Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DIE LEER VAN DIE ONFEILBAARHEID VAN DIE HOOF VAN DIE KERK (DIE POUS)
B.D.2383 - 25 Junie 1942
Elke geloofsleer moet beproef word voordat dit aangeneem word, dit verlang God van u om sodoende die invloed van Sy teenstander te verswak, en u sal dan ook self herken wat sy werksaamhede is. Sy strewe is om die goddelike waarheid te vermeng met dwaling, maar die mens kan tog sekerlik wel hierdie dwaling herken, as hy erns het om die aanbieding te ondersoek met die verlange om alleen die goddelike, die ware aan te neem.
Die vyand bedien hom altyd van die menslike wil om die dwaling te versprei, dit wil sê, hy beïnvloed die mense om aan die goddelike leer eiemagtig verdere leerstellings toe te voeg, en dit dan te versprei, asof dit deur God gegee was. Mensewerk is egter nie vry van dwaling nie en sodoende word die goddelike leer ook verdraai en des te meer, namate die mense minder self ondersoek en nadink.
En weer is dit die werk van die teenstander, dat dit verbode is om die menslike leerstellings te ondersoek of daaroor na te dink. Dat dit dus van die mense geëis word om elke geloofsleer onvoorwaardelik aan te neem, en dat `n ondersoek daarna as iets verkeerds voorgestel word. Maar daardeur word die aktiwiteit van die “leuenvors” sekerlik begunstig .
God vra egter van die mense `n lewende geloof, dit wil sê, `n geloof van die hart -`n geloof wat in volle oortuiging instem met wat hom geleer word. Elke goddelike waarheid sal die mens, wat ernstig daaroor nadink, ook met volle oortuiging kan aanvaar. Die werk van die Satan sal hy egter nooit kan aanneem nie, hy sal dit spoedig as mensewerk herken en dit sonder beswaar prysgee - omdat hy sal insien dat dit waardeloos is.
Omdat die ondersoek onherroeplik tot gevolg moet hê dat elke dwaling herken en afgewys word, slaag die teenstander om die ondersoek van geloofsteorieë te verbied, deur die opstel van `n leer wat die menslike denke moes uitskakel - en hierdie leer het sekerlik bose gevolge opgelewer. Dit is die leer van die onfeilbaarheid van die hoof van die kerk (die Pous) wat skynbaar die mens van elke verantwoordelikheid ontslaan. Wat hom egter na die diepste geestelike duisternis voer as hy dit aanvaar, en hy dit as goddelike waarheid beskou. Want nou kan elke verkeerde leer as goddelike waarheid toegevoeg word, sonder dat dit gekritiseer of verwerp mag word. En sodoende was die deur vir elke dwaling geopen en was daar vir die aktiwiteite van die vyand `n veld ter beskikking gestel waarop hy sy saad in oorvloed kon uitstrooi.
Wanneer daar van die mense geëis word om in die leer van die onfeilbaarheid van die hoof van die kerk te glo, dan beteken dit soveel so, dat daar nou, sonder kritiek, alle verdere leerstellings of elke voorskrif aanvaar of aangeneem moet word wat die hoof van die kerk opstel. En daardeur word die nadenke en oordeel van die mens uitgeskakel, wat tog noodsaaklik is, omdat hy eendag tot verantwoording geroep sal word vir sy houding teenoor God.
Elke mens moet vir homself verantwoording aflê, dus moet hy ook self beslis in volle vryheid van wil. Om egter `n beslissing te kan neem, moet hy kan ondersoek en nadink waarvoor hy moet kies. Egter nie so, dat `n enkele mens besluit en hierdie mens van duisende en nog eens duisende mense kan eis dat hulle hulleself by sy beslissing neerlê nie. En bowendien word hierdie eis ook nog in die vorm van `n gebod - `n leerstelling geklee, wat onherroeplik die geval is wanneer elke kerklike gebod, as in ooreenstemming met die Wil van God aanvaar moet word; omdat hieraan die onfeilbaarheid van die hoof van die kerk sogenaamd ten grondslag lê.
Hierdie leerstellings word dan sonder enige beswaar aangeneem, sonder dat die mens die betekenis en die doel daarvan vir homself duidelik verklaar. Die gevolg daarvan is dat meganiese handelinge uitgevoer word, wat met `n vrye beslissing, met `n diepe geloof en met innige verbondenheid met God niks te make het nie. Daar word so `n godsdiens geskep wat in werklikheid geen godsdiens is nie. Daar word gebruike ingestel wat min of meer maar net vorm is, vorm sonder geestelike inhoud.
Die dryfveer van die teenstander het tot gevolg gehad dat die mense, onder die dekmantel van vroomheid, van die waarheid vervreemd is, om hulle te verhinder om self na te dink en dus ook om `n vrye beslissing te neem. Want God se teenstander belemmer dit alles deur die leer van die onfeilbaarheid. Want as hierdie leer vir die mens aanneemlik gemaak word, dan hoef hy dus self geen standpunt meer in te neem nie. Hy aanvaar dan sonder om te ondersoek, en hy hoef dan self geen beslissing te neem nie - want iemand anders het al vir hom besluit.
Op dié manier word die vrye wil egter nie gebruik nie, maar in plaas daarvan moet die mens glo wat aan hom as geloofstuk aangebied word; as hy nie in konflik wil kom met die geloofsleer, wat deur die kerk as so belangrik voorgestel word nie, dat die hoof van die kerk nooit kan dwaal of verkeerde maatreëls neem wanneer hy `n uitspraak maak wat die kerk betref nie.
Vir God is egter alleen die vrye wilsbeslissing van waarde, maar dit moet die mens self neem en dus ook oor elke "vir of teen" nadenke gee, van wat hom as geloofsleer voorgelê word. Eers dit, waarvan die mens in sy hart oortuig is, kan geloof genoem word, maar nie dit waarby hy noodgedwonge moet uitkom nie. Want `n goddelike geloofsreël sal teen elke ondersoek standhou en dan van die oortuiging daarvan aangeneem word, hoe grondiger die mens hom daarmee besig hou. Wat egter nie van God kom nie, sal geen enkele toetsing deurstaan nie, en sal verwerp word deur elke mens wat ernstig alle moeite doen om insig te verwerf.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205