Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

“AAN WIE JULLE DIE SONDE SAL VERGEWE”
B.D. 6709 - 8 Desember 1956
As u slegs die woorde van die Skrif letterlik opneem, sal baie daarin vir u onbegryplik wees of u sal die woorde verkeerd uitlê. Want die letter maak dood - en die gees maak lewend. Dus moet mens `n verligte gees hê om die sin van die woorde wat Ek gespreek het, toe Ek oor die aarde gegaan het, te begryp en uit te lê. My dissipels het My begryp, want elke woord wat uit My Mond gekom het, was ook deur My Gees aan hulle onthul. Want hierdie hulp moes Ek aan hulle gee omdat My Gees voor My kruisdood, nog nie so werksaam in hulle kon gewees het nie, as na die volbringde verlossingswerk.
Nou is dit egter vir elke mens moontlik om die werk van My Gees in hom toe te laat as hy bewustelik die barmhartigheid van die verlossingswerk benut, as hy homself nou deur die liefde so ontwikkel dat hy `n opnamehouer van My Gees word, wat hom dan sal onderrig en in die waarheid binne sal lei soos wat Ek dit beloof het. Hierdie mense sal dan ook die sin van My woorde verstaan: “Aan wie julle die sonde sal vergewe, dit is hulle vergewe, en aan wie julle dit laat hou, dit word teen hulle gehou.”
Ek het hierdie woorde tot My dissipels gespreek, van wie Ek geweet het dat hulle na die uitstorting van My Gees, helder en duidelik die aard van die mense sou sien wat tot hulle sou kom met siektes van allerlei soort, omdat hulle belaai was met skuld. Ek het geweet dat hulle by My dissipels genesing sou soek, en Ek het geweet ook wie van hulle hulle deur sy eie skuld belas voel - en wie alleenlik van sy siekte genees wil word.
En dit alles het My dissipels ook geweet; diegene wie se gees verlig was en wat nou geheel My Wil aanvaar het, wat geheel volgens My Wil wil gelewe en gehandel het. En dus het My Gees hulle ook instruksies gegee toe hulle hulle amp na My dood uitgeoefen het en My leer in die hele wêreld versprei. Ook hulle sien nou wie vergewing van sonde, - genesing van siektes waardig was, en wie nog so diep in die sonde vasgekluister is, sodat hy die sonde nie wil vermy nie, maar slegs van sy siektes genees kan word. Ek gee dus met hierdie woorde alleenlik aan die dissipels die belofte dat hulle die toestand van die mense juis so sou insien en presies so sou handel soos die Gees uit My aan hulle dit bekend gemaak het.
Dus `n ware dissipel, iemand wat deur `n korrekte lewe in die liefde tot `n opnamehouer van My Gees geword het, is `n mens in wie Ek nou ook Self kan werk deur My Gees, wat ook verlig sal wees en My woorde volgens hulle betekenis kan uitlê.
En My woord het ook sy geldigheid behou, naamlik dat die mense steeds weer vir hulle gebreke genesing sal vind wat aan My berouvol hulle sonde bely het. Wat hulle in die geloof aan My self of hom aan `n dienaar toevertrou wat met My Gees vervul is, soos dieselfde dienaar egter ook deur innerlike onderrigting insien waar dit die berouvolle innerlike bekentenis aan skuld ontbreek, en waardeur dan ook geen genesing kan plaasvind nie.
Ek het hierdie woorde tot My dissipels gespreek. Tot hulle, wie se harte Ek geken het en wie se bereidwilligheid om My Gees te ontvang hulle ook geskik gemaak het as My apostels om die wêreld in te gaan en My evangelie te verkondig aan alle volkere. En dieselfde woorde geld dus ook vir hulle opvolgers.
Ek verstaan egter onder opvolgers diegene, wat in lewenswandel, in die eie vorming tot liefde, in dieselfde geestelike rypheid die voorwaardes geskep het wat die werk van My Gees in hulle toelaat. Nooit is dit egter bedoel dat hulle almal maar op dieselfde plek neergeplaas sal word nie, sonder om ooit die uitstorting van My Gees aan hulle, of oor hulle te ondervind nie. Hierdie laasgenoemdes kan dan ook nie My woorde as tot hulle gerig aanneem nie - en hulle sal daarom ook “nóg sonde kan vergewe, nóg sonde laat behoue bly”.
Bedink welke sinnelose verdraaiing van My woorde daar ontstaan het deur `n leer, soos dit nou aan die mense aangebied word. Dat mense hulle aangestel voel om hulle medemens se sonde te vergewe of nie. Mense by wie dit aan elke geestelike rypheid ontbreek soos te sien aan die merkbare werking van die Gees. Slegs selde kan My Gees Hom duidelik by hulle openbaar, omdat `n diep liefde en `n lewende geloof daarvoor nodig is.
Maar duisende en baie duisende vergewe sonde en glo, dat hulle die voorreg daartoe van My ontvang het. Waar My Gees egter aan die werk is, probeer hulle om dit te verhinder. Waar die suiwer waarheid duidelikheid probeer gee, word die werk van Satan voorop in die plek daarvan gestel, wat weer bewys watter geestelike blindheid daar heers waar die mensdom self sy heil soek.
Maar die duisternis is reeds so diep daar, dat daar geen lig opgevang word nie. Die liefde kan steeds aan die mense gepredik word, want slegs `n lewe van liefde ontsteek `n lig, en alleenlik `n mens wat deurgloei is van liefde, herken die waarheid, en deins dan terug vir sulke dwaalleringe. Sonder liefde is elke woord vergeefs, dit word nie begryp nie, maar steeds word sy betekenis verdraai. Die liefde alleen bring verligting van gees, slegs die liefde gee insig in My woord.
En eers as u deur die liefde tot ware dissipels geword het, kan u uself ook as opvolgers van die vroeëre dissipels beskou. Dan sal u ook `n verligte gees hê en aan die waaragtige berouvolle sondaars die sekerheid van die vergewing van hulle skuld kan skenk, omdat u dan ook sal weet dat Ek Myself oor elke sondaar bekommer en hom vergewe wat in berou en skuldbewussyn na die kruis kom. En Ek sal waarlik ook hulle liggaamlike gebreke genees.
Ek sal aan die dienare wie se gees ontwaak het, groot krag verleen en so sal vervul word: “Vir wie julle die sonde sal vergewe, dit sal hulle vergewe word, en vir wie julle die sonde hou, dit sal vir hulle gehou word.” Want dit is My Gees, wat in hulle werk.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205