Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

REINIGING VAN DIE MISVORMDE LEER VAN CHRISTUS
B.D. 8676 - 17 November 1963
Die ontvangs van die woord op dié wyse soos dit nou plaasvind, deurdat Ek die suiwer waarheid na die aarde bring, ontleen sy besondere aanleiding aan die baie erg verontreinigde leer wat as die “leer van Christus”, op aarde verkondig word. Dit is nie meer die suiwer evangelie, soos dit van My af deur Jesus aan die mense op aarde gebring was nie. Sy woorde was aan baie veranderinge blootgestel, baie daarvan word nie meer korrek begryp nie en baie word ook verkeerd uitgelê.
Met verloop van tyd het die woord wat as “My woord” bestempel word, teenoorgestelde menings na vore gebring, en daardeur het weer skeurings ontstaan onder hulle wat slegs die waarheid van hulle eie opvattings voorstaan. woorde met `n geestelike betekenis word aards uitgelê, en daaraan hou die mense nou met hardnekkigheid vas, omdat hulle eenvoudig nie meer die geestelike bedoeling daarvan kan begryp nie. Daardeur word `n bouwerk van geloofstellings opgerig, wat in sy lering geheel afwyk van dit, wat Ek self aan die mense gebring het toe Ek op aarde geleef het. Dit alles het tot gevolg dat baie mense gladnie meer geestelik aanspreekbaar is nie, omdat hulle verstand weier om die leerstellings aan te neem wat hulle as `n kennelike misvatting aansien, wat ook in die waarheid binnegesluip het - en maar net deur fanatici as waarheid verdedig word.
En so `n misvaormde leer moet gereinig word, as daar vir die mense nut vir hulle siele daaruit moet voortkom. En hierdie bedoeling lê dus aan My hernieude regstreekse openbaring ten grondslag, wat deur elke bereidwillige mens as goddelike openbaring herken kan word. Maar ook slegs die bereidwillige mens sal dit aanneem en hom weer in die besit van die suiwer waarheid stel - en hy sal dan ook kan insien waarmee die mense hulself tot nou toe vergis het.
Die proses van die stuur van die suiwer waarheid en die regstelling van verkeerde leerstellings kan egter ook weer net op `n natuurlike wyse plaasvind. Ongewone tekens daarby mag nie beslissend of dwingend op die geloof van die mense inwerk nie. Daarom is hierdie opdrag ook nie met seldsame verskynsels verbonde nie. Op die mees natuurlike wyse vind die oorbringing vanaf Bo plaas, deurdat `n mens met sy “geestelike oor” verneem wat Ek self tot hom spreek. En hy skryf maar net My woord neer soos wat hy dit van My af ontvang het.
Sodoende is daar nou ook bewyse voorhande en aan niemand kan dus verwarde denke, selfverbeelding of bewuste skrywersarbeid toegedig word, waarmee hy trag om die medemens te mislei of te verbluf nie. Dat die ontvangs van geestelike boodskappe voorkom, kan nie ontken word nie, omdat die skriftelike bewyse daarvoor, voorhande is. En tog het elkeen die moontlikheid om hierdie openbaringe as geloofwaardig aan te neem of af te wys, omdat hy sy geloofsvryheid behou.
Maar dit is dringend nodig dat verkeerde geestelike opvattings, wat ingesluip het in die denke van die mens, belig en as vals verwerp word, en wat vir die ontwikkeling van die siel as nutteloos en gevaarlik uiteengesit word. Want nooit kan enige dwaling tot My lei nie, Ek, wat die Ewige Waarheid is. Dus bevind die meerderheid van die mense hulle op `n weg wat van My af wegvoer, en hulle moet duidelikheid ontvang, vooropgestel dat hulle dit verlang en bereid is om dit aan te neem.
Ek sal die opdrag van diegene wat Ek daarvoor uitgekies het, ook op elke wyse ondersteun. Want dit is `n noodsaaklike teen-aktiwiteit teen die werksaamheid van My teenstander, wat steeds teen die waarheid sal stry om haar met dwaling te probeer vermeng; om sodoende die mense te verhinder om tot die lig van insig te kom.
Daarom sal Ek ook iedereen seën wat hom in die opsig sal besighou met die gewigtige taak, dat hy die geestelike goed wat Ek na die aarde stuur, probeer versprei onder sy medemens. Want die waarheid is `n “Lig” wat almal sal verlig wat die korrekte weg wil gaan na My toe, na hulle Vader van die Ewigheid, wat egter nooit deur onware leerstellings gevind kan word nie. Daarom moet daar teen die dwaling gestry word, net soos teen hom, wat alle dwaling in die wêreld gebring het.
Maar steeds sal die waarheid veld wen, waar in die harte van die mense, `n verlange daarna aanwesig is. Want die verlange bewys dat daar ook `n verlange na My Self is en om vry te word van hom - wat hom in die duisternis van sy gees sou wil hou. Aan hulle moet die suiwer waarheid gebring word, en die leer van Christus, soos dit nou aan die mense gepredik word, moet daarom gereinig word en My woord moet weer in alle suiwerheid vir die mense toeganklik gemaak word, sodat hulle deur die waarheid salig kan word, want slegs uit My is die waarheid en slegs die waarheid voer weer tot My terug.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205