Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 111

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die genesing van die Griekse vrou

111 Toe Petrus hoor dat Ek op die meer wil gaan, vra hy my of hy vinnig vooruit moes gaan om die groot skuit gereed te kry. Maar Ek sê aan hom: “Moet jou nie daaroor bekommer nie. Wanneer ons daar kom, sal alles vir ons gereed staan!”

[2] Maria vra ook of sy vir die middag of vir die aand iets moes klaarmaak. Ek sê vir haar: “Nie vir vanmiddag nie en ook nie vir vanaand nie, want ons gaan vannag laat eers terugkom.”

[3] Daarna sê Ek aan die leerlinge dat as hulle lus voel om saam te gaan, hulle nou moet vertrek. Almal staan vinnig op, en gaan saam met My na die meer wat, soos bekend, nie ver van Násaret af begin nie.

[4] Met ons aankoms by die meer was daar reeds `n menigte van die volk versamel. Ook lê daar verskeie skepe, en Petrus s’n ontbreek nie. Ons gaan dadelik aan boord van Petrus se skip en stoot dit van die wal af die see in.

[5] Omdat die volk gesien het dat Ek met die meer opvaar, klim mense in `n aantal skuite in en roei agter My aan.

[6] Op so `n boot bevind ook een van die fariseërs(Jaïrus) hom wat vroeër die dag saam met twee ander by My aan huis was. Hy is die hoof van `n skool, en woon in die omgewing van Kapernaum in `n pragtige huis op sy landgoed. Toe hy My skip bereik, val hy dadelik op sy knieë in sy boot en smeek My: “Heer, my dogter lê op sterwe! Kom tog asseblief en lê U hande op haar sodat sy gesond kan word!” Ons was nog nie ver van die oewer af nie en Ek beduie vir Petrus om om te draai.

[7] Met ons terugkoms aan wal, was daar so `n menigte mense dat ons kwalik verder kon kom. Dit neem ons byna drie uur om Jaïrus se huis te bereik, terwyl die deursneë stapper andersins die tog sonder moeite in een uur sou aflê.

[8] Terwyl Jaïrus ons lei en ons in die gedrang eintlik meer vorentoe gestoot word as loop, skuif daar `n vrou haarself in die drukte nader aan My en raak van agter aan My kleed in die geloof dat sy daardeur gesond sou word, want sy het baie van My gehoor. Sy het toe reeds vir twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely en so te sê al haar geld aan dokters bestee om tog gesond te word.

[9] Omdat sy Grieks was, en nie `n Judeër nie, durf sy nie openlik na My toe kom nie. Op daardie stadium was die verhouding tussen Judeërs en die Grieke baie gespanne oor die handel, en dan was daar ook in Rome `n stryd oor die voorkeur waarmee beide volke behandel wou word.

[10] Die Grieke geniet, as gekultiveerde heldevolk, baie hoër aansien by Rome en geniet dan ook baie groter voordele vanuit Rome as die Judeërs, wat in Rome maar laag aangeskrewe staan. In `n sekere sin tree die Grieke as geheime polisie onder die Judeërs op, en daarom het die Judeërs `n nòg groter hekel aan hulle.

[11] Dis dan ook waar die vrees wat veral die Griekse vrouens vir die Judeërs het, vandaan kom. Die geslepe Judeërs het oral onder die Grieke laat rondvertel dat hulle, omdat hulle in die toorkunste ingewy is, die Griekse vroue onvrugbaar kan maak enkel deur hulle stip in die oë te kyk. Dit was dan ook hier die rede dat hierdie vrou haar van agter na My toe aangedring het.

[12] Maar nadat sy My aangeraak het, ervaar sy dat sy heeltemal genees is. Die fontein van haar bloedvloeiing is onmiddellik gestop, en ten opsigte van haar siekte kom daar `n groot rus oor haar en sy voel in haar hele wese dat sy volkome gesond is.

[13] Maar Ek kyk dadelik om en vra aan die leerlinge wat die naaste aan my staan: “Wie het aan My geraak?”

[14] Die leerlinge vererg hulle amper vir hierdie vraag en sê: “U sien tog hoe die mense aan ons stamp, en dan vra U nog wie aan U geraak het?”

[15] Ek sê aan die leerlinge: “Dis nie waaroor dit gaan nie! Wie ookal aan My geraak het, het geglo, en met doelbewuste oortuiging aan My geraak, want Ek het duidelik bemerk dat daar Krag van My af uitgegaan het!”

[16] Toe skrik die vrou, wat Ek tydens die stel van die vraag deurdringend aankyk, omdat Ek wel deeglik geweet het dat dit juis sy is wat My kleed aangeraak het, asook hoekom sy dit gedoen het. Sy val voor My neer, erken openhartig alles, en smeek My om vergifnis, want haar vrees was so groot dat sy oor haar hele lyf sidder en bewe, wat maklik te verstane is as mens die voormelde redes in oorweging neem.

[17] Ek kyk haar teer aan en sê aan haar: “Staan op, my dogter, jou geloof het jou gehelp! Gaan nou in vrede na jou vaderland toe, wees gesond en verlos van jou swaarkry!”

[18] Die vrou staan vrolik en bly op en gaan na haar huis toe, wat nog `n halwe dagreis verderaan lê. Sy was die dogter van `n pagter aan die anderkant van Sebulon, en was nog ongetroud. Toe sy dertien jaar oud was, begaan sy `n misstap met `n sinlike man, wat haar daarvoor twee pond goud gegee het. Daarvoor moes sy uiteindelik twaalf jaar lank ly, en het weer die volle twee pond goud nodig gehad, wat in daardie tyd meer werd was as wat 30,000 gulden nou is. Deur die geskenk het sy dus baie ryk geword, maar moes eers weer al haar rykdom uitgee voordat sy gesond kon word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205