Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DIE WARE VERTEENWOORDIGERS VAN GOD IS DEUR HOMSELF AANGESTEL
B.D.8716 - 5 Januarie 1964
Wie hulle vrywillig aanbied om My te dien, het al `n sekere graad van liefde bereik, wat nou ook die voorwaarde verskaf om bruikbaar te wees vir die diens in My wingerd. En so kan u almal, wat die ernstige wil het om vir My en My Ryk werksaam te wees, ook daarvan oortuig wees dat Ek u diens sal aanneem.
Nou gee baie mense hulle egter uit as “dienare van God” - maar hulle is dit tog nie, omdat die voorwaardes juis by hulle ontbreek, wat `n gesamentlike werk met My waarborg. Maar vir u mense is dit nie altyd maklik om die onderskeid te maak nie, dit is nie altyd maklik om My ware dienare te herken nie, want ook die ander spreek met mooi woorde.
Maar hulle het geen persoonlike opdrag van My af nie. Hulle gee hulle weliswaar as My dienare uit, maar is tog nie deur Myself in My diens aangestel nie. En slegs die ware dienaar wat Ek self in sy amp aangestel het, sal insien wie in My Naam spreek, wie in waarheid werksaam is vir My en My Ryk. Hy herken elkeen wat My net so dien daaraan, dat ook hy `n lewende verbinding met My tot stand gebring het. Dat ook hy My as God van liefde, as Vader sien, met Wie hy regstreeks as kind in verbinding kan tree.
Maar meestal soek die mense - en ook hulle wat meen om aangestel te wees om die mense te lei, My nog baie in die verte. Hulle staan dus self nog ver van My af en die innige vertrouensverbinding met My bring hulle nie tot stand nie. En daarom kan dit ook nie plaasvind wat `n ware, deur My Self aangestelde dienaar, kenmerk nie; naamlik dat hy regstreeks deur My onderrig word, dat hy elke opdrag direk van My ontvang, wat hy vanuit `n innige band wat tot My spreek, verlang en dan ook die suiwer waarheid van My ontvang.
Wat nou nog in die wêreld bestaan, alle geestestrominge, kerklike instansies en organisasies, dit kan maar net as die marginale werk beskou word waarvan die harde kern ontbreek, naamlik die suiwer waarheid. Tog is daar oral, in en buite hierdie organisasies, mense wat hierdie innige verhouding met My tot stand bring, en daardeur in `n regstreekse kontak deur My ingelig kan word. Maar hulle sal geen sukses hê by hulle medemens nie, want hulle sal òf nog te erg aan hulle geestesrigting gebonde wees, en te min weerstandsvermoë hê om hulle openlik uit te spreek as hulle die waarheid daarvan ingesien het - óf hulle word belemmer en vervolg in die werk vir My en My Ryk. Want die mag van hom wat My teenstander en vyand is, is groot, maar dit is deur die mense self aan hom verleen, omdat hulle almal blinde meelopers is, wat sonder nadenke, alles gedagteloos aanneem wat aan hulle voorgelê word - en dit dan nie meer wil loslaat nie. Daarom is die getal van My ware verteenwoordigers op aarde nie baie groot nie; maar slegs hulle wandel in die waarheid en kan dit daarom ook deurgee.
As die mense hulle maar net sou afvra of hulle werklik in die waarheid wandel - en as hulle dan, in verlange na die waarheid, My innig sou bid om verligting van hulle gees! Maar dit is vir hulle meestal om te ewe en onverskillig wat hulle glo en hulle neem ook geen standpunt in teenoor die geestelike lering wat aan hulle gebring word nie. En hulle weet nie hoe die uitwerking van die onverskilligheid op hulle siele is nie, wat die gevolge moet dra as hulle die Ryk hierna ingaan. Daar is nog maar weinig wat vir My en My Naam arbei, maar deur hulle bring Ek die suiwer waarheid na die aarde toe - en maak haar toeganklik vir elke mens wat maar ernstig na die waarheid verlang; maar Ek dwing niemand om haar aan te neem nie, soos Ek ook geen mens onvermydelik daartoe bring om die suiwer waarheid regstreeks van My aan te neem nie. Die vrye wil beslis alles, en dit tas Ek nooit aan nie. Hierdie vrye wil gee u ook die verklaring waaroor u vra, naamlik waarom Ek so `n misvorming van die waarheid toegelaat het.
