Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

HOE LANK HET DIE LEER VAN CHRISTUS SUIWER GEBLY?
B.D. 8890 - 5 Desember 1964
Ek neig My self tot u wat deur My aangespreek wil word, wat vrae by uself oordink wat net Ek vir u kan beantwoord. Die vraag is al dikwels na vore gebring hoe lank die leer van Christus suiwer gebly het, en deur watter oorsake dit verontreinig is? En Ek het u steeds so ingelig, dat dit suiwer gebly het, solank as wat `n direkte inwerking op die gees van My kant moontlik was. Dit moes dus begryplikerwys verander het toe mense met `n onverligte gees die leiding oorgeneem het. Mense, wat nie regstreeks deur My onderrig kon word, in wie My Gees nie kon werk nie.
Die eerste dissipels en ook hulle opvolgers was innig met My verbonde, hulle was dus nog onder die indruk van My kruisdood. Want, al het daar ook `n langer tyd daarna verloop, My kruisdood was so `n geweldige gebeurtenis waarvan die eerste dissipels getuig het, dat hulle daardeur ook baie aanhangers gevind het wat die goddelike liefdesleer aangeneem het en hulle ingespan het om net so in die liefde te leef. Hulle het daardeur ook die geloof in die goddelike Verlosser aangeneem en het daarmee die opwekking van hulle gees bereik.
En so lank het My leer ook suiwer gebly, so lank was hulle geloof lewend en kon My eerste dissipels ook steeds weer apostels oplei en hulle met die opdrag die wêreld instuur – om die evangelie van die liefde te verkondig. En elkeen van hierdie afgesante het onder My direkte invloed gestaan. Hy het steeds maar net deurgegee wat hy deur die stem van die Gees in homself gehoor het, wat hy moes sê - omdat hy met die Gees van God vervul was.
Die verwatering van My leer het ook nie skielik gebeur nie, die een het uit die ander voortgekom toe die een of ander nie geskik was vir die amp nie, maar homself daartoe verhef het, of deur diegene wat daarvoor gekies was - wat net so onverlig van gees was. Want mettertyd het daar uit die aanvanklike gemeentes groter afdelings ontstaan, wat steeds weer ondergeskik was aan `n magtige persoon, wat homself dikwels self daartoe aangestel het, omdat hy oor kennis beskik het wat by die ander broers ontbreek het, maar wat geen aanspraak kon maak op `n geestelike kennis nie.
En so was `n gebou opgerig wat aanvanklik nog deur goeie mense gelei was, maar steeds meer wêreldse vorme aangeneem het, omdat hierdie mense hulle opdrag wel in die verbreiding van die evangelie gesien het, maar wat ook wêreldse doeleindes nagestreef het. Hulle het nie meer die “kentekens van My kerk” besit nie, naamlik die innerlike verligting deur die Gees, sodat hulle ten slotte nog maar net die dooie letter in ag geneem het - maar nie meer op `n lewende geloof kon bou nie.
Die kerk wat Ek self op aarde gestig het, het nie verander nie. Dit bestaan ook vandag nog uit die wat `n lewende geloof in My het en in wie My Gees kan werk. Van hulle kan Ek sodoende hulle gedagtes rig, juis omdat hulle `n lewende band met My het. En hierdie kerk het hulle deur al die tye heen staande gehou. Dit het te midde van groot organisasies bly bestaan, omdat dit lede van alle belydenisse omvat het wat lewend in hulle denke, wil en handeling was.
Dus kan daar nie `n bepaalde tydsbestek opgegee word, hoe lank dit suiwer gebly het nie. En Ek sê steeds weer vir u dat Ek beskou alleen die mense behorend tot My kerk, die wat hulle wetend met My verbind en in voortdurende gemeenskap met My lewe, wat in My glo en met wie Ek dus ook kan spreek deur die gees. En oral en in alle belydenisse was daar mense met wie Ek in `n innige gemeenskap gestaan het, oral kon Ek My openbaar en hulle binne neem in diep kennis in. Maar of hulle erken was as ware opnamehouers (oop harte) vir goddelike openbaringe, dit bepaal die geestestoestand van die mense self - wat hulle in die eerste plek as staande gewaan het (in die waarheid), maar al baie ver van die waarheid verwyderd was.
Die getal van My ware dissipels het ook nou weer bedenklik klein geword. Maar ook nou nog stuur Ek hulle uit om aan die volkere die evangelie te verkondig, die evangelie van die liefde, omdat deur liefde alleen die mense aan My kan bewys dat hulle tot My “kerk” behoort - omdat My Gees ook dan in die mens kan werk wat die sekerste teken is van lidmaatskap van My kerk.
Slegs hulle wat in die liefde leef, maar dan ook net hulle, sal die Hemelryk verwerf. Slegs aan hulle kan Ek die waarheid laat toekom en slegs vir hulle inwy in My plan van die ewigheid.
Want dit gaan oor baie gewigtiger sake as net oor die inagneming van kerklike gebruike en handelinge, wat die menslike siel geen enkele vooruitgang oplewer nie. Dit gaan oor die lewe van die siel, wat sy slegs met die deurwerking van liefde en `n lewende geloof kan bereik. En net dit het Ek aan My eerste apostels opgedra om aan hulle medemens te verkondig, en Ek het elkeen in My kerk opgeneem wat hulle aan hierdie gebooie gehou het. En ook tot vandag toe nog geld dieselfde gebod: “Jy moet God liefhê bo alles en u naaste soos uself’
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205