Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 131

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die genesing van die besete, doofstom man

131 Toe hierdie twee pas uit die huis gegaan het, bring andere, wat toe net daar aankom, iemand aan wat stom en besete was. (Matthéüs 9:32) Daar het egter ook verskeie fariseërs en skrifgeleerdes aangekom, wat ons twee dae gelede in die huis van Matthéüs agtergelaat het, om te sien wat Ek tuis sou doen en waarheen Ek verder sou gaan. Hulle kom toe die twee blindes voor die huis teë wat hulle dadelik vertel dat daar nou `n stomme en besete man genees gaan word; maar oor hulleself het hulle niks gesê nie, want in hulle hart was hulle nog te bang om daaroor iets te sê.

[2] Die fariseërs gaan vinnig voort toe hulle hierdie berig hoor, sodat hulle nie te laat sou wees nie. Toe hulle die kamer inkom, herken hulle die besetene wat stom was en hulle sê: “O, ons ken hom al baie lank! Geen mag kan hom help nie! As sy duiwel wild word, dan ontwortel hy bome en geen muur en geen ketting is vir hom te sterk nie. In die vuur verbrand hy nie, en die visse kla as hy die water ingaan. Sy beste eienskap is dat hy stom en doof is; want as hy kon hoor en praat, dan sou geen wese op aarde veilig voor hom gewees het nie. O, dit is `n verskriklike man! Alles slaan voor hom op die vlug; selfs die mees verskeurende diere vlug voor hom uit. Wil Hy hom genees? Hy kan slegs deur die owerste van die duiwel genees word!”

[3] Ek sê: “Desondanks sal Ek hom genees, sodat julle nou uiteindelik kan verstaan dat al die wesens aan die Mag van God gehoorsaam moet wees!”

[4] Toe strek Ek My hand uit oor die besetene en sê: “Gaan uit hierdie man uit, jou besoedelde, bose gees!” Daarop skreeu die gees: “Waar moet ek dan heen?“ Ek sê: “Daar, waar die see die diepste is, daar wag `n monster (die Leviatan: vertaler) op jou!” Die bose gees skreeu nog één keer en verlaat toe die man.

[5] Die man kry skielik `n heel vriendelike gelaatsuitdrukking, begin vol dankbaarheid te praat en gee met die vriendelikste woorde elkeen `n gepaste antwoord en almal oortuig hulleself daarvan dat sy doof- en stomheid geheel-en-al verdwyn het.

[6] Die leerlinge en die hele volk wat daar was, was buitengewoon verbaas en sê: “Dit oortref werklik alles! So iets is in Israel nog nooit gehoor nie! (Matthéüs. 9: 33) Dit het al gebeur dat wind en storm verdryf word, hoewel op beskeie skaal; skyndooies is ook al lewend gemaak, rotse was gedwing om water te gee, en toe Moses daarom vra, kom daar manna uit die hemele, maar al daardie was sekerlik nie só perfek nie.

[7] Toe Salomo die tempel gebou het en daar gedurende `n maand geen dagloner mee aan die bouery wou werk nie, smeek hy God om arbeiders en daar kom onmiddellik `n groot aantal jong manne en bied hulle dienste vir die koning aan en Salomo neem hulle aan en werk `n maand met hulle, soos die oorlewering dit wil hê.

[8] Kortom, sedert Abraham tot op hede het daar al baie wonderlike dinge gebeur; maar, so waar as wat daar `n God is wat oor hemele en aarde regeer, hierdie wonder oortref alles!”

[9] Die fariseërs vererg hulle ontsettend oor al die verbasing en hulle kon hulle woede nie meer beheers nie en sê daarom aan die volk: “Hoe kan julle tog sulke blinde dwase wees! Het ons julle nie dadelik toe ons hierdie kamer binnekom luid en duidelik gesê wie alleen in staat sou wees om die besetene te genees nie? Ons het vir julle gesê dat slegs die owerste van die duiwels dit sou kon doen! Hy het weliswaar die besetene genees, maar hoe?! Hy het met behulp van die owerste van die duiwels hierdie duiwel uit die mens verjaag!” (Matthéüs. 9:34)

[10] Toe die slegte fariseërs dit oor My sê in die teenwoordigheid van die volk waar nou ook die Romeinse owerste Cornelius by was, was die maat vol! Buite homself van woede oor die opmerking, donder die owerste sy oordeel oor die fariseërs en skrifgeleerdes uit: “Julle hang vandag nog aan die folterpaal! Ek sal julle die verskil tussen God en duiwel goed duidelik maak!”

[11] Na die aanhoor van hierdie donderende oordeel begin die fariseërs werklik ontsettend jammer en bevrees te word. Die volk juig egter en roep: “Aha! Het julle eindelik die man gevind wat julle ou duiwel gaan verjaag? Dit is presies wat julle nodig het! Want julle is self net soos die hoogste van die duiwels; julle veg nog net soos wat hy met die aartsengel MigaEl geveg het oor die liggaam van Moses, dit wil sê om die dooie materie van sy leer, en julle vervolg alles wat ook maar enigsins na iets geesteliks ruik met vervloekinge, vuur en swaard! Daaruit blyk dit ook dat julle diegene is wat steeds die hulp van die duiwel gebruik en met die ou bedrieër saamwerk! Daarom is die oordeel van die owerste oor julle duiwelsknegte algeheel tereg en ons het geen medelye met julle nie!”

