Boek 41 - God spreek ook nog vandag
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

JOHANNES 14.21: "WIE MY GEBOOIE ONDERHOU..."
B.D. 7375 - 23 Junie 1959
Wanneer u My gebooie onderhou, bemin u My en Ek kan My dan aan u openbaar en Ek sal My altyd openbaar aan hulle wat My wil hoor. Ek sal nie bly swyg of My afwend nie, want Ek het u lief en sou niks liewer wil as om u te kan aanspreek nie, tweegesprekke met u te voer en My so aan u te openbaar as Vader, Wie na Sy kinders verlang vandat hulle ontrou geword - en geval het.
My liefde tot die gevallenes het nie kleiner geword nie en daarom doen Ek alles om hulle weer na My toe terug te roep.
Sodra die gevallene nou My stem verneem en dit as My stem herken en dan daarna verlang om deur My aangespreek te word, het hy reeds die terugweg ingeslaan en is al naby die hart van die Vader. Dit is nou nog net nodig dat hy die verbinding met My bewustelik sal soek om die samesyn met My, met sekerheid te vind, sodat hy weer die saligheid kan ervaar wat hy in die begin ondervind het.
U, My geliefde op aarde, hoef dus net My gebooie te onderhou, dit wil sê, weer My wil te volbring; dan sal u ook altyd verseker wees van My toespreking. En dan ontvang u barmhartigheid in die grootste oorvloed. Want wanneer Ek u aanspreek, beteken dit ook toevoer van barmhartigheid wat u sal help na voltooiing en tot saligheid, wat dit maklik vir u sal maak om op die terugweg na My te gaan en u bestemming te bereik.
Maar hoe min mense glo dat Ek tot hulle sou spreek en dat hulle My sou kon hoor as hulle dit wou, en dat hulle maar net die voorwaardes moet vervul, sodat My stem in hulle kan weerklink.
En ook slegs weinig herken die stem van die Vader Wie tot hulle spreek, wanneer My woord deur boodskappers aan hulle gebring word. Tog wil hulle almal My "kinders" wees, maar die stem van hulle Vader kan hulle nie herken nie, omdat hulle nog ver van My af staan; omdat dit blyk dat My gebooie te moeilik is om na te lewe, waardeur hulle nog nie in staat is om My sagte stem in hulle harte te verneem nie. Maar Ek spreek tot die mense en iedereen kan My stem verneem as hy maar net in My glo, My gebooie oor die liefde tot God en die naaste vervul en dan stil en gelowig innerlik luister na wat Ek aan hom wil sê. En hy sal My kan hoor en oorgelukkig wees wanneer die Vader met Sy kind spreek.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205