Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

ELKE MENS MOET VIR HOMSELF UIT SY KENNIS DIE GEVOLGTREKKING MAAK
B.D. 8796 - 2 April 1964
Onthou goed dat niks uiterlik by My geld nie, dat Ek slegs daaraan waarde heg wat uit die diepste van die hart opstyg. Sodra u glo om My te eer deur formele handelinge, hou u daar `n soort afgodediens na waarvan u u lewe wel moet losmaak, om u dan inniger met My te verenig, om My aanwesigheid in u hart moontlik te maak, wat volkome onafhanklik is van uiterlike vorm en gebruike en juis daarom slegs daar kan plaasvind waar slegs die hart spreek.
Ek sê steeds weer vir u dat u die suiwer leer van Jesus misvorm het, dat u dit vervleg het met mensewerk en aan die mensewerk nou groter betekenis heg as aan My evangelie, wat maar net die twee gebooie van die liefde omvat. Want net hy wat in die liefde leef, staan ook in vir My leer. U kan dus alle menslike verpligtinge wat u aan My evangelie toegevoeg het, hoe nougeset nakom, maar as die liefde wat Ek u leer nie in u is nie, dan is die handelinge heeltemal waardeloos. Dit bring aan u siel nie die geringste voordeel nie, maar dit bring u mense op `n sodanige manier in die war dat u glo - om u plig na te gekom het.
Maar net daaroor is elke pligmatige handeling volledig waardeloos, omdat dit die menslike wil uitsluit. En al word ook vrywillig aan die menslike verpligtings aandag gegee, dan kan dit tog nie die seën in haar dra wat `n enkele werk van liefde in haar het nie. Wie egter innige liefde vir My voel, die bied My ook al sy gedagtes aan, hy hou innige samespraak met My en hy kan dit ook altyd en oral - want hy het geen bepaalde omgewing daarvoor nodig nie - aangesien dit hom baie eerder van sy innige gedagtes tot My weerhou.
Wie onwetend is, en ook daarvolgens handel, hy is dan ook te verontskuldig deur sy onwetendheid. Wie egter in die besit van die waarheid is, wie weet hoe waardeloos uiterlike handelinge en gebruike vir My is, in die besonder as hulle daartoe dien om die mense in hulle denke op `n dwaalspoor te bring, moet ook sy bes doen om hom daarvan vry te maak. Hy sal al die innerlike belewe en alle insigte benut om in die liefde te werk en daardeur word sy band met My, wat tog slegs in die hart tot stand gebring kan word, steeds inniger.
Ek het wel self My kerk op aarde gestig, wat op die rots van die geloof opgerig is, maar Ek het geen uiterlike organisasies gestig nie. En dat hierdie organisasies nie in die korrekte verhouding tot My staan nie, kan mense al net daaruit verstaan dat hulle hulleself alleen na die buitekant toe, uiterlik, probeer waar maak, dat hulle egter die innerlike van die mens totaal onaangeroer en onbevredig laat - wanneer hulle op soek is na My en die suiwer waarheid. My woord alleen moes die inhoud uitmaak van `n gemeenskap, en vanuit My woord moet die mense die gebooie oor die liefde vervul. En deur die liefde kom hulle dan ook tot `n lewende geloof en daardeur dus tot die innigste band met My. Dan sal hulle lede word van die kerk wat Ek self op aarde gegrondves het.
Ek probeer nou om die waarheid aan alle mense te laat toekom, maar slegs min neem dit aan. Maar wie haar aanneem, kom ook gou tot `n diepe kennis en hieruit moet hy sy gevolgtrekking trek, want niemand kan twee meesters dien nie. Maar as daar nou een organisasie opgerig is wat met die kennis in teenspraak is, dan het dit ook kennelik onder invloed van My teenstander ontstaan; wat duidelik aangetoon word deur elke uiterlike vertoon daarvan. Want dit leen hom daartoe om `n verkeerde voorstelling van My eintlike Wil te laat ontstaan, en daarom moet ook elkeen wat kennis geneem het, hulle van die werk van My teenstander losmaak.
Wie die waarheid wat Ek hom laat toekom, nie kan aanneem vanweë sy eie liefdeloosheid of sy geringe graad van rypheid nie, die sal begryplikerwys ook nie sy dwaling wil opgee nie. Vir die ingeligte is die dwaling egter in te sien, en dwaling is dwaalleer - dus die werk van My teenstander. En wanneer die ingeligte dan tog hierdie wêreldlike eise nakom, dan is dit geen “godsdiens” nie, maar alleen `n suiwer wêreldlike aangeleentheid, wat rekening hou met die medemens - wat ewenwel ook tot die waarheid gebring is, maar nie in hulle dwaling gesterk moet word nie.
Dit is wel moeilik om teen `n tradisie in te gaan en dit sal ook nouliks nog slaag, want slegs weiniges, waarvan die verlange na die waarheid nog ongewoon sterk is - sal hulle vrymaak. Ek self kan egter geen kompromie aangaan nie. Ek kan u slegs duidelik uitsluitsel gee oor dwaling en waarheid en u moet dan self beslis - en u beslissing dan bewys.
Bedink steeds dat dit `n buitengewone barmhartigheidsgawe is - u moet die suiwer waarheid bekendmaak, dat iedereen goed van die barmhartigheidsgeskenk kan gebruikmaak, dat dit egter weereens `n groot daad van liefde van My kant is as My Gees so luid in `n mens spreek, dat hy tot insig kom, dat Ek, ooreenkomstig sy wil wat die waarheid ken, hom ook die waarheid kan laat toekom. En die barmhartigheidsgeskenk moet ook benut word, deurdat die mens nou die waarheid aanneem en dit ook verkondig teenoor hulle wat nog gebonde is aan tradisionele of organisatoriese voorskrifte. Eers wie daarvan vry is, is ook vry van My teenstander, aangesien die gevaar andersins tog nog steeds bestaan, dat die teenstander hom probeer terugwen, dat hy sy wil verswak, ofskoon Ek geen mens meer aan hom oorlaat wat hom eenmaal aan My oorgegee het nie. Want Ek staan geen mens, wat eenmaal ernstig vir My gekies het, meer af aan My teenstander nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205