[12] Toe kom Matthéüs die tollenaar na die fariseërs en sê: “Ongeveer vier dae gelede het Heer Jesus die ou broer van my moeder op die vorige sabbat genees van die jig; baie groot waarhede is toe daar aan julle vertel! Kinders verstaan dit sonder moeite en hulle wys met die vinger na julle en die Heer Self praat so waaragtig en wys met julle dat julle daar baie verwonderd oor was en Hom moes vra hoe Hy die Wysheid verkry het. Maar desondanks Sy hoogs geesryke en leersame antwoorde en ondanks Sy ongelooflike dade, bly julle oë blind!

[13] As sulke dade en lesse dan nie julle oë kan open nie, en julle daarby in julle slegte hart steeds kwaadaardiger en wraaklustiger word, vertel my dan wat daar nog aan julle ontbreek om volkome duiwels te wees? Ja, ek sê weereens wat ek al `n vorige keer gesê het, naamlik dat julle erger is as al die duiwels bymekaar en daarom is dit vir God en al die goeie mense juis en regverdig as mens julle soos verskeurende diere uitroei!

[14] Ek is egter `n diep gevoelige en besonder goedmoedige mens en my fyngevoeligheid maak dat ek geen vlieg sal kan doodslaan en geen wurm sal kan doodtrap nie; maar julle sou ek selfs sonder angs die hoof kan afkap. Ek prys owerste Cornelius dan ook omdat hy julle tot die galg (het dieselfde betekenis as folterpaal) veroordeel het.”

[15] In hulle groot angs sien die fariseërs dat niemand medelye met hulle had nie en `n geen goeie woordjie vir hulle by die owerste wil doen nie, wat oor die hele Galilea die Romeinse, meestal onverbiddelike reg uitgeoefen het. Daarom val hulle, altesaam so `n dertig man, voor die owerste op hul knieë neer, sweer dat hulle dit regtig nie so kwaad bedoel het met hulle vroeëre opmerkings aan Jesus nie, en dat hulle daarmee slegs maar op `n ietwat indringender manier dit duidelik wou maak dat die onmiskenbare Krag van God in Jesus, die Heer van al die meesters, ook die owerse van die duiwels aan homself diensbaar kan maak en moet maak; want dit sou baie droewig vir die mense gewees het as God geen mag oor die duiwel sou gehad het nie. Aangesien daar in Jesus sonder die geringste twyfel die allerhoogste Mag en Krag van God aanwesig was, moet Hy sowel oor al die duiwels as oor al die engele mag gehad het om hulle sonder uitsondering tot absolute gehoorsaamheid te kan dwing! “Ons wil daarom met die gesegde, dat hy die duiwels met behulp van hulle aanvoerder uitdryf, slegs maar sê dat Sy Krag van God sterker is as alles wat in die hemele, op die aarde en onder die aarde is. As u nou verstaan, hoë gebieder van Rome, dat ons slegs maar dit en beslis niks anders bedoel het met wat ons gesê het nie en dat ons daarvoor ter dood veroordeel is, hoe is dit dan moontlik dat u ons so kon veroordeel het? Ons vra u daarom in die Naam van die goddelike Heer Jesus of u baie barmhartig nie u uitgesproke oordeel weer sal wil intrek nie!”

[16] Toe sê die owerste: “As Jesus, die Heer `n goeie woordjie vir julle sal doen, sal ek my woorde wel terugtrek; as Hy egter swyg, dan sterf julle beslis vandag nog! Want wat julle sê, daarvan glo ek geen woord nie, omdat julle in julle hart heel ander dinge bedink as wat julle met julle mond uitspreek!”

[17] Na hierdie woorde van die owerste, val hulle almal voor My op hulle knieë en roep: “O Jesus, goeie Heer, ons vra U, red en verlos ons! As U ons heeltemal nie meer vertrou nie, wil ons U gyselaars wees, sodat ons U in die vervolg geen hindernisse meer in die weg kan lê nie! Want ons is nou almal meer as oortuig dat U `n suiwere afgesant van God is vir ons, Sy helaas in baie opsigte sleg geworde kinders! O Jesus, verhoor ons versoek!”

[18] Ek sê: “Gaan dan in vrede huis toe! Dink egter daaroor dat julle nie iets slegters onderneem nie; want dan sal Ek nooit weer vir julle sê: Gaan in vrede huis toe nie!”

[19] Dit belowe hulle My en die owerste sê: “Omdat Hy julle vrede gee, gee ek julle dit ook en trek vir die oomblik my oordeel terug; maar wee julle as ek ook maar die minste van julle hoor!”

[20] Die fariseërs put hulleself uit met dankbetuigings aan My en die owerste, gaan toe so vinnig moontlik huis toe en swyg sorgvuldig; want hulle was almal baie bang vir Cornelius. Maar in hulle hart broei daar des te meer planne om My te vernietig en om hulleself op die owerste te wreek. Hy lag egter, omdat daar vir hulle niks anders in is nie as `n boer met tandpyn, want anders is hulle hul lewe nie seker nie. Dit was vir My bedrywighede egter goed, want nou kon Ek vir `n geruime tyd, byna tot in die laatherfs, in die stede en markplekke van die hele Galilea die evangelie van die Ryk van God ongestoord verkondig en daarnaas allerlei epidemies en siektes van die volk genees. (Matthéüs. 9: 35)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205