Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DIE OPDRAG OM TEEN DWAALLERINGE OP TE TREE
B.D. 8832 - 19 Julie 1964
Dit is u opdrag om teen die dwaalleringe te stry en Ek gee u die mededeling so, dat dit vir alle mense duidelik te begryp is - sodat hulle self die dwaasheid kan insien van dit wat vir hulle uiteengesit word, as hulle daartoe bereid is. My sorg geld almal wat al `n bietjie twyfel. En daar is vir My baie daaraan geleë om die waarheid aan hulle oor te bring. Aan hulle egter, wat hulle nie wil losmaak van die dwaalleringe van hulle kerk nie, kan die suiwer waarheid ook gebring word, maar hulle sal dit nie kan insien nie, omdat hulle geen verlange na die waarheid het nie.
Maar tog is dit goed as hulle u opvattings leer ken en daardeur te wete kom dat niks tot rypheid van hulle siel bydra wat die liefde nie as beginsel het nie. En solank u nog heeltemal vry kan spreek, moet u daarvan gebruik maak en ook heeltemal openlik spreek. U moet u standpunt bepaal teenoor die dwaalleringe en steeds vas glo en benadruk, dat Ek self die Gewer van die waarheid is, dat u met My gawes werk, wat u ook die reg gee om daarvoor op te kom. Want dit is `n gawe van Bo af waarmee u werk en wat uit homself al die krag het om aan die mens, wat hom nie daarteen verset nie, insig te skenk.
En as u slaag om die mense in kennis te stel van hulle dwaling, dan is `n begin gemaak om die dwaling te oorwin, want die kennis daaroor sal hulle tot twyfel aanspoor en as hulle geloof eenmaal daarmee geskok is - dan is al baie gewen. Die suiwer waarheid skenk die suiwerste lig aan hom, maar ook alleen aan hom wat haar ernstig begeer, en hy sal hom ook nie vir hierdie uitlegging afsluit nie. Daarom is dit My bedoeling om hom te help wat daarvoor oopstaan.
Daar is nog baie mense wat hulle nie tevrede stel met die tradisionele geestelike opvattings wat hulle aangebied word nie, wat egter tog glo dat daar `n Godheid bestaan wat hulle lewe gee, wat ook daarvoor sorg dat die mense hulle doel kan bereik wat hulle vir hulle aardse lewe gestel het; wat ook oortuig is dat daar maar een waarheid is, en dat dit dus van Hom moet uitgaan; en dat dit die Ewige Waarheid self is. Sodra hulle dus insig het, sal dit ook maklik wees om vir hulle kennis te laat toekom. Want hulle verset hulle nie lank om die waarheid aan te neem wanneer hulle besef dat dit van Hom kom nie, wie daartoe geregtig is. Daarom moet u elke dwaling meedoënloos aan die lig bring, want dwaling is nie geskik om mense tot saligheid te bring nie. Hulle sal inteendeel geen seën daarvan ondervind nie, omdat hulle, as hulle die moontlikheid gebied word, die suiwer waarheid verwerp.
Wat dus van My af aan u gebied word, is ook bestem om verbrei te word. Maar dit sal aan u oorgelaat word hoe, en in watter vorm u die geestelike goed aan die mense gaan aanbied, want elke mens reageer anders. Maar - wat u sal doen om die waarheid aan die mense bekend te maak - sal deur My geseën word.
AMEN

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205