Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 130

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die genesing van twee blinde bedelaars

130 In Kapernaum leef twee bedelaars wat vanaf hulle geboorte stokblind was en sodoende nog nooit die daglig en die nagtelike sterrelig gesien het nie. Ook hulle albei hoor van My en wat Ek gedoen het. Toe Ek van Kapernaum weer terugkeer huis toe in Násaret en die owerste met sy vrou, al sy kinders en baie van sy vriende My begelei, kom ons, heel rustig wandelend, by `n plek aan waar `n aantal paaie mekaar kruis. Op hierdie plek sit die twee blindes gewoonlik en bedel. Toe die twee van die verbygangers hoor dat daar `n groot groep mense aankom en dat daar selfs van die hoogste maghebbers van Galilea by was en dat, te midde van die maghebbers die Verlosser Jesus uit Násaret Homself bevind, van Wie daar net soos van sy vader gesê word dat hy direk van Dawid afstam, staan hulle vinnig op en volg My daarna so goed as wat dit vir hulle moontlik was, waartydens hulle hard roep: “Jesus, ag, Seun van Dawid, ontferm U oor ons!” (Matthéüs. 9:27) Hulle gee My hierdie titel omdat hulle gedink het dat Ek waarde daaraan sou heg en daardeur gevlei sou wees, eerder as wat Ek iets vir hulle sou doen.

[2] Om dit vir hulle duidelik te maak dat Ek heeltemal niks vir wêreldse titels en leë vleiery omgee nie, laat Ek hulle My tot in Násaret volg.

[3] Toe Ek na `n paar uur tuis aankom, wat die twee vinnig opmerk, smeek hulle diegene wat die naaste aan hulle was of hulle hulle nie na My toe sal bring nie. En My leerlinge bring hulle toe dadelik na My toe in die huis.

[4] By My gekom, dit wil sê in My omgewing, kom hulle vlak voor My staan en wil My begin smeek om hulle siende te maak. Ek was hulle egter voor en sê, omdat Ek wel weet wat hulle wil hê: “Glo julle wel dat Ek dit vir julle kan doen?” Toe sê hulle: “Ja Heer!” (Matthéüs. 9:28) Daarop raak Ek hulle oë met My vingers aan en sê: “So geskied dit vir julle volgens julle geloof” (Matthéüs. 9:29)

[5] En hulle oë word geopen (Matthéüs. 9:30), sodat hulle al die dinge net so goed kon sien soos enige mens wat volledig gesonde oë het. Toe hulle nou hierdie weldaad van die lig der oë ondervind, en met groot verbasing die skepping begin bekyk, dag hulle egter ook by hulleself dat hulle My die hoogste en nimmereindigende dank skuldig was, en daarom wou hulle My alles gee wat hulle ooit deur hulle bedelary verkry het. Want van nou af aan sou hulle nooit meer bedel nie, maar met die krag van hulle gesonde hande hulleself onderhou.

[6] Ek sê egter aan hulle: “Dit is `n goeie saak dat julle nou julle broers wil dien en met die krag van julle hande in julle onderhoud wil voorsien; want wie kan sien en werk, moet nie stil sit en ten laste kom van sy broers nie, maar moet hulle orals dien en help sodat die liefde kan toeneem onder die mense.

[7] Met julle voornemens is Ek dus heeltemal eens; maar dat julle julle spaargeld uit pure dankbaarheid aan My wil gee, is weliswaar heel prysenswaardig en mooi van julle, maar nòg Ek, nòg My ware leerlinge het dit nodig en daarom kan julle dit maar self hou.

[8] Ek verlang egter van julle, vir die feit dat Ek julle oë vir die lig geopen het, dat julle ten eerste by God se gebooie sal bly, God sal liefhê bo alles en julle naaste soos julleself en dat julle jul naaste in alles waarmee julle hulle kan help, graag en altyd sal wil help. In die tweede plek gebied Ek julle ter wille van Myself, dat julle hieroor met niemand sal praat nie, maar daarvoor sal sorg dat niemand dit verder te wete sal kom nie!”

[9] Hulle sê: “Heer, dit sal wel moeilik gaan; want almal in die hele streek weet maar al te goed dat ons blind was. As daar nou iemand aan ons vra hoe ons as blindes siende geword het, wat moet ons hulle dan antwoord?” Ek sê: “Gee dan `n antwoord waaruit blyk dat daaroor geswyg moet word!” Hulle beloof om dit in ag te neem; maar hulle hou nie by hulle belofte nie, inteendeel, hulle gaan dadelik na al die digby geleë plekkies en vertel orals hulle verhaal oor My. (Matthéüs. 9:31)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205