Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 119

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Slegs wie God se wil doen, leer Hom ken

119 `n Skrifgeleerde sê: “Vriend, u waag wel baie as u sake aan ons vertel waarop die tempel die doodstraf geplaas het as dit verraai word! Dit is egter u geluk dat u ons owerste so `n groot guns bewys het, anders sou dit nie so goed met u gegaan het nie; want ons is met `n dure eed aan die tempel gebonde.”

[2] Ek sê: “Dit kan u breek wanneer u wil, want u het die eed nie aan God gesweer nie, maar aan die tempel wat deur mensehande gemaak is en waarin God nie meer woon nie!

[3] Waar God egter nie woon nie, daar woon die ou vors van die leuen en van al die kwade, en `n eed aan hierdie vors en huidige meester van die tempel kan u onbevrees breek!

[4] As u elke eed aan die tempel sou breek, dan sou God die Heer `n welgevalle aan u hê en Hy sou u gee wat Hy reeds vanaf die begin van die wêreld aan My gegee het, en waar u nou verbaas na kyk en nie begryp hoe Ek werk verrig waartoe, volgens u eie bewering, slegs God in staat is! As u egter die tempel meer vrees as God wat u nie ken nie, dan bly u gebonde aan die tempel en is u vir God `n gruwel!

[5] Wanneer My eenvoudige woorde u dit egter nie laat glo nie, glo My dan tog vanweë die werke wat Ek ten behoewe van u in u teenwoordigheid doen en waarvan uself sê dat dit slegs vir God moontlik is!”

[6] Die skrifgeleerde sê: “Hoe kan u God beter ken as ons, u het die skrif tog nie bestudeer nie?”

[7] Ek sê: “U ken wel die dooie letters; maar daarin is God nie en daarom kan u God ook nie uit die skrif ken nie! Die skrif toon u slegs die weg na God, en dit slegs maar as u die weg gaan sonder om daarvan af te wyk.

[8] Wat het u daaraan as u die weg na Rome ken, maar daar nooit gebruik van maak om na Rome te gaan om die groot stad van die koning te sien nie? Watter kenner van die weg na Rome kan egter sê dat Hy Rome ken omdat hy die weg daarheen ken, terwyl hy nog nooit `n voet op die weg gesit het nie?! Watter nut het u dan van kennis van die skrif wat die weg na God is, as u nog nooit `n voet daarop gesit het nie?!

[9] Ek ken net soos u die hele skrif, maar Ek het altyd volgens die wette van God wat daarin gegee is, gehandel; daarom ken Ek God volkome en kan Ek u dan ook uit die oorspronklike bron meedeel dat daar nog nooit iemand van u en van u soort God geken het en dat u Hom op u slegte weë ook nooit sal leer ken nie, want u is almal godloënaars!

[10] Self wil u God nie ken nie; vir diegene egter wat nog op die goeie weg sou wou gaan, versper u die pad met dood en verderf! Daarom sal u eendag in die ander lewe ook des te meer verdoemenis ondervind! Want almal wat u vervolg het en nou nog steeds bly vervolg, sal u ewige regters wees!”

[11] Nadat Ek dit aan die fariseërs en skrifgeleerdes verkondig het, klink uit die volk `n magtige byvalsgeroep en die manne wil die fariseërs en skrifgeleerdes te lyf gaan. Dit verhinder Ek egter en Ek gaan met die leerlinge en al die fariseërs en skrifgeleerdes deur die klein agterdeurtjie na buite na die meer. En omdat hier al verskeie skepe gereed lê, gaan die manne dadelik aan boord en ons vaar met `n matige, goeie wind vinnig van die oewer af weg, sodat die groot volksmenigte ons nie kan bereik nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205