Boek 40 - Aanmanings en waarskuwings
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

AANMANING OM DIE VERGANKLIKE TE LAAT LOS - GEESTELIKE BESIT
B.D.5200 - 31 Augustus 1951
U almal gee Ek `n woord van My liefde en barmhartigheid: Maak die boeie los wat u nog met die aarde verbind, dit wil sê, gee u siel die vryheid om uself in die geestelike ryk te verhef en laat die aarde agter, deurdat u u gedagtes hiervan afwend, dan trek die gees in u die siel na sy domein en u wen daardeur duisend maal meer as wat u ooit vir uself op aarde sou kon verwerf het. Vir u lyk die aarde, met haar materiële goedere, nog soos iets werklik en tog is alles verganklik en op die verganklike rig u u aandag.
Ek waarsku u daaroor uit louter liefde en barmhartigheid en Ek spoor u aan om alleen aan die werklike te dink, om dit vir die siel moontlik te maak om die geestelike ryk binne te vlieg, wat kan gebeur so gou as wat u u gedagtes van die wêreld afgewend het. Het u eenmaal geestelike besit verkry, dan lok die aardse goedere u steeds minder aan en dit word vir u steeds makliker om hoër op te vlieg, maar die eerste loslating van die wêreld sal u self uit eie wil moet volbring, u sal geweld moet gebruik wat slegs wilskrag vereis, om u vir `n kort tyd van die wêreld terug te trek en in stilte te gaan, dit wil sê, in uself skerp te luister en die gees in u daardeur die moontlikheid te gee om homself te uiter.
Die wil kan baie doen, omdat die gees dan helder insien dat die siel in die mens haarself na hom toekeer, dat sy haarself plaas onder hom. Maar nooit sal u mense die gees in u daartoe kan bring om homself te uiter, solank u gedagtes na die wêreld gewend is nie, solank u aan alles aandag sal skenk wat aards om u heen voorval, solank u nog materieel ingestel is.
Daarom roep Ek u woorde van liefde en barmhartigheid toe: Strewe nie na dit wat verganklik is nie, maar probeer onverganklike goedere vir uself te verkry, wat alleen die gees in u kan uitdeel, omdat hy `n deel van My is, van Sy Vadergees van ewigheid, omdat Ek dit self is, Wie Homself uiter deur die gees in u, en Ek Self sal u waarlik net dit gee wat ewig bly, wat nie onderworpe is aan die wet van die verganklikheid nie en wat slegs as rykdom deur u beskou kan word, omdat dit onverganklike skatte is, wat nooit meer van u afgeneem kan word nie.
Die geestelike besit sal u steeds gelukkiger maak en dit sal vir u tot werklikheid word, sodat u die aarde met haar goedere die rug toekeer, sodat u graag opgee wat deel uitmaak van die wêreld, om die heerlikste daarvoor in te ruil: die goedere wat van My afkomstig is en wat u voortdurend aangebied word, sodat u daarvan kan geniet en na u siel ryp word, en met hierdie goedere werk, solank u nog op aarde is, sodat u u geestelike rykdom kan vergroot, sodat u u medemense gelukkig kan stem en probeer om hulle van die wêreld afkerig te maak.
Werk onophoudelik met die geestelike skatte en dit sal hulleself vermeerder, ofskoon u voortdurend daarvan weggee. En ryk geseënd sal u binnegaan in die geestelike ryk, waar u dan eers u skatte in volle omvang sal kan oorsien, waar u tot u eie vreugde sal kan werk en vir al diegene die hoogste geluksaligheid sal kan berei wat u met u geestelike skatte gelukkig maak, omdat die liefde u daartoe gedryf het - die liefde vir My en vir die geestelike wat nog ly, wat u hulp nodig het om salig te word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205