Boek 41 - God spreek ook nog vandag
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

EWIG WEERKLINK DIE WOORD VAN GOD
B.D. 8522 - 8 Julie 1963
Ek het beloof om by u te bly tot aan die einde van die wêreld, en daarom sal My woord vir ewig weerklink vir u My geskapenes, as `n teken van My teenwoordigheid. Vir ewig sal die verbinding weer herstel wees tussen u God en Skepper van ewigheid, en Sy wesens wat deur Hom voortgebring is. Vir ewig sal My Liefde Haarself toon deurdat Sy u sal aanspreek, omdat Sy in die begin die grootste saligheid daarin gevind het om met haar geskapenes deur die woord gemeenskap te hê. Want die saligheid van alle wesens bestaan vir ewig daarin om My liefdeskrag sonder ophou te ontvang, en hierdie groot kraguitstraling kom tot uitdrukking deur My toespreking.
Ek openbaar My dus Self deur die "woord". - Ek bring My gedagtes na u oor en vind My saligheid weer daarin om u tot `n wederwoord aan te spoor, waardeur `n uitwisseling kan plaasvind tussen Vader en kind, wat reeds saligheid beteken. En hoe volmaakter die toestand van die wese is, des te duideliker weerklink My stem in die hart, wat geestelik so te sien is dat die wese verkeer in die suiwerste erkentenis en in gelyke wil en gedagtes soos Ek. Hy is dan deur sy volmaaktheid ook innig met My verbind.
Maar ook in `n laer toestand van rypheid kan die wese My waarneem wanneer hy, bewus van homself, die verbinding met My herstel, maar dan is ook die graad van saligheid laer. Sodra die wese egter weer `n verbinding het met My, het hy ook weer tot "lewe" gekom en die toestand van "dood" waarin My woord uitgesluit word, is oorwin .
Baie min mense weet (deur eie skuld) dat hulle God en Skepper tot hulle wil spreek, en dat hulle Hom sou kon verneem as hulle sou lewe volgens Sy wil. Heel weinig mense ervaar die geluk van `n direkte aanspreking en `n binnegaan in `n innige verhouding met Hom. En as hulle medemens hiervan hoor, is dit vir hulle ongeloofwaardig en hulle maak diegene wat hulle hiervan vertel, belaglik. Maar My woord sal bly bestaan, al sal ook Hemel en aarde ophou om te bestaan.
Ook hierdie belofte word meestal verkeerd deur u mense uitgelê, want u glo dat die neergeskrewe woord onveranderd behoue gebly het. Juis daarom is dit nodig dat My woord steeds weer opnuut na die aarde gebring word, omdat die wil van die mense niks onveranderd laat nie en die suiwerheid van die eens gesproke woord nie gewaarborg bly nie.
Maar tog het My belofte, dat My woord sal bly bestaan nog `n diepere betekenis. Steeds en ewig sal My woord die verbinding verseker van al die geskapenes met My. Steeds en ewig sal My skepsels My mag verneem, want dit is hulle saligheid, want daardeur word hulle direk of in gedagtes deur My aangespreek en hulle weet wat My wil is en dra dieselfde wil nou ook in hulleself. Hulle mag nou ook met hulle God en Skepper omgaan net soos kinders omgaan met hulle Vader. En dan vervul hulle die diepste erkenning en die hoogste wysheid, en `n waarheidsgetroue kennis maak hulle dan grensloos gelukkig.
Al dié gebeure is die resultaat van die uitwisseling met My deur die woord. Kon My woord nie weerklink in die hart van alle wesens nie, dan kon daar ook geen ware lewe wees nie, want net My woord is die lewe, die krag en ook die geluksaligheid. Anders sou Ek vir My geskapenes `n ewige ver verwyderde God wees, dus onbereikbaar. Daar sou dan geen verbinding met My bestaan het nie en My woord sou dus ook geen uitwerking hê nie.
Daarom spreek Ek: "Ek bly by u tot aan die einde". Sonder My en My teenwoordigheid sou u nie meer daar gewees het nie, tensy u nog moes behoort aan My teenstander, in wie se gebied Ek nie sal binnedring nie, omdat u terugkeer tot My, vrywillig moet gebeur.
Sodra u uself van hom losgemaak het en ernstig na My sal streef, sal My woord ook in u weerklink. - Eers baie sag deur die "stem van die gewete', maar dan steeds duideliker sal u My stem kan verneem, soos wat u uself meer en meer aan My oorgee. Want daardeur sal u die innerlike drang bespeur om met My in u gedagtes te spreek. En dan sal daar ook een antwoord kom wat u egter in die begin nie as My antwoord besef nie, maar as u eie gedagtes se resultaat aansien. Maar hoe meer u uself terugtrek van die wêreld en net vir My soek, des te luider sal My stem in u hart weerklink, en die geloof in My aanspreek kan u daartoe bekwaam maak om My stem bewustelik te verwag.
En u sal My kan verneem, want dit lê slegs by die graad van rypheid van u siel. Dit lê in die graad van liefde tot My en u naaste, op welke wyse u My en My woord sal verneem. En omdat u, as toebehorend aan My, ook stadig opwaarts styg, daarom sal My woord u ook nie meer verlaat nie. Ek sal by u wees en bly en u steeds en ewig aanspreek en Ek sal u saligheid gedurig verhoog deur `n blywende uitwisseling met My, deur My woord.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205