Boek 43 - God en die Kerke – Deel 2
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25.

UITLEG OOR DIE WATERDOOP
B.D.8643 - 13 Oktober 1963
U begryp nog steeds nie die geestelike betekenis van My woord nie. U lê die woorde uit volgens u verstand en u is daarom ook nie in staat om die korrekte resultate te behaal nie. U kan nie begryp wat Ek vir u wou sê nie, toe Ek tot u gespreek het: “Doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees! “
Onder “doop” verstaan u steeds maar net die onderdompeling in water. `n Uiterlike vorm wat die mense gebruik om hulle gehoorsaamheid teenoor die gebod van die doop te kenne te gee, terwyl hierdie vorm eenvoudig ook maar net `n uiterlike begeleidingsvorm was en is - maar nooit die eintlike kern van My gebod raak nie. Want die waterdoop van hulle bring tog sekerlik geen enkele verandering in die mens teweeg nie, wat u tog wel sal moet toegee. Eers die ontvangs van die gawes, die gawe van dit, wat van die Vader, van die Seun en van die Gees uitgaan, wat blyke gee van die Liefde van die Vader, die Wysheid van die Seun en die Krag van die Heilige Gees, dit kan `n verandering in die mens teweegbring. En dit is eers die ware doop wat elke mens moet ontvang om sy doel op aarde te bereik, naamlik om hulle te vervolmaak - om hulle vir ewig met My te kan verenig.
Die Vader - die Liefde - is `n ewige vuur waarvan die Lig van die Wysheid - die Seun - uitgaan, en dan moet die Krag van die Gees hom ook openbaar. Die mens, as `n swak skepsel, moet so met liefde en wysheid vervul wees dat hyself nou weer tot krag en vryheid kan kom. Hy moet vol wees van My Gees, dus liefde – wysheid en geesteskrag moet hom kenmerk as goddelike skepsel, wat tot die volmaaktheid teruggekeer het. Die mens moet onderdompel word in die see van My ewige Liefde. Hy moet binnegelei word in alle Waarheid, wat altyd sal geskied deur My Wil - My krag en My oorgrote Liefde.
Doop hulle in die Naam van die Vader, bied hulle My woord, wat wysheid in haar dra, in liefde en maak daardeur die werk van die Gees in die mens moontlik, wat egter die werk in liefde vooropstel, omdat die uiting van My Gees die skenking van My liefde is, wat in die toevoer van wysheid, van `n waarheidsgetroue kennis - tot uitdrukking kom.
Liefde - Wysheid en Krag - daaroor moet u mense volgens waarheid ingelig word. En hierdie duidelikheid is `n “ware geestelike doop”, - wat egter nie deur `n onderdompeling in water vervang kan word nie. Begryp dit tog, julle mense, dat u uself nie aan uiterlike vorms moet bind nie. Begryp dat Ek waarlik geen uiterlikhede van u verlang nie, maar dat Ek altyd net dit waardeer wat in gees en in waarheid gedoen word.
En as u nou as bewys van u korrekte denke, My doop deur Johannes in die Jordaan aanvoer, dan moet u daaraan dink dat die mense destyds nog maar weinig van My geweet het en in die tyd baie waarde geheg het aan uiterlike handelinge - en daar eers `n bepaalde graad van rypheid by iemand nodig was, om dit van die doop in `n geestelike betekenis duidelik te kan maak. Bowendien het die mense, deur hulle wil om hulle deur Johannes te laat doop, hulle liefde tot Hom bewys, en daarmee ook die verlange om hulle met hulle God en Skepper meer vertroud te maak.
En in dié tyd was dit reeds `n belangrike geestelike sukses, en so onderwerp Ek Myself ook aan hierdie handeling, om die werk van My voorloper Johannes te bekragtig. Want dit sou in die tyd geen sin gehad het om hierdie uiterlike handeling as onbelangrik vir die mense uit te lê nie, omdat hulle nog geen begrip van die suiwer geestelike waarheid sou kon gehad het nie. Die waterdoop het hulle geen skade gedoen nie, maar het dan eers nuttig geword, toe hulle die woord van God, dus My woord wat Johannes hulle gebring het, aangeneem het.
En so sal elke mens ook nou die doop ontvang, as hy My woord wat My eindelose Vaderliefde hom laat toekom, aanneem, daarvolgens leef en daardeur tot Wysheid - wat van die Liefde uitgaan - kom. Sodat My Gees nou ook in hom gewek kan word, wat weer Lig en Krag is en in die mens werk. Die waterdoop kan dus nie die plek inneem van dit alles nie, maar wat altyd slegs net `n simbool sal bly, `n uiterlike vorm waar die mens egter nie van wil afwyk nie, omdat hulle alles na buite toe aanskoulik probeer maak en hulle nie tevrede stel met die waarde van `n suiwer geestelike belewing nie.
Ek kan net weer vir u sê dat alle uiterlike handelinge en gewoontes geen waarde het nie. Dat Ek nooit `n mens beoordeel op wat hy na buite laat gebeur nie; maar dat alleen die innerlike houding tot My en My woord deurslaggewend is. Want sodra die mens My woord aanneem, dit aanvaar en dan sy lewenswandel volgens die woord lei - sal hy ook op hierdie aarde nog sy voltooiing bereik.
Want My woord is “die water van die lewe” wat uit die Oerbron stroom. En in dié water moet u onderduik (onderdompel word). En dan sal die water ook uit u liggaam stroom. U sal dan die doop van u gees belewe, wanneer die gees in u tot lewe ontwaak. As Liefde, Wysheid en Krag u deurdring en u weer die oerwese word soos wat u was, dit wat u van die begin van die tye af aan was. As u deur die “water van die lewe” die Ewige Lewe bereik, wat u dan vir ewig nie meer sal verloor nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205