Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 122

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Twee Matthéüse - die tollenaar en die skrywer. Die twyfel van Johannes die Doper

122 En die jonge huisheer Matthéüs, die tollenaar (wat nie verwar moet word met die Matthéüs wat slegs `n skrywer was nie - daarom staan in die Skrif die byvoegsel 'tollenaar' as dit oor hom gaan), roep My leerlinge, die fariseërs en die skrifgeleerdes binne en hulle gaan aan tafel sit en eet en drink dat dit `n lus vir die oë was. Slegs Judas was hierdie keer baie matig, want hy was bang vir `n hoë rekening en van betaal was hy, soos maar al te bekend, geen groot vriend nie.

[2] Tydens die goeie samesyn, waarby die fariseërs en skrifgeleerdes ook met die tollenaars en sogenaamde sondaars steeds beter oor die weg kom, kom `n kombuismeisie na die huisheer toe en sê: “Wat moet ons nou doen? Die vissers het nou pas aangekom, hulle het vis gebring en wil iets te ete en te drinke hê, maar omdat ons vandag toevallig soveel vreemde gaste gehad het wat so goed as ons hele voorraad opgeëet het, weet ons in die kombuis nie wat ons moet doen nie.” Matthéüs, die tollenaar, vra: “Hoeveel is hulle?” Die kombuismeisie antwoord: “Daar is twintig.” Toe sê Matthéüs, die tollenaar: “Laat hulle maar binnekom, hier is nog genoeg voorraad!”

[3] Die meisie gaan terug en sê dit aan die vissers. Hulle kom na die groot gelagkamer en gaan dadelik aan `n klein tafeltjie sit wat net oopgegaan het.

[4] Toe die vissers egter vir Petrus en `n aantal van hulle vroeëre kollegas herken, groet hulle mekaar, waarby die vissers dadelik `n bietjie tergend, omdat dit daar op hulle tafel ietwat maerder daar uitsien as op ons s’n, aan Petrus sê: “Vir ons is dit wel voldoende, want ons is nog egte getroue leerlinge van Johannes en dit is ons gesê om te vas. Julle kan egter, as nuwe leerlinge van Jesus, na hartelus eet soos ons sien; want van vas skyn by julle geen sprake meer te wees nie!” (Matthéüs. 9: 14)

[5] Petrus sê: “Johannes het gevas vir dit wat ons het, en ons het gevas saam met hom volgens sy leer en strenge prediking. Johannes kondig die Een aan by wie ons is en hy getuig van Hom. Toe hierdie Een egter kom en Homself selfs deur Johannes laat doop, vertrou Johannes nie geheel en al op sy gevoel nie, en dit doen julle ook nie. Want terwyl Johannes onder die invloed van die Gees oor Jesus getuig en toe hy na Hom toe kom en aan ons sê: Kyk, Hy wat daar kom, dit is die Een van wie ek aan julle gesê het dat Hy ná my sal kom, van wie ek nie waardig is om die rieme van Sy skoene los te maak nie!”, had hy tog nog sy verborge twyfels, net soos julle en hy twyfel tot op hierdie uur nog. Daarom vas hy nog steeds en julle vas ook; by ons gelowiges word egter nie meer gevas nie! Dat julle nog vas, is julle eie skuld! En so hoort dit ook, want net soos die blinde sy oë nie kan versadig met die lig en van haar kleur nie, so sal ook diegene wat in hul hart blind is, hul hart en hul maag nie kan versadig nie. Verstaan julle dit?

[6] As Johannes geglo het, dan sou hy die Lam gevolg het wat volgens die getuienis van sy gees die sondes van die wêreld sou wegneem. Maar omdat sy siel self twyfel aan die Een wie se Gees in hom en deur hom getuig, bly hy in die woestyn agter totdat Herodes hom gevange geneem het, soos ons gehoor het.

[7] Waarom volg hy Hom dan nie, terwyl hy tog aan ons, deur die gees gedrewe, sê: “Na Hom moet julle luister!”? Waarom wil hy Hom dan nie hoor nie? Waarom volg hy Hom nie dadelik, terwyl hy daarvoor tog sy hele lewe so hard op homself was ter wille van Hierdie Een wat gekom het? Dit is aan ons nie bekend dat Hy, wat ons volg, hom ooit verbied het om Hom te volg nie. Gee my daarom eers `n duidelike rede waarom Johannes nie dadelik vir Jesus gevolg het nie!”

[8] Nou kyk die leerlinge van Johannes op en weet nie wat hulle Petrus moet antwoord nie. Slegs een van hulle merk op dat die berig nie juis was dat Johannes deur Herodes gevange geneem was nie; Herodes het hom slegs na sy residensie ontbied om daar alles van hom te wete te kom oor die komende Messias van God. Herodes sou te veel agting vir Johannes hê om hom in `n gevangenis te wil opsluit.

[9] `n Bietjie gekskerend sê Petrus daarop: “As dit nou nog nie gebeur het nie, dan sal dit tog sekerlik nie lank meer duur nie! Want Herodes is `n sluwe jakkals en hy is net so weinig te vertrou as `n slang.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205