Elke mens kan die liefde in hom laat ontvlam en haar steeds helderder laat verlig. En hierdie liefde sal dan ook die lig van insig uitstraal. En as hy nou die wil het om in die waarheid te wandel, dan sal hy ook die knoeiwerk van My teenstander, wat altyd probeer om die waarheid te ondermyn, herken. Hy sal dan tot My kom en van My duidelikheid verlang - wat Ek hom dan ook sekerlik sal laat toekom.
En so sal die mense wat bereid is tot liefde, en in die liefde werksaam is, deur die misvormde leringe teen die bors gestuit word, en die waarheid algaande en verlangend aanneem. En `n liefdevolle mens sal My altyd voor alle kerklike organisasies plaas, ongeag watter geestelike rigting hulle verteenwoordig. Hy sal altyd eers die weg tot My neem en hom dus aansluit by die kerk wat Ek self op aarde gestig het - en dit op `n lewende geloof, wat afhang van `n lewe in liefde.
Tot hierdie kerk moet u mense almal behoort, want hierdie kerk is die werklike alleen saligmakende kerk. Hierdie kerk is `n geestelike gemeenskap van alle gelowiges en haar lede kan uit alle geestelike rigtings kom. Hulle hoef net die gebooie na te kom wat Ek self op die aarde gegee het, naamlik die gebooie om God en die naaste lief te hê. En dan sal hulle ook tot `n lewende geloof kom en hulle sal die werk van My Gees in hulle moontlik maak, wat die kenmerk is van die kerk wat Ek op aarde gestig het.
Glo dit tog, mense, dat Ek u slegs beoordeel volgens die graad van u liefde, glo dit, dat die liefde u ook verseker van wysheid, insig en die kennis en wete wat met die waarheid ooreenstem. En waar die werk van die gees nie aangetref word nie, daar bevind My ware verteenwoordigers hulle ook nie, daar is geen dienare wat Ek self aangestel en geïnstalleer het in hulle leeraarsamp nie. Want hulle besit geen gawe om te onderrig nie, omdat hulle dit nie regstreeks van My kan ontvang nie. Hulle bedien hulle net van wat My teenstander altyd weer met dwaling vermeng het, wat nou nie meer as suiwer waarheid bestempel word nie.
Want dink daaroor, dat Ek u self die belofte gee om u bekend te maak met die waarheid deur My Gees. En vra uself af waarom Ek die belofte gegee het; aangesien Ek u tog self die waarheid gebring het, toe Ek as mens, Jesus, op aarde geleef het. Uit hierdie woorde sal u reeds kan opmerk dat Ek weet dat die waarheid nie lank suiwer sou bly onder die mense nie, en dat Ek dit nie kon verhinder nie, omdat Ek die wil van die mense nie onvry wou maak nie.
Maar Ek het ook aan u beloof om die suiwer waarheid te stuur, omdat Ek weet dat u slegs deur die waarheid kan salig word - en omdat Ek ook die toestand ken van diegene wat met verkeerde idees oor die geestelike die Ryk hierna ingaan. Want om salig te kan wees, moet u self waarheid kan uitdeel aan hulle wat hulle nog in die duisternis van die gees bevind. Daarom moet u eers self die waarheid besit, en uself geheel vrymaak van verkeerde opvattings oor die geestelike.
Want eendag sal u begryp dat die toestande in hierdie stoflike wêreld nooit so verward sou kon gewees het nie, as die lig van die waarheid die menseharte en daarmee ook die harte van die Christene sou vervul het. En uit hierdie toestand op aarde kan u die lae geestelike peil van die mense aanskou, wat slegs in liefdeloosheid, en as gevolg daarvan, in geestelike blindheid, sy oorsaak het. Wie dus die lig wil bereik; vir hom sal dit ook skyn. Wie egter in die duisternis wil bly; sy wil sal ook eerbiedig word - maar sy lot sal dan later smartlik wees.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205