Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DIE ONFEILBAARHEID VAN KERKLIKE GEBOOIE
B.D. 1514 - 11 Julie 1940
U heg te veel belang aan die onfeilbaarheid van die hoof van die kerk (die Pous), en dit is van u kant af `n geweldige dwaling. Want dit was nie God se plan dat die kerk eiemagtig deur mense gevorm word, volgens die wil van die mense nie. Want alles wat vir die handhawing en die verbreiding van Sy leer goed was, het Jesus Christus Self aan Sy dissipels op aarde uiteengesit. Hy het die verbreiding van Sy leer afhanklik gemaak van die wil van elkeen afsonderlik, naamlik om haar aan te neem, of te verwerp.
Hy het noukeurige riglyne aangegee wat geldig was vir elkeen wat Sy leer wou aanhang. En het Sy beloftes afhanklik gestel van die vervulling van dit wat Jesus deur Sy onderrigting, van die mense verlang het. Hy het altyd die vrye wil van die mens onaangetas gelaat. Uit eie beweging, sonder uiterlike dwang, moes die mens beslis en so God se Wil vervul, en daarvoor het Hy die Ewige Lewe beloof. Met die woorde: Ek is die weg, die Waarheid en die Lewe. Ek is die ware middel en die vervulling, - wie in My glo, het die Ewige Lewe - Hy vra dus net om te glo aan Hom en Sy woord. Sy liefde wil gee, iets onvoorstelbaar heerlik, die Ewige Lewe.
Daartoe het Hy slegs die geloof en die wil van die mens nodig. Dit is egter nie Sy Wil, om mense, wat hulle al in `n gebonde toestand bevind, nog met nuwe sonde te belas nie. Wie werklik in Jesus en Sy woord glo, sal ook deur Hom van sy kettings bevry word.
Wie egter nie glo nie, is deur sy toestand van kluistering reeds genoeg gestraf, want hy moet nog ondenkbare tye daarin vertoef.
Wie die tien gebooie, wat God Self aan die mense gegee het, negeer, wie hulle daarteen verset, dié sondig, dit wil sê, hy verweer hom teen God, wat die Liefde Self is - omdat hy dan teen die gebod van die liefde handel. Hy doen dan niks om hom uit sy toestand te bevry nie, maar alles om dit te vererger. Want die vervulling van die gebooie van die liefde is die enigste verlossingsmiddel, en die handeling in stryd daarmee, is egter juis die teendeel.
Die leer van die onfeilbaarheid van die hoof van die kerk egter, word vir die mense tot `n nuwe wetgewer gevoer, in soverre, dat die tien gebooie wat deur God gegee is - daardeur met nog ander vermeerder word. Dus dat die nuwe gebooie by die gebooie van God aangesluit word, en die nie-vervulling daarvan netso as sonde bestempel word, net soos die handeling teen die gebooie in - wat God Self gegee het. En dit is `n dwaling met `n verskriklike uitwerking.
Want nou belas die mense hulle met heeltemal onbelangrike, maar tot plig opgelegde handelinge, wat egter met die gebod van die liefde tot God en die naaste totaal niks te make het nie. Hulle volle aandag geld maar alleen nog die onderhouding van hierdie gebooie, en die vrywording van sogenaamde sonde. Dit is dan meestal hulle hele siele-arbeid, dat hulle daarop let om die mensgegewe gebooie na te kom of - om vir die sogenaamde skuld van die oortreding te boet. Maar aan die vreeslike slawerny van hulle siel, wat alleen deur die liefde opgehef kan word, dink hulle nie.
As hierdie, deur die mens toegevoegde gebooie, nodig was, dan sou Jesus Christus hulle sekerlik Self op die aarde gegee het - en Sy dissipels sou die vervulling daarvan dadelik in die begin gepreek het. Maar die mens probeer die leer van Christus eiemagtig verbeter en hulle deins nie daarvoor terug om, vanuit hulleself, goddelike toestemming daartoe te verleen nie, deurdat hulle hulleself deur die Heilige Gees as verlig beskou en nou in `n toestand wat nog ver daarvan verwyder is, voorskrifte uitvaardig wat nie met God se Wil kon ooreenkom nie; omdat hulle die verantwoordelikheidsgevoel teenoor die gebooie deur God gegee, aansienlik verklein. En dit deur die feit, dat die grootste aandag nou aan hierdie nuwe gegewe gebooie geskenk word, so groot dat die mensdom hierdie gebooie voortaan heeltemal meganies nagekom het en dink dat hulle die leer van Christus nalewe, wanneer hulle hulle opgelegde pligte vervul.
Nou word aan elke waarlik verligte mens deur God uitgekies, om aan hierdie wantoestande `n einde te maak, dit wil sê: om dit bloot te lê. God het egter hulle nooit verlig om hierdie gebooie uit te vaardig of goed te keur nie.
Die onfeilbaarheid van die hoof van die kerk is `n verwronge beeld van die uitstorting van die Heilige Gees. Wie onder die invloed van die Heilige Gees staan, sou altyd die verkeerdheid van hierdie wetgewing ingesien het. Maar wêreldlike, kerklike mag verhinder hulle steeds om die regstelling van hierdie dwaling te maak, wat sulke verreikende gevolge sal hê.
Want hierdie gebooie was nie vanuit `n gees van liefde gebore nie. Die wetgewers was minder bekommerd oor hulle arbeid om die worstelende siele vir die uiteindelike vrywording te verlig, maar die motief van die ontstaan van hierdie gebooie was die sug om die eie mag te vergroot – en om die wil van die mense in `n bepaalde afhanklike posisie te bring, aangesien die nie- nakoming van die gebooie, terselfdertyd as swaar sonde beskou was.
Ware dienare van God het hierdie mistasting reeds ingesien en wou daarteen optree. Maar die leer van die onfeilbaarheid van die hoof van die kerk was al te diep gewortel, dat dit maklik uitgeroei kon word. Om homself vry te maak, kan nog net hy - wat die suiwer waarheid soek en God self daarom vra, sodat hy die innerlike verligting van gees kan verkry.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205