander te wen, u moet niks nalaat wat liefde kan opwek nie, want alleen in die liefde kan ook die volledige begrip vir die swakhede van die naaste tevoorskyn kom. En so beproef u uself, die een teenoor die ander, laat geen geleentheid onbenut waar u met `n liefdevolle woord of liefdevolle handelinge vreugde sal kan berei nie, want as u die leed van die naaste op `n afstand hou wanneer u hom innerlike vrede gee, doen u `n waarlik Christelike werk van naasteliefde, wat u seën sal oplewer, want u versterk hom daardeur liggaamlik en geestelik. Hy word self in `n liefdevolle toestand gebring, hy voel wederliefde en hy sal nie nalaat om sy liefde werksaam te laat word nie, en sy eieliefde sal afneem.
Wees geduldig en wees sagmoedig, vredeliewend en deemoedig en u lewe sal makliker wees, want die liefde is die beste wapen teen `n vyandelike houding, en liefde vergeef en verdra, sy gee en maak gelukkig, sy verbind die harte, sy heel die wonde en sal altyd begrip hê vir die swakhede en foute van die naaste en ten slotte tog oorwin, want die liefde is krag wat alles bereik wat sy wil.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205