Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

KAN DIE CHRISTELIKE KERKGENOOTSKAPPE ÉÉN WORD?
B.D. 8687 - 28 November 1963
Solank die mense nie kan besluit om die Christelike leer te suiwer van alle menslike bysake nie, solank elke kerkgenootskap, wat die ernstige wil het om heeltemal in die waarheid te wandel en elke dwaling uit die weg te ruim, solank sal die eenwording van die kerke ook nie tot stand kom nie. Want slegs in die suiwer waarheid kan die verskillende belydenisse (geloofsleringe) mekaar ontmoet - en dan sal hulle één wees.
Maar tog is geen enkele rigting bereid om iets van haar leerstellings prys te gee nie. Meestal volhard hulle juis in die valse leerstellings. En solank hulle maar net hulle verstand laat spreek, is hulle vanuit hulself nie in staat om onderskeid te maak nie. En die opvallende is, dat daar geen geestesrigting is wat die werk van die Gees erken, wat die werk van God in die mens bely en wat alleen op hierdie wyse die verworwe kennis erken nie. Die kennis wat uit die verstand voortkom, het alleen vir hulle waarde en hulle kan hulle nou nie meer daarvan losmaak nie.
Dus is die kenmerk van die kerk wat Ek self op aarde gestig het, slegs selde te vind as bewys van die geloofwaardigheid en die waarheid van dit wat steeds verkondig word. Juis dit wat die waarheid verseker, ontbreek by die kerklike organisasies, want anders sou hulle altyd te vinde gewees het vir dieselfde waarheid en alle onenigheid sou dus uitgeskakel gewees het.
En so moet daar, tot die mens se grootste leedwese, vasgestel word dat die suiwer waarheid nêrens meer te vinde is waar mense hoop om geestelike kennis in ontvangs te neem nie. Dit moet gesê word dat daar oral nog maar net `n dun draadjie deurloop, wanneer die gebooie van die liefde tot God en die naaste aangeleer word, dat hierdie swak glimpsie van die stukkie onderrig egter ruimskoots voldoende sou kan wees om tog die waarheid vir die mens toeganklik te maak - omdat die nakoming van hierdie gebooie van die liefde ook die inwerking van God in die mens verseker, en dan word die mens van binne af onderrig en is hy dan sekerlik goed in staat om te onderskei wat waarheid en wat dwaling is.
Maar tog het die suiwer leer van die liefde bly bestaan as goddelike leer, en daardeur het nog elke mens die moontlikheid om in die waarheid te lewe as hy hierdie leer maar opvolg. Dan sal hy ook weet dat al die ander mensewerk is en slegs tot verkeerde veronderstellings lei, dat dit maar net `n aardse uiterlike vorm is van dit wat geestelik van die kant van God van die mens verlang word.
Die mense is egter nie van plan om `n algehele suiwering van die bouwerk uit te voer nie, wat hulle vir hulself in `n toestand van geestelike blindheid opgerig het. Geen geestesrigting laat sy leerstellings en voorskrifte los nie - en so bly elke geloofsgemeenskap `n suiwer wêreldlike organisasie, solank hulle uiterlike gebruike en gewoontes voorstaan, wat alleen as sinnebeelde beskou kan word waaraan die korrekte verklaring egter ontbreek.
En tog is hulle almal heeltemal oortuig van hulle eie geestesrigting. En juis dit is die onheil, want hulle beken daardeur hulle liefdelose gesindheid wat hulle verhinder om die waarheid in te sien, asook hulle onverskilligheid en onverantwoordelikheid teenoor die siele van hulle gelowiges. Want elke mens wat in die liefde leef, sal die waarheid so hoog aanslaan, dat hy hulle ook ernstig daarvan sou wil oortuig of hy in die waarheid wandel. En reeds `n ernstige vraag na, en gebed om die waarheid, sal vir hom die lig van die insig oplewer.
Daar word egter twyfel aan die waarheid in die kringe aangetref, wat hulself as leiers van die mense toegevoeg het, wat self `n leraarsamp aanvaar het en uitoefen! Waar is eintlik nog die ernstige verlange na die waarheid aan te tref? Waarom stel byna geen mens meer die belangrikste vraag; wat is waarheid, en is ek self in die besit van die waarheid nie?
