Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

DUIDELIKHEID OOR SAKRAMENTE
B.D.8692 - 4 Desember 1963
Ek wil u verder onderrig met die doel dat u uself van die dwaling moet losmaak, wanneer u duidelikheid ontvang oor die feit dat u My woord tot nog toe slegs wêrelds begryp het - maar nie geestelik nie. U moet weet dat uiterlike seremonies nie voldoende is om My Gees te openbaar nie, en dat iemand ewemin deur uiterlike seremonies aangestel kan word in `n amp om te onderrig, of in die amp as leier of hoof van `n gemeente.
Baie is geroep, maar weinig is uitverkies. En hierdie weiniges gee Ek self die opdrag vir die amp. Ek self plaas hulle in die posisie waaruit hulle kan werk vir My en My Ryk. Maar Ek stel ook voorwaardes aan so `n mens wat Ek uitverkies, sodat hy geskik sal wees om sy medemens as leraar en leier te dien. My Gees moet in hom kan werk, omdat hyself in die waarheid wandel, waardeur hy My plaasvervanger op aarde sal wees, wat in My Naam, volgens My Wil en deur My Self gelei word om sy amp uit te oefen.
Dit is nie te ontken dat daar ook onder hulle, wat hulle My “plaasvervangers” op aarde noem, enkeles is wat ooreenkomstig My wense lewe en wat nie anders wil as om My te dien nie. Maar ook hulle is deur My self in hulle amp aangestel, maar nie so dat hulle eers deur uiterlike handelinge wat deur ander uitgevoer is, tot My dienare geword het nie. Want hulle roeping is `n innerlike aangeleentheid van die vrye wil, wat hulle heeltemal aan My oorgee, sodat hierdie mens nou innig met My verbonde kan wees deur die liefde, sodat Ek nou self die amp aan hom kan opdra wat hy moet beklee.
Hierdie innige oorgawe en hulle lewe in liefde, verseker dan ook die ontwaking van die gees in hulle, en dan dring hulle ook in die waarheid deur. Hulle verset hulle dan teen elke dwaling, teen die misvorming van dit wat van My uitgegaan het. En ten laaste sal hulle hulleself losmaak van hulle wat in die dwaling volhard. Dit sal vir u nou begryplik wees dat u My ware verteenwoordigers nie dáár sal vind waar die mense meen dat hulle iets is en hulleself ag nie. Want hierdie, deur die wêreld erkende verteenwoordigers, sluit hulleself daardeur van My diens uit, omdat hulle die dwaling verdedig en die waarheid nie ernstig soek nie. Hulle kan nie My dienare en plaasvervangers wees nie, omdat hulle in dwaling verkeer en niks doen om in die besit van die waarheid te kom nie.
Sodoende sal u nou ook goed weet wat u van die sakrament van die priesterwyding moet dink. Want al is `n mens van goeie wil, dan moet hy dit ook bewys dat hy aan My sy bereidwilligheid toon om heeltemal in My Wil op te gaan. En dit beteken om, die vertwyfeling wat in hom opduik, te ondersoek, wat Ek self in sy hart lê - sodat hy nader aan My en die waarheid kan kom. Deins hy egter daarvoor terug om oor hierdie vertwyfeling na te dink, dan hou hy homself met geweld vir die gek. Hy sou tot die lig kan kom, maar hy sluit sy oë daarvoor, en so is sy hart nie vir My geopen nie, sodat Ek `n ligstraal daarin sou kon laat val nie.
Die mense kan nie beweer dat dit selfs vir `n mens, wat ernstig na My verlang, nie moontlik is om hom van die dwaling los te maak nie. Want u almal ken My mag en liefde, wat elkeen waarlik bystaan wat hulle genoop voel om My, die Ewige Waarheid te soek, maar eers moet u uself laat onderrig. U moet op hoogte gestel word van die suiwer waarheid, van die aktiwiteite van My teenstander en van die dwaling waarin hy u verstrik het. U moet dus die ernstige wil hê om van hom vry te kom, en daartoe moet u tot My om bystand bid.
Glo u nie dat Ek u die bystand sal gee nie, terwyl dit tog altyd My strewe was om u mense uit die duisternis van gees te verlos en u lig te gee? En as u u verstand vanuit `n goeie wil laat werk, dan moet u tog die ongeloofwaardigheid insien van wat van u geëis word om te glo.
U het egter verstand gekry, anders sou u uself nie kon onderskei het van `n dier, wat nie vir sy handelinge verantwoordelik gestel kan word nie. Maar u moet eendag rekenskap aflê, of en hoe u u verstand gebruik het. Want die verstand kan u help om tot ware insig te kom, aangeneem dat u wil goed is en u na die ware lig verlang. Ek lê steeds weer nadruk daarop, dat die twyfel aan die waarheid oral daar sal wees waar uiterlike handelinge `n geestelike resultaat moet verseker.
Dus sal u siel ook nooit so `n resultaat kan bekom nie, hetsy op aarde of in die hiernamaals, as sulke uiterlike handelinge aan die mens, voor sy heengaan, voltrek word, wat niks anders as seremonies en gebruike is nie - maar sonder enige waarde vir die siel.
Ek self ken elke siel afsonderlik en waardeer haar volgens die graad van haar liefde. Want slegs dit is deurslaggewend vir die vlak van lig waarin die siel sal binnegaan na haar liggaamlike dood - as sy nie in die Ryk van die duisternis binnegaan nie, omdat sy heeltemal sonder liefde is en daardeur aan hom behoort wat die ryk van die duisternis beheers.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205