Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 101

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die besondere wynwonder vir Judas

101 Toe Petrus ophou sing, sê hy plegtig: “My vriende en broers! Wat `n verskil tussen ons nou hier, en Dawid toe hy vroeër hierdie heerlike lofsang aan die Volk gegee het. Toe hy gesing het, het hy sy oë na die sterre opgehef, want, volgens die menslike insig van daardie tyd, het God in ontoeganklike lig bokant al die sterre gewoon. Wat sou Dawid nie nou hier gedoen het nie, noudat Diegene tot wie hy sy oë na bokant die sterre opgehef het“ - ”Stil, vriend Petrus!” sê Ek: “Dit is genoeg tot sover - hou in gedagte wie almal hier by ons is.”

[2] Petrus bring homself dadelik tot orde, en nooi al die gaste uit vir die aandete, wat hoofsaaklik uit brood en goedvoorbereide vis bestaan.

[3] Judas vra vir Petrus of daar nie in die buurt wyn te koop is nie. Petrus antwoord: “`n Paar veldlengtes hiervandaan is `n herberg waar jy wyn kan koop. Judas vra dan weer of Petrus nie iemand kan stuur om `n sak vol te gaan haal nie.”

[4] Petrus sê: ”Jy ken tog my hele huishouding en weet dat ek niemand het om te stuur nie. As jy wyn wil hê, gaan dan self daarheen en beding met die herbergier om dit teen die beste prys te kry.“ Judas sê: “Ag, as ek self moet gaan, dan los ek dit liewer.” Petrus sê: ”Doen wat jy wil; ek kan jou nie help nie. My visserwerksmense het nog baie te doen by die meer, my vrou en kinders en skoondogter het hulle hande vol, soos jy self kan sien, en jy verwag tog nie van my dat ek vir jou `n hele sak wyn moet gaan haal terwyl dit reeds aand geword het nie?” Ietwat vererg sê Judas: “Toemaar, toemaar, ek het bedoel om goed te doen toe ek sien dat jy nie wyn het nie. Ek sou trouens self daarvoor wou betaal het, hoe duur dit ookal mag gewees het.”

[5] Petrus sê: “Daar is Een onder ons wat in Kana by die bruilof van Simon, wat ook hier by ons is, water in wyn verander het. Daardie Een sou ook nou, indien dit nodig was, dieselfde kon doen. Maar omdat dit nou beslis nie nodig is nie, kan ons onsself ook help met die besondere goeie water wat my suiwer put vir huisgebruik ons bied.”

[6] Judas sê: “Baie goed, baie goed - ek is daar heel tevrede mee omdat ek self baie waardering het vir goeie water; maar, juis by `n geleentheid soos hierdie, sou wyn tog nie te versmaai gewees het nie. As hierdie sekere “Een”, wat ek vermoed dat ek ken, dan tog wyn uit water kan maak, dan sou Hy mos nou vir jou so `n guns kon betoon?”

[7] Ek sê: “Gaan na die put en drink! Aan jou sal die put wyn, maar aan die res van ons slegs water gee.”

[8] Judas gaan dadelik na die put en trek water. By die drink daarvan, blyk dit baie goeie wyn te wees. Hy drink te veel daarvan en bly sommer daar lê; hy sou in die diep put geval het as dit nie was dat `n paar van Petrus se diensknegte hom daar aangetref, huis toe geneem en op `n bed neergelê het nie. Dit was ook goed so, want Ek het op daardie aand baie mense gesond gemaak wat las gehad het van allerlei kwale en aansteeklike siektes, en by baie het Ek bose geeste(demone) uitgedryf - wat met Judas in die teenwoordigheid baie moeilikheid sou opgelewer het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205