Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DIE ALLEEN SALIGMAKENDE KERK
B.D. 5456 - 4 Augustus 1952
Daar bestaan geen “alleen saligmakende kerk” as een wêreldlike organisasie daarmee bedoel word nie. Wie egter tot die kerk behoort wat deur My op die aarde gestig is, die sal salig word. Want dit waarborg hom al die ewige saligheid dat hy lid is van My kerk, dat hy dus in die geloof leef wat deur die liefde tot `n lewende geloof geword het.
Nie die “kerk” verseker die mens die saligheid nie, maar die geloof en die liefde. En dit kan nog heeltemal ontbreek, ondanks die “behoort tot `n kerk” wat deur mense in die lewe geroep word.
Daar kan wel uit elke kerklike gemeenskap of geestesrigting ware lede van My kerk voortkom, want slegs die geloof en die liefde is deurslaggewend daarvoor. Maar nooit kan `n mens aan My kerk behoort, wat nie die kenmerke daarvan besit nie, naamlik die werking van My Gees wat die geloof en die liefde as grondslag het.
My Ryk is nie van hierdie wêreld nie. Hierdie woorde van My was wel tot die mense van hierdie wêreld gerig, maar het `n geestelike betekenis, want hulle moes My geestelike Ryk help vestig. Dit was gegee met die oog op die Ryk wat buite hierdie wêreld bestaan, en in ewigheid nie vergaan nie. Dit, wat Ek van die mense vra, moes aan hulle `n ewige lewe in die geestelike Ryk verseker. My gebooie moes wel op die aarde nagekom word, maar nie deur wêreldlike handelinge waarby die siel nie betrokke hoef te wees nie - inteendeel, die siel moet My Wil vervul.
Die siel moet haar omvorming alleen teweegbring. En as sy opreg daarna streef, is sy reeds “`n lid van My kerk.” Want dan het die mens ook die korrekte geloof - en wat hom innerlik aanspoor om homself ywerig in te span, dit is My Gees, My Stem, wat hy verneem en hy is daarop gerig om aandag hieraan te gee. En die werking van die gees bewys dat hy aan My kerk behoort, wat hom dan ook salig maak.
Ek bring aan die mense die suiwer Evangelie. Ek gee hulle duidelikheid oor alles wat nodig is om in My Ryk, wat egter nie van hierdie wêreld is nie, te kan ingaan. Ek leer hulle om die liefde te beoefen, en gee vir hulle daarmee die weg aan wat omhoog lei na die Ryk van die hemelse vreugde. Ek versamel almal om My, wat tot dan toe verkeerd onderrig was. Dus was Ek ook hulle Prediker, wat Sy kerk bekendgestel en haar saligmakende werking aan die mense, wat Hom wou aanhoor, laat toekom het. Ek het dus die ware kerk gestig toe Ek op aarde was en het almal daarin opgeneem: Jode (Judeërs), heidene, - tollenaars en sondaars. En die wat in My geglo, My leer aangeneem en ook daarvolgens geleef het, die het Ek, na My dood, ook My Gees gestuur, die kenteken van My kerk - wat nie deur die poorte van die hel oorwin kan word nie.
Waar is die werk van die gees egter in die kerk wat hulle “die alleen saligmakende kerk” noem? My Gees kan ook wel daar waai, maar dan moet die verbinding met My kerk dit voorafgaan. Want Ek alleen giet My Gees uit, maar Ek doen dit altyd net dáár - waar die voorwaardes vervul word, wat die inwerking van My Gees tot gevolg het. Daar sal ook die “ware kerk van Christus” te herken wees.
En wat daar ook teen die mense wat by haar behoort, onderneem word, hulle sal nie oorwin of verdruk kan word nie - al staan selfs die hel teen hulle op. Hulle is onoorwinlik, omdat hulle My werking is, omdat hulle slegs die geestelike kerk is wat tot saligheid voer. Omdat daar in haar ook geen skynchristene kan wees nie - want hulle sluit hulself uit van die gemeenskap van die gelowiges - en kan daarom ook geen ware belyers van Christus en gelowige verdedigers van My Naam wees nie, wanneer hulle op die proef gestel word.
En hierdie beproewing van die geloof sal van die mense gevra word; dit word van almal geverg wat hulself gelowig noem - en dan sal dit blyk wie tot die ware kerk - die kerk wat Ek self gestig het, behoort. Dan sal dit blyk waar My Gees werksaam is en watter krag Hy sal gee aan hulle wat terwille van My Naam aangeval word. Diegene wat My egter met blydskap bely voor die wêreld as die beslissing van hulle gevra word.
Dan sal blyk hoe weinig die kerk wat homself die “alleen saligmakende” noem, dit nakom van wat hulle beloof het. Hoe almal wat wel aan haar, maar egter nie aan My kerk behoort nie, sal instort. Hulle sal dan hulle hulpeloosheid besef en bemerk, maar deur gebrek aan die lig van die liefde, sal hulle tog die waarde van die kerk wat op `n lewende geloof gegrondves is, wat die sterkte van die rots Petrus het, nie insien nie. Want elke woord van My was en is geestelik uitgelê en kan ook slegs begryp word as My Gees in `n mens kan werk. Dan is ook sy geloof egter lewend en hy streef slegs nog na `n Ryk wat nie van hierdie wêreld is nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205