Boek 41 - God spreek ook nog vandag
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

DOEN NIKS SONDER JESUS NIE!
B.D. 5785 - l O Oktober 1953
Vra steeds dringend My hulp en bystand in alles wat u ook onderneem! Begin niks sonder My nie, gaan geen weg sonder My nie, laat My steeds vooraf gaan, dan sal Ek ook u doel wees wat u sekerlik sal bereik.
So moet u ook uself, met alle geestelike begeertes wat u aan die hart lê, aan My toevertrou en u sal steeds goeie raad ontvang, want dan stuur My Gees u. U sal dan nie anders kan as om korrek te dink en te handel en met sukses te arbei vir My en My ryk nie, en tog sal dit lyk asof u praat en handel volgens u eie wil. Ek openbaar My nie so duidelik dat u gedwonge sou word om My wil te volbring nie en tog is dit My wil wat dan deur u tot uitdrukking kom. Wanneer u My in elke werk, elke gedagtewisseling, in gedagtes of ook letterlik aanbeveel, kan u ook seker wees van My inwerking. Tog is dit juis hierdie verbinding wat u eers met My moet soek, wat nodig is om daardeur gewaar te word van My wil in u en om dienooreenkomstig te dink, te praat en te handel.
En u hoef u ook geen sorge te maak of u wel die arbeid vir My kan volbring nie; solank u dit nie as wêreldse arbeid beskou nie, maar altyd slegs vir My daarmee wil dien en soos My knegte, steeds met My in verbinding bly om My aanwysinge in u op te neem. Want die laaste doen Ek deur middel van u hart, wanneer Ek in u gevoelens lê wat u dan so laat handel net soos dit My wil is. En dan sal elke onderneming van u ook geseënd wees.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205