Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DIE LETTER MAAK DOOD - DOOIE VERKONDIGERS VAN DIE WOORD
B.D.7884 - 3 Mei 1961
Dit is die gees wat lewend maak, en elke letter wat met `n onontwaakte gees gelees word, maak dood. Dit sal dan selfs vir die mens onbegryplik bly, as sy verstand, nog so ingespan, probeer om die betekenis daarvan te deurgrond. En dit is wat tot baie dwaling gelei het; wanneer My woord vertaal word, of die mense word geleer deur hulle, wat self nog nie geestelik ontwaak het nie; wat hulle verstand daar laat oorheers waar alleen die hart kon oordeel, wanneer My Gees Hom hierdeur sou kon uiter.
Ek kon dus self nie meer deur baie predikers tot die mense spreek nie, want hulle kom veel eerder met leerstellings en toeligting wat van hulleself was en wat nie meer met die waarheid ooreenstem nie. En so het die betekenis van die evangelie, wat Ek self op die aarde geleer het, met verloop van tyd steeds meer en meer misvorm geword. Maar min lees nog My woord met `n ontwaakte gees en haal ware nut vir hulle siel daaruit.
Vir die ander bly My woord egter sonder uitwerking van krag. Hulle hoor dit wel aan, maar omdat hulle dit nie korrek begryp nie, lewe hulle ook nie daarvolgens nie, en kan daarom ook nie tot `n ontwaking van hulle gees kom nie. Te meer, omdat daar, van die kant van die predikers, nouliks melding gemaak word oor die “werk van die Gees in die mens”, omdat hulle self geen begrip daarvan het nie, omdat hulle dit self nie weet dat dit `n regstreekse gevolg is van `n lewe in liefde nie. Maar hulle sou hulleself daarvan kon oortuig, as hulle verlig sal word, as hulle self in liefde sou lewe.
Hulle lees weliswaar dikwels die stelling in die Bybel: "Die letter maak dood, maar die gees maak lewend” - maar hulle weet nie wat daarmee bedoel word nie - want hulle het nog nie geestelik ontwaak nie. En daarom kan byna alleenlik nog maar van `n dooie Christendom gespreek word - en daarom beteken ook My woord, wat in die Boek der boeke staan, nie meer veel vir die mense nie. Daarom het die geloof swak en kragteloos geword, omdat die krag van die lewe daarin ontbreek. Want die geloof kan eers lewendig word deur die liefde, want slegs die liefde wek die gees op tot lewe.
En as daar maar een teer plantjie uit die warmte van die liefde ontspring het, dan sal dit ook spoedig sterk en kragtig word. `n Lewende geloof sal daaruit voortkom, dit sal alles tot lewe wek wat tot nog toe dood was in die mens. Die siel sal haar verhef en die geestesvonk op haar laat inwerk. Sy sal tot lewe kom en die lewe nou vir ewig nie meer verloor nie.
Dan sal die mens egter ook elke woord, wat sy oorsprong in My het, begryp. Hy sal die dwaling van die waarheid kan onderskei en in geen geval meer in dwaling verval nie, want die Gees onderrig hom nou. Leë letters beteken niks meer vir hom nie, want hy ken nou die geestelike betekenis van die woord. En elke woord wat eens van My uitgegaan het, sal hom nou ook lewe skenk en bereik dan sy oor en sy hart.
Dan is hy waarlik geen dooie Christen meer nie, en sal dan ook vol lewe van My getuig. Hy sal hom nie alleen van die woorde van die Skrif bedien nie, maar ook die geestelike betekenis daarvan kan verklaar. Hy sal in waarheid `n leraar wees vir sy medemens volgens My wil, want hy laat nou toe dat Ek self in hom is en My kan uiter deur die Gees, wanneer hy sy medemens onderrig.
En dit is My ware dienare wat in My opdrag werksaam is. Want `n verkondiger van My woord, wat slegs die letters ken, maar die geestelike betekenis daarvan nie verstaan nie, noem Ek nie My dienaar nie. Hy het homself aangestel, maar het nie eers sy benoeming deur My waardig gemaak nie - wat vereis dat die gees van hom wat vir My werksaam wil wees, tot lewe gewek is.
Maar sodra `n “nog onontwaakte prediker” nie net die liefde aanleer, wat die wese van My evangelie is nie, maar self ook moeite doen om in die liefde te lewe, sal hy ook die gees in hom tot lewe wek. En dan sal hy ook `n dienaar wees wat vir My welkom is en deur wie Ek dan ook kan werk. Deur wie Ek die mense dan self kan aanspreek, wat dan ook die krag van My woord duidelik sal bemerk.
Daardeur sal ook weer ander tot lewe kom, wat hulle laat wek, wat My met `n ernstige wil sal soek en die krag van My Gees afsmeek. En My ware dienare herken u altyd hieraan, dat hulle hulleself beywer om volgens My woord te lewe - hulle sal deur `n lewe in liefde die gees in hulle tot lewe wek, hulle sal geen dooie verkondigers van My woord wees nie - maar van My getuig vanuit die volheid van die lewe.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205