Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

VERANTWOORDELIKHEID VIR DIE AANNEEM VAN DWAALLERINGE
B.D. 4740 - 16 September 1949
Die mense maak hulle te moeilik los van die kennis wat aan hulle vanaf hulle jeug onderrig was, en wat hulle daarom nie as verkeerd wil opgee nie. Sonder om na te dink, het hulle hierdie kennis aangeneem en omdat hulle nie vir hulle opvoeding verantwoordelik is nie, kan hulle vereers ook nie verantwoordelik gehou word vir die aanneem van verkeerde leerstellings nie.
Maar sodra hulle hulle verstand self kan gebruik, is dit ook hulle plig, om alles wat hulle op geestelike gebied geleer was, in waarheid te ondersoek. Hulle sal hulle moet verantwoord of hulle ook hulle verstand gebruik het, sodra hulle bekwaam is daarvoor. Hulle mag nie elke opvatting as die waarheid beskou, sonder `n behoorlike ondersoek nie. Net so min as wat hulle hulleself kan regverdig met die bewering dat hulle, - aan die kennis wat hulle verkry het - niks daaraan kan gedoen het as hulle hierdie kennis die waarheid beskou het, gedurende hulle aardse lewe vir nie.
Hulle vergeet dat hulle self vir hulle siele verantwoordelik is. Hulle vergeet dat Ek hulle nie straf nie, maar dat hulle hulself straf, dit wil sĂȘ, dat hulle steeds in `n onvolmaakte toestand bly waarin hulle nooit salig sal kan word nie. Maar Ek kan hulle nie uit hierdie toestand verlos nie, omdat hulle hulle vrye wil aan die werk moet sit om hiervan los te kom. Hulle het hulle wil egter nie goed gebruik nie, anders sou hulle hulle verstand laat werk het om die opvattings te ondersoek. Hulle bly passief en laat in `n sekere sin iets aan hulle opdring, wat hulle ook kon verwerp het as hulle wou.
As die mense nou vir hulle siele verantwoording moet doen, word daarmee bedoel dat hulle hulle skuld moet insien, dat hulle hulle onsalige toestand self veroorsaak het en dit juis sal insien en hulle eie nalatighede moet toegee. Dat hulle hulleself dus nie kan vryspreek, ten koste van diegene wat hulle verkeerd onderrig het nie. Hierdie lerare moet hulleself ook eens wel verantwoord, na gelang van hulle skuld. Maar wie hierdie dwaalleringe aanneem, is nie vry te spreek van skuld nie, want Ek het die mens verstand gegee, wat hy in die eerste plek vir sy sieleheil moet benut.
Hulle wat nou werklik met die waarheid te doen het, hou hulle ook daarmee besig en hulle sal haar ook vind. En elke onderrig wat die mense aangebied word, moet ondersoek word as dit aanspraak maak op waarheid. Dus het elke mens ook die plig om die verskafte opvattings, wat hom aangebied word, met ander leerstellings te vergelyk. En die ware wil om te ondersoek, sal ook goeie resultate oplewer. Maar soos wat die mens hom instel, wanneer die waarheid deur My Wil aan hom gebring word; so is die toestand van sy siel ook na sy dood, vol van lig of duisternis. Want slegs die waarheid verlig die siel, terwyl die dwaling die siel in die duister laat bly waarin sy in die begin van haar aardse loopbaan as mens versmag het, wat sy egter baie maklik kon ontvlug het - as sy haar wil op die korrekte wyse sou benut het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205