Iedereen verdedig met `n sekere onversetlikheid dit, wat hyself aangeneem het, en hy neem geen eie standpunt in daaroor nie. Hy glo egter om “vroom” te wees as hy alles sonder teenspraak aanneem wat aan hom deur mense oorgedra word. Elke eie verantwoordelikheid skud hy van hom af. Hy laat nóg sy eie verstand, nóg sy hart aktief word - om die waaragtigheid te beproef van dit, waarvoor hy weer moet instaan.
Hy sondig selfs teen die Gees. Want dit is in hom en hy moet alleen gewek word deur die liefde om hom dan ook te kan uiter - omdat dit helder en duidelik in hom word, sodat hy eg wys kan word, omdat hy die lig van My self mag aanneem - wat aan hom die suiwerste insig skenk. Waarom bevind so min mense hulle egter in hierdie klaarblyklike skyn van insig? Waarom verdedig die meeste mense geestelike goedere wat so ongeloofwaardig is wanneer dit aan `n ernstige toets onderwerp word?
Waarom neem die mense genoegdoening met leerstellings wat waarlik nie van My uitgegaan het nie, en waarom neem hulle nie die kostelike geestelike gegewe uit My hand aan nie, wat elkeen kan vra en ontvang waar dit ernstig om die besit van die suiwer waarheid gaan - en wat sy lewe in liefde na My, hom ook direk met My in verbinding kan stel, om regstreeks deur My onderrig te word?
Dit is omdat by u mense, al die kennis oor die “werk van My Gees in die mens” ontbreek. En dit alleen bewys al dat u nie juis onderrig ontvang het nie. Dat ook in hulle onderrig die kennis ontbreek en hulle derhalwe in hulle amp van leraar nie deur My aangestel is nie. Want wie Ek opdrag gee om `n leraar vir die mense te wees, voorsien Ek ook van die korrekte lering. Dit ontbreek julle wat julle egter bevoeg voel om aan die hoof te staan van `n geestelike rigting of belydenislering, en as “leier” aangesien te word.
U is nie deur My aangestel nie en u sal nooit u medemens vertroud kan maak met die waarheid nie, omdat u Haar self nie besit nie, en u ook niks doen om Haar in u besit te kry nie.
En daarom, slaan ag op wat Ek vir u sê: Slegs waar die werk van My Gees in `n mens sigbaar is, alleen daar is die ware kerk, wat Ek self op aarde gestig het - en dit is nie aan die buitekant te herken nie. Maar dit omvat lede uit al die verskillende kerklike gemeenskappe, en uit verskillende geestesrigtings. Want hulle het `n lewende geloof wat hulle deur `n lewe in liefde verkry het.
Hulle weet ook dat My kerk hom nie na die buitekant toe aanbied nie, maar daarenteen die innigste band met My self waarborg, wat Ek dan ook die waarheid gee, naamlik `n helder insig op geestelike gebied. En dit ontbreek diegene wat nie tot hierdie kerk behoort nie, wat hulle nie kan losmaak van `n geestelike leer, wat nooit van My afkomstig kan wees nie, maar menslike toevoegings is van My teenstander self, wat altyd teen die waarheid sal ingaan - maar nooit erken sal word deur hulle wat hulle in liefde en geloof aan My toevertrou het nie.
En so sal u ook begryp dat die één word van al die Christelike geloofsgemeenskappe nooit tot stand sal kom nie, omdat elkeen by haar eie lering wil bly wat hulle tot nou toe voorgestaan het. Die stryd van al hierdie belydenisse gaan altyd net oor verkeerde geestelike opvattings, en elkeen is angsvallig daarmee besig om hierdie verkeerde menings te verdedig, omdat hulle dit nie wil opgee nie.
Dog die Waarheid alleen kan tot saligheid lei en slegs hulle wat hierdie Waarheid ernstig begeer, sal haar ook ontvang, sodra hy regstreeks die weg na My inslaan en ernstig na My daarom bid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205