Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

TOELATING OP GEESTELIKE GEBIED
B.D. 4733 - 7 September 1949
Toelating op geestelike gebied is misplaas as dit daarteen gaan: Om die waarheid te verdedig, dwaalleringe in `n helder lig te plaas en teen die leuen te stry. Dan moet die regte weg gevolg word. Daar mag geen toegewings teen eie oortuiging in gemaak word nie, sodra `n mens in My opdrag werksaam is en hy ook deur My in die waarheid onderrig word.
Die waarheid is en bly egter steeds dieselfde. En as Ek `n mens Self onderrig, dan is hy ook in staat om iets met sy verstand te motiveer, wat hy as waarheid aan sy medemens voorhou. Is die mening van die mense egter nie in ooreenstemming met hierdie uitleg nie, dan mag die verdediger van die waarheid uit My, nie ter wille van verdraagsaamheid toegee nie. Hetsy die opvatting van die mense ook goed te vind is teen sy innerlike oortuiging in.
Dit sou ook louheid wees in die arbeid vir My en My Ryk, wat die mense die reg gee om te twyfel, sowel aan die sending, as aan die herkoms van die geestelike waardes, wat nie met die ywer verdedig word soos wat `n goddelike barmhartigheidsgawe verdedig moet word nie.
Daarom kies Ek sulke mense wat `n sterk wil het, vir My tot “draers van die waarheid”, maar wat ook verstandelik vir My woord kan opkom. Wat nóg die wêreld, nóg My skynbare teenstanders vrees. Ek kies moedige stryders vir My, omdat hulle vir My stry met die “swaard van die mond” daar waar gevaar is dat die waarheid verdraai kan word.
AMEN

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205