Boek 41 - God spreek ook nog vandag
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14.

WAAROM STEEDS WEER NUWE OPENBARINGS?
B.D. 9002 - 25 Junie 1965
Omdat die woord van God nie altyd beskerm kon word teen veranderings nie en omdat die vertalings nie altyd deur geestelik verligte mense gedoen is nie en hulle dus vergissings kon gemaak het, moes nuwe openbarings ook steeds weer die ou foute verbeter, as die woord van God aanspraak wil maak op die suiwere waarheid. Sonder nuwe openbarings sou die uitroei van dwalinge onmoontlik gewees het, en veral dan, wanneer die mense daarop vertrou dat Ek self My woord sal beskerm teen elke verandering.
U moet begryp dat die vrye wil van die mens dit vir My onmoontlik maak, want Ek sal die vrye wil nooit onvry maak nie, al gaan dit oor die suiwer waarheid. Maar Ek het die mens die belofte gegee dat hy die waarheid sal ontvang as hy dit sou begeer. En so kan u ook nooit daarop vertrou dat u geestesgoed onveranderd ontvang, wanneer die woord van God aan u gepredik word nie. Maar u het die versekering dat u die waarheid sal ontvang as u dit begeer, want dan sal die gees van die prediker (selfs wanneer dié geen verligte gees het nie) so gelei word dat hy dikwels sal spreek wat hy nie vir homself voorgeneem het nie. Aan hom word dan woorde, deur My, in die mond gelê, juis omdat een mens daarna verlang om in waarheid onderrig te word.
Sou in baie mense die verlange opkom om net die waarheid te verneem, dan sou ook spoedig van die kant van die predikers die dwaling erken word waarin hulle hulleself bevind. En hulle sou dan ook meer moeite doen om na hulle innerlike stem te luister, wat hulle anders sou onderrig.
Maar alle mense het die moontlikheid om die verkeerde in die woord van My te herken, want die Liefde verlig hulle gees en neem slegs die rein onvervalste waarheid aan. `n Mens kan dan nie meer verkeerd dink as hy deur die innerlike lig van die Liefde verlig is nie. Eers dan ontdek hy waar die dwaling oral ingesluip het en waar die teenstander kon werk, omdat die lig van die liefde by die mense ontbreek. Dan weet hy ook dat die mens met sy verstand geen geestelike probleme kan oplos, wanneer sy gees hom nie ondersteun nie. En hy weet dan ook waarom steeds weer verbeteringe nodig is in vorm van nuwe openbaringe, wat Ek die mense altyd weer opnuut laat toekom. Ek sal My altyd weer aan die mense openbaar wat My liefhet en My gebooie onderhou, want dit het Ek beloof.
Want op één verkeerde gedagte volg tallose ander, en ten slotte bly `n verwronge beeld van My oor, teenoorgesteld van `n goeie, bomate liefdevolle God Wie u aller Vader wil wees. En omdat u al baie verkeerde leerstellinge aangeneem het, is `n God van liefde u vreemd. Hy is nog ver van u verwyder en u herken Hom nie as Vader nie. Daarom sal u ook geen moeite doen om nader aan Hom te kom nie, en wat u van Hom verneem, laat uself eerder van Hom vervreem.
Maar Ek wil u liefde wen en benut daarom elke geleentheid om tot u te spreek. En as dit nie op `n direkte manier kan gaan nie, dan probeer Ek dit deur mense, wat My gees in hulleself werksaam laat word wat u, of My woord regstreeks laat toekom, of self in `n suiwer denke verkeer, om u volgens die waarheid te onderrig. Want dit is van die grootste belang dat u tot die regte denke gelei word, sodat u sal weet wat u kan aanneem of moet afwys.
Maar glo nie dat u die waarborg het van `n suiwer denke wanneer u u kennis skep uit die "boek der boeke" (die Bybel) nie - Waar Ek die wil van die mens nie onvry kan maak nie, kan Ek ook nie verhinder as hy na eie goeddunke die gedagtes wat hy uit die boek put, probeer verwerk, en meestal verkeerd uitlê nie.
Want in alles wat Ek gespreek het, is altyd `n geestelike sin verborge, maar hierdie sin kan slegs ingesien word deur die gees in die mens, en dit word egter alleen tot lewe gewek deur die liefde. En eers dan word die mens gelei in alle waarheid, net soos Ek dit steeds weer beloof het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205