Boek 41 - God spreek ook nog vandag
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

BARMHARTIGHEIDSGESKENK VOOR DIE EINDE
B.D. 8494 - 12 Mei 1963
`n Oorvloed van barmhartigheid sal Ek uitstort in die laaste tyd voor die einde, want die mense het dit nodig. Hulle het baie ondersteuning nodig om die laaste treë van hulle aardse weg met goeie gevolg af te lê. Maar daar moet eers nog baie mense op die korrekte weg gelei word, en ook hulle het nog baie hulp daartoe nodig. Want hulle bevind hulleself op pad na die afgrond en moet daarvan teruggehou en na die goeie rigting gelei word.
Alle middele wat Ek toepas vir die einde is barmhartigheidsmiddele, want die mense trek niks vir hulleself aan nie en gaan onverskillig hulle gang. Hulle verdien daarom eintlik geen hulp nie, temeer waar hulle hulleself nog eerder verset as hulp aanneem. Ek het al My skepsels lief en wil nie een van hulle verloor nie. Ek wil nie dat hulle weer `n eindelose lang tyd in `n ellendige toestand moet smag nie, daarom laat Ek barmhartigheid vir reg geld en laat niks onbeproef om hulle nog te red voor die einde nie.
Maar Ek weet ook wat goed is vir elke wese en wat geskik is om hulle nog op die korrekte weg te lei. En dit pas Ek ook toe, sonder om egter dwang op sy wil uit te oefen, want die wil moet vry beslis. Dit word egter vir hom maklik gemaak, omdat hy die barmhartigheidsmiddele so duidelik aangegee kry, dat hy hulle ook as sodanig kan herken. Steeds weer word die mens gewys op die geestelike ryk en steeds weer kom hy op die een of ander manier met die dood in aanraking; hy beleef dit in sy omgewing, hy sien mense heengaan wat vir hom lief en dierbaar was, of hy ondervind sterfgevalle van allerlei aard.
Steeds weer word hy gewys op sy verganklikheid en kan hy homself besighou met die gedagte, wat kom daar na die dood? - Sy denke word dan gelei na die geestelike ryk, want sy gedagtes dwaal dan dikwels af na die gestorwenes en die vraag kom in hom op, - waar vertoef hulle nou? - Het hulle totaal vergaan of bestaan daar die vooruitsig op `n weersiens? En dan skakel hyself altyd die leidende geeste in, aan wie se beskerming die mense toevertrou is. Hulle probeer hulle gedagtes te beïnvloed en hulle opheldering te gee en maak dit moontlik, dat elke mens wat kennis toekom van My woord, dat dit na die aarde gebring word. Of, hulle laat boeke en geskrifte in u hande kom (net soos nou) wat u opheldering gee oor My woord. Hulle doen dus alles om u gedagtes te rig tot die ryk wat u ware vaderland is, en wat u ook sal betree by die verlating van hierdie wêreld. En ook die gestorwenes werk vanuit die hiernamaals op u in, deurdat hulle hulleself gedurig invoeg in u gedagtes, en daardeur word in `n sekere sin `n verbinding tot stand gebring van die geestelike ryk na die aardse wêreld.
My mate van barmhartigheid is onuitputlik en elkeen sou dit kan uitbuit as sy wil daartoe bereid was. Daarom laat Ek steeds weer My woord weerklink, want elke mens wat die woord hoor en aanneem, maak waarlik gebruik van die groot barmhartigheidsgeskenk wat hom `n goeie sukses sal oplewer en hom help met die rypwording van sy siel. Daardeur kan hy nog sy doel op hierdie aarde bereik, want dan kan hy My vind en die verbinding met My herstel, wat hom dan ook sy voltooiing verseker. Dit is baie belangrik dat die mens nog die verbinding met My herstel, voordat sy siel die liggaam verlaat, voor die uur van afskeid van hierdie aarde gekom het.
Sodra hy self bewus is van My en My dan erken, sal hy nie meer verlore gaan nie. Want dan sal hy ook die weg neem tot die kruis en tot die goddelike Verlosser JESUS CHRISTUS. Hy sal My in HOM erken en dan ook die weg geneem het tot My, en dan is hy vir ewig aan My teenstander ontruk, omdat JESUS Hom verlos uit Sy boeie. Jesus wat Sy skuld op HOMSELF geneem het en vir Hom die weg vrygemaak het tot die Vader.
JESUS en Ek is Een. Om dit in te sien, is `n voorwaarde vir die terugkeer van die eens gevalle wese tot My, en daarom sal Ek die mense steeds weer opheldering gee deur My woord. Juis daarom is ook My woord die grootste en doeltreffendste barmhartigheidsgawe wat Ek nog voor die einde vir die mense kan aanbied, en salig is hulle te noem wat dit nog aanneem, want hulle sal waarlik nie meer verlore gaan nie.
Die tyd is nog maar kort en die stryd om die siele word van die kant van die duisternis steeds hewiger gevoer. Maar ook Ek veg vir u, My skepsels, en Ek staan u by, sodat u, wat hierdie stryd moet uitveg, ook die korrekte beslissing sal neem. Sodat u die weg sal neem tot JESUS CHRISTUS in Wie Ek self mens geword het om u te verlos. Doen dus `n beroep op die groot barmhartigheidswerk van verlossing deur JESUS CHRISTUS - en waarlik, u sal die oorwinning behaal en vry word van hom wat u te gronde wil rig.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205