Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 115

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die volk wil vir Jesus as koning hê

115 Die volgende môre heers daar `n hele opgewondenheid voor die huis; want reeds by die aanbreek van die dag kom stroom daar van alle kante baie mense toe en daar word al druk brood en melk verkoop. Dit alles veroorsaak baie lawaai voor die huis, sodat `n mens in die huis onrustig begin voel.

[2] Maar Ek sê: “Laat ons ontbyt eet, dan gaan ons daarna dadelik na die huis van `n bekende van My `n paar honderd meter anderkant Kapernaum, sodat dit hier in Násaret ietwat rustiger kan word.

[3] Terwyl Ek dit aan die leerlinge sê, kom Judas ook binne en sê: “Broers, van nou af aan bly ek by julle! My sake is afgehandel; want vanweë julle het ek dit al vandag in plaas van môre afgehandel. - Maar nou heel kort oor iets anders: die volk wat met `n paar duisend man hier om die huis versamel is, wil niks meer en niks minder nie as om die goeie Heer Jesus tot koning uit te roep! En dit is na my mening, met die aanwesigheid van soveel Romeinse soldate heel sterk af te raai! Want by so `n geleentheid kan jy nooit weet wat die origens baie menslike Romeine sal doen nie - en dit geld in gelyke mate vir die hoëpriesters, fariseërs en skrifgeleerdes van ons volk.”

[4] Ek sê: “Nou, bring die ontbyt dan maar gou. Dit is vandag ook sabbat en daarom sal daar besmoontlik nog meer mense hierheen kan kom; ons sal dan ook maar so gou moontlik vertrek!”

[5] Aan beide kante van My huis lê `n goed omheinde tuin, waarin mens slegs deur `n klein agterdeurtjie van die huis kon kom. Hierdie deur gebruik ons dus en ontkom op hierdie manier aan die nuuskierige oë van die duisende, waarvan meer as driekwart slegs deur `n sensasielus gedryf word om hulle te vergaap aan wonderbare gebeurtenisse.

[6] Toe ons egter met ongeveer honderd mense ongesiens ontkom het aan die menigte wat nog steeds voor die huis wag totdat Ek saam met die leerlinge na buite sou kom en daar moontlik weer `n wonder sou doen of `n toespraak sou hou, waarna hulle My dan, volgens die plan van baie, onder hulle tot koning van die Judeërs sou uitroep, kom daar `n diensmaagd uit My huis na die menigte toe en vra aan `n man, wat vir haar goed lyk, wat al die mense nou eintlik hier soek. En die man sê: “Ons is hier om Jesus, die magtigste van die magtiges en die wysste van die wyses, tot koning uit te roep! Want ons was by toe see en wind Hom gehoorsaam en die verskriklikste duiwels van mense en geeste voor Hom moet vlug. Hy is stellig die beloofde Messias van God wat sou kom om die volk van God te verlos van die harde juk van die tirannie van Rome. Daarom is dit nou die tyd om Hom te verhef tot die koning van die Godsvolk wat deur al die Judeërs erken en aanbid word. Wel, daarom is ons hier. - Wat doen Hy eintlik solank in die huis dat Hy nie na ons hier buite wil kom nie?”

[7] Die diensmaagd sê: “Dan wag julle hier verniet; want Hy het al vroeg na die omgewing van Kapernaum gegaan, waarskynlik na `n sieke; en al sy leerlinge is by Hom. Soos julle nou sal verstaan, wag julle dus verniet op Hom.”

[8] Daarop vra die man of sy dalk weet na watter huis Hy gegaan het. Die diensmaagd sê dat sy dit, jammer genoeg, nie weet nie, net so min as wat iemand anders in die hele huis dit wis; want Ek het niemand vertel na watter huis Ek gaan nie.

[9] Na hierdie antwoord gaan die man die huis in om homself te oortuig van wat die diensmaagd gesê het, en omdat hy in die huis niemand vind nie behalwe die paar mense wat Maria help met die skoonmaak van die kook- en tafelgerei, gaan hy weer na buite en vertel daar aan almal dat Ek, sonder nadere aanduiding, na `n huis in Kapernaum gegaan het om `n sieke te genees.

[10] Nadat die menigte hierdie mededeling gehoor het, breek hulle op en roep: “Op na Kapernaum! Daar sal ons wel verder navraag na Hom doen en die huis vind waarheen Hy gegaan het!”

[11] Almal, behalwe `n klein aantal Násareners, gaan nou op weg na Kapernaum en My huis is verlos van die groot volkskamp.

[12] Maar nie lank daarna nie is dit die beurt van die mense van Kapernaum om verbaas te wees toe hulle die volksmenigte die stad sien inkom. Die Romeinse owerste stuur dadelik `n aantal krygsmanne daarop af en laat hulle vra wat die menigte in Kapernaum kom doen, want dit was sabbat en op hierdie dag, waarvoor die owerste die opdrag had dat dit gewy word, was daar regtig geen mark of ander gebeurtenis nie.

[13] Die ondervraagdes sê egter: “Ons soek na Jesus van Násaret, want ons het gehoor dat Hy hier is.”

[14] Die owerste laat hulle dan sê dat Jesus hom nie in Kapernaum nie, maar in die buurt van Betábara bevind, waarheen Hy al `n paar uur gelede gegaan het.

[15] Na daardie berig gaan die menigte vinnig na Betábara. Maar langs die pad tussen die twee plekke aan die Meer van Galilea ontdek die leiers van die menigte `n ander groot groep mense by `n huis; hulle gaan daarheen en vra wat daar aan die gang is. En die mense sê vir hulle dat Ek in die huis is.

[16] Hierdie mededeling maak dat die huis dadelik van alle kante omring word en die mense pleeg oorleg onder mekaar en die manne maak aanstaltes om My tot koning uit te roep, maar dan bewys die owerste My `n goeie diens en stuur vanuit Kapernaum `n hele legioen soldate wat die groot menigte moet bewaak. En die manne laat daarom die plan vaar.

[17] Deur al die drukte aangelok, kom daar egter ook `n aantal fariseërs en skrifgeleerdes, deels uit Jerusalem maar wat op hierdie oomblik in Kapernaum bly, en deels ook uit Násaret en uit die omgewing, tesame met die priesters en skrifgeleerdes uit Kapernaum, spesiaal vir My na die huis, want hulle het van Jaïrus gehoor hoe Ek sy dogtertjie, waarvan bo alle twyfel verhewe vas staan dat sy dood was, weer lewend gemaak het. Die volk maak ruimte vir hulle, sodat hulle by My in die huis kan kom.

[18] En toe hulle My in die huis aantref, vuur hulle direk `n aantal vrae op My af. Ek verwys hulle egter almal na My leerlinge en sê: “Hulle is My getuies; hulle weet van alles, stel u vrae aan hulle!”

[19] En die fariseërs en skrifgeleerdes bestorm nou die leerlinge en die leerlinge gee hulle baie gepaste antwoorde.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205