Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

GOD IS NIE IN DOOIE MATERIE NIE
B.D. 4519 - 21 Desember 1948
Begryp tog dat Ek My nie nou begrens kan ophou in `n spesiaal daarvoor bestemde beker, of in aardse materie, op bepaalde plekke en vasgestelde tye nie. Inteendeel, Ek is oral waar `n hart haarself gevorm het tot liefde. Slegs `n liefderyke hart kan haar daarop beroem om My in haar te hê en deur My teenwoordigheid verbly te wees; want My oersubstansie is liefde en dus kan Ek ook net vertoef waar liefde haar uitdrukking gee.
Nooit kan `n verganklike beker egter `n draer van My ewige Gees wees nie. Hierdie mening is maar net `n gedagteproduk van geestelik blinde mense, wat vir hulleself `n totaal verkeerde beeld gevorm het van My Wese; wat wel die hele oneindigheid vul en dus oral teenwoordig is, maar Hy sal Hom nooit ophou in `n begrensde kelk nie - soos wat dit aan die mense geleer word. Wat dink die mensdom van My, die Ewige Godheid?
Van watter geestelike armoede getuig so `n geloof en hoe ver word die mens nie van die waarheid af weggehou nie deur leraars, wat self verkeerd onderrig is?
Hoe kan `n Gees, waardeur die oneindigheid beheer word in `n materiële vorm bly? `n Vorm, wat soos die geestelik ontwaakte mens weet, die geestelike in haarself berg, maar wat nog op `n baie lae trap van ontwikkeling staan. Wanneer Ek egter vir die hart van `n mens `n onderskeid maak met My teenwoordigheid, dan stel Ek My in verbinding met die laaste stadium van ontwikkeling van die aanstaande geestelike. Ek vul in `n sekere sin die siel met die krag van My liefde, die uitstroming van My self. En aan diegene wat volgens die mate van bereidheid kan liefhê, word die toevloeiing van krag vergroot en sy vul gevolglik die hele hart. Dus is Ek self nou ook in die mens aanwesig; Ek neem besit van hom, soos wat hy egter ook My in alle oorvloed in hom dra.
Wat sou My kan beweeg om Myself in `n dooie voorwerp, soos wat My weerspannige geestelikes is, mee op te hou? My teenwoordigheid sou elke vorm laat wegsmelt as dit deur My liefdeskrag deurstroom sou word, en elke regdenkende mens sal die dwaasheid van die denkbeeld insien - en sulke dwaalleringe verwerp.
Die mense het meestal dom opvattings en hulle laat hulle nie onderrig nie, maar hou vas aan dit wat van hulle gevra word om te glo. En so bewys hulle `n enorme verering aan `n dooie voorwerp, waaraan hulle self `n betekenis toegeskryf het - dat dit My moet voorstel, die hoogste en vereringswaardigste Wese.
Slegs `n suiwer mensehart, wat in staat is om lief te hê, is die tempel waarin Ek My ophou, en daarom is dit nie nodig om My te soek op bepaalde plekke - op vasgestelde tye - of in `n bepaalde vorm nie. Maar elke mens moet hom gereedmaak om as opnamehouer te dien, waarin Ek wil bly. Elke mens moet van sy hart, `n hart vol van liefde maak, dan sal Ek as die Ewige Liefde by hom My intrek neem. Hy sal My dan oral en te alle tye kan aanbid en vereer en Ek sal dan altyd by hom wees, want My Gees sal Hom met syne verenig - omdat Ek self in hom is.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205