Boek 41 - God spreek ook nog vandag
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

GOD PROBEER DEUR SY AANSPREKING OM DIE LIEFDE VAN DIE MENSE TE WEN
B.D. 8911 - 24 Januarie 1965
Watter rykdom kan u, wat voortdurend My barmhartigheidsgawe ontvang en daardeur steeds `n bewys van My aanwesigheid besit, u eiendom noem, wat u nooit meer afgeneem kan word nie. U word buitengewone kennis meegedeel wat niemand u kan weerlê nie, want so 'n kennis kan slegs Die Een vir u gee, Wie se kennis alles te bowe gaan, WIE dit egter aan elkeen wil oordra wat `n ernstig verlange daarna het en My ernstig daarom vra.
En dat Ek veel meer weet as wat dit vir u moontlik is om op te neem, moet u maar net aanspoor tot steeds groter sielerypheid. U sal onmeetlik salig wees, hoe verder u in My ewige heilsplan deurdring, hoe meer opheldering aan u oor My bestuur en werke gegee word. Want dan sal alle goedere van hierdie wêreld nie in staat wees om u te bekoor nie, sodra u agter die geheim van die skepping gekom het en al die gebeure kan begryp.
Want dan is u weer in `n toestand van insig en u staan dan in die lig en benader weer die oertoestand, toe u bomate salig was. En dan het u ook u bestaan as mens voltooi en u kan ook u liggaamlike omhulsel aflê en na My ryk teruggekeer, wat u ware tuisland is.
Strewe daarom na groter sielerypheid en word in hierdie strewe nie moeg nie, glo dat u nooit uself kan indink in die heerlikhede wat wag in My ryk wat nie van hierdie wêreld is nie. U strewe moet wees om u steeds digter by My aan te sluit, My nie meer uit u gedagtes te laat nie. Ek wil by u wees en weer My liefdeslig in u laat straal, wat dan ook tot gevolg sal hê dat dit in u self lig sal word en u My stem so helder en duidelik sal kan verneem, dat u nie meer daaraan sal twyfel dat dit Ekself is wat u toespreek en onderrig nie.En u moet hieraan sien dat My liefde ewig vir u sal geld, dat Ek u liefde wil wen. Ek het u tot in die diepte gevolg en help u hier weer daaruit om omhoog te styg, totdat u uself as mens kan beliggaam. En ook dan hou My liefde nie op nie, sy skenk u barmhartigheid op barmhartigheid en is tot alle hulp bereid. Sy probeer u liefde te verwerf deur u aan te spreek en u krag te verleen, wat u maar net op die korrekte manier hoef aan te wend om hoër op te klim na die Hoogte om uiteindelik My ryk binne te kan gaan. - want My liefde wil u as My kinders ontvang, sy wil die hoogste salighede vir u berei, waarvan u geen voorstelling vir uself kan maak nie.
En dit is wat Ek deur My gesprek tot u wil bereik; dat u van My teenwoordigheid oortuig word en dan ook My liefde beantwoord. Dat u u hart sal open om My liefde in u te laat straal, waarna die eenwording met My in liefde kan plaasvind, wat u geluksaligheid uitmaak. U sal My dan ewig prys, lof en dank besing, want u sal dan weer volmaak wees, net soos u dat was in die eerste begin, net soos u Vader in die hemel.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205