Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

SKYNGODSDIENSTE
B.D. 8829 - 13 Julie 1964
Hoe nodig dit is om aan u duidelikheid te gee oor die misvorming van die leer wat oorspronklik van My was; volg hieruit dat die mense vir die grootste deel net ag slaan op wat van die kant van mense toegevoeg word - terwyl hulle geen aandag aan My leer skenk nie. En steeds weer moet Ek nadruk daarop lê, dat alleen die leer van die liefde die inhoud van My evangelie uitmaak. Want sodra u weet dat die hele doel van u lewe die omvorming tot liefde is, sal u ook die betekenis van My liefdesleer begryp en u losmaak van alle seremonies, wat in My Oë juis maar net seremonies is - uiterlikhede, waar generlei waarde aan gegee kan word nie.
Hoeveel tyd verspil die mense nie met `n skyngodsdiens, wat hulle alles slegs uit gewoonte verrig en waar die totale geestelike vervlakking nie meer te verloën is nie, terwyl hulle geen aanstaltes maak om die ware liefde te beoefen nie; en dit is die enigste gebod wat Ek aan die mense geleer het toe Ek op die aarde geleef het. En dat dit so is, sien mens aan die feit dat die liefde onder die mense verkoel het.
Watter nut het so `n godsdiens nou vir u, as u maar net gebooie uit plig nakom wat Ek nie kan waardeer nie. Bowendien glo u nog om allerlei liefdelose handelinge goed te maak deur `n yweriger kerkbesoek - en die vervulling van allerhande menslik uitgedinkte handelinge.
U glo juis om te dink en te handel en gaan tog so in dwaling, omdat daar geen mens onder u te vinde is wat na die stem van die Gees luister nie. Want u staan onder vyandelike invloed wat probeer om u af te hou van u eie nadenke, waardeur u nie in die waarheid kan deurdring nie, terwyl u leiers van mense so pretensieus is, dat hulle die Gees verhinder om in hulle werksaam te wees. Want as `n mens, wat hom aan My oorgegee het, hulle sou wil onderrig, spreek hy heeltemal teen julle sisteem. En u veroordeel dan so `n mens as `n ketter, wat egter in werklikheid My dissipel is, wat geroep is om die waarheid onder die mense te bring en wat Ek as opnamehouer uitverkies het om die waarheid aan u te verkondig.
U mense, moet u slegs tot liefde omvorm, u moet die eieliefde bestry en steeds die naasteliefde beoefen. U sal dan `n seën ondervind wat alles sal oortref en u denke sal korrek wees. U gees sal u van binne-uit onderrig en u sal u dan vanself losmaak van alle foutiewe opvattings. U sal u dan meer dikwels in die stilte terugtrek en meer seën daarvan ondervind as van `n diens, soos u dit nou verrig.
Wie egter in die liefde leef, sien ook die dwaling as mensewerk in. Tensy hy so sterk en lewendig daarin glo, dat Ek ook die “geloof” nie tot niet laat gaan nie, omdat sulke mense deur hulle geloof so diep met My verbonde is en daarvan uit alles wil doen wat hulle dink wat goed is voor My Oë. Dan beoordeel Ek hulle volgens die graad van hulle liefde en skenk hulle bliksemsnel insig by hulle afskeid van hierdie aarde.
Dog sulke mense is maar selde daar, die meeste hou hulle nog maar aan hulle ou gewoontes, maar hulle geloof is dood. Hulle kan ook nie tot lewe kom nie, omdat hulle liefde ontbreek, wat die geloof eers lewend maak. En of Ek van Bo af steeds alleen die liefde preek, help nie, want die mensdom is sonder geestelike insig en dus hoor hulle ook nie wat Ek vir hulle te sê het nie. Daarom sal hulle ook ondergaan op die dag van die oordeel, omdat geen mens sonder liefde kan salig word